
Kom geniet tydlose musiek met klavier, viool, tjello, perkussie en kitaar, terwyl Petronel met haar fyn humorsin en engelstem tot in jou diepste menswees sing soos net sy kan.
- Saterdagoggend 24 Oktober 2026 om 11:00 by NALN.
- Gratis toegang.
- RSVP: vriendevannaln@gmail.com
Met Afrikaanse vertalings van Jaqcues Brel se tydlose musiek en vele meer lieflike juwele uit haar pen, kom betower Petronel Baard en haar orkes van ’n Blom in elke vrou -faam. Hulle het al by verskeie groot kunstefeeste in die land opgetree en is ’n gedugte én digterlike span musikante wat elk beïndruk met hul onderskeie talente.
In ’n tyd tot oorlopens toe vol van KI-gegenereerde musiek en denke is dit ’n vars lentebries inderdaad!
Hulle herinner jou: Moenie weggaan nie! Die wêreld het jou eerlike menswees nodig – dit is immers al lankal opgeskryf – van Parys tot middernag in die note van Jaqcues Brel.
Kom luister na Petronel Baard, Franco Engelbrecht, Johan Engelbrecht en Lelanè van der Merwe.
Dié geleentheid word aangebied deur die Vriende van NALN Vereniging, in samewerking met die Kunstetrust en A Little Guesthouse: alittleguesthouse.co.za.
***
Komende geleentheid: Kom vier die bekendstelling van Elsa Winckler se twee nuutste boeke. Annerlé Barnard gesels met Winckler oor ’n Knippie moord (Human & Rousseau, 2026) en ’n Ierse knoop (LAPA Uitgewers, 2026). RSVP: vriendevannaln@gmail.com
***
Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleë op die h/v Charlotte Maxeke- en Pres. Brandstraat, Bloemfontein. Parkering is beskikbaar op die teerblad langs die Ou Goewermentsgebou vanuit Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat).

