Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Persverklaring | Unieke klavieraand in Endler: ’n onderhoud met Gerhard Joubert en Brathew van Schalkwyk
2024-05-03’n Unieke en opwindende konsert wag op liefhebbers van goeie klaviermusiek in die Endlersaal in Stellenbosch op 10 Mei: Gerhard Joubert (klassiek) en Brathew van Schalkwyk (jazz), gesamentlike wenners van die 2023 Unisa Nasionale Klavierkompetisie, deel die program. Liza Joubert het met hulle gesels.
Suidoosterfees 2024: Lipkap – ’n onderhoud met Frazer Barry
2024-04-24"Die Khoekhoegowab-taal in die produksie word voorgehou as ’n ervaring in plaas van ’n verduideliking. Die taal se klanke is geweldig kompleks en ons het Jan van Riebeeck se 'mis-vat' van die Khoi-Khoi-klanke as voorbeeld."
Wêreldtrekklavierdag: ’n onderhoud met Leon Albert Oosthuizen
2024-04-22"Dit is min dat ons breë Suid-Afrikaanse trekklaviererfenis belig word. Paul Simon het met sy Graceland-album in 1986 sommige aspekte van die Sotho’s se famo-trekklavierstyl vasgevang. Johnny Clegg het ook dikwels die konsertina in ’n tradisionele Zoeloe-styl gespeel tydens sy optredes. Boeremusiek en klassieke musiek word ook nooit by dieselfde geleentheid gehoor nie."
Suidoosterfees 2024: Burger King Konsert van Hoop – ’n onderhoud met Anna Davel
2024-04-18"Die Suidoosterfees is ’n fees vir almal, en eerlikwaar, hierdie is so ’n heerlike potpourri van style en klanke om na uit te sien. Pop, klassiek, Afrikamusiek, ghoema, power ballads, Ierse musiek, Hongaars, so kan ek aangaan ..."
The impresario at the Artscape Arena: an interview
2024-04-10"Opera is always important, no matter where you find yourself."
Die Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium en die Hennie Joubert Nasionale Klavierkompetisie: ’n onderhoud met Pieter Grobler
2024-04-05"[O]ns konserte bied iets vir almal. Klavier-nerds is egter beslis die teikenmark!"
Persverklaring: Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium en Hennie Joubert Nasionale Klavierkompetisie
2024-04-02Die Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium, wat sedert 2006 tweejaarliks by die Universiteit Stellenbosch plaasvind, bring die voorste klavieronderwysers en studente bymekaar vir ’n fees van lesings, openbare meesterklasse en konserte.
Vyf vrae aan Albert de Vos oor Spierwit blues en Hennie Aucamp se dagboeke by die KKNK
2024-03-19"Dit is presies 10 jaar gelede in Maart 2014 dat Hennie Aucamp oorlede is, en ek reken dit is goed om sy skryfwerk nou met ’n produksie soos dié te vereer."
Persverklaring: Suidoosterfees 21 – hutspot van eg Kaapse musiek en stories
2024-03-18Kaapstad is reeds vir 21 jaar die Suidoosterfees se tuiste, en die fees vier sy mondigwording van 26 April tot 1 Mei by Artscape in die hart van die Moederstad. Stories, mites en die geskiedenis van die Kaap word met musiek en komedie vermeng op vanjaar se NATi Musiekteaterprogram, en feesgangers kan hulle verlustig in ’n kreatiewe herverbeelding van die stad se geskiedenis.
Sting se woorde en musiek, aangebied deur John Ellis en James Stewart: 'n resensie
2024-03-18"Dit is weer die vroeë tagtigs. Ek is ’n kaalvoet hoërskoolmeisiekind. Musiek is ons wat op afgeleë dorpe bly se lewenslyn, met die groot wêreld daarbuite. Saterdagaande luister ons vir die trefferparade voor ons gaan sokkie in die skoolsaal. Sondagmiddag maak ons mixed tapes vir mekaar en die klankbaan van ons tienerlewens is met Sting se liedjies deurspek."
Persverklaring: US-koor vier Fick se 80ste
2024-03-15Ter viering van die lewensbydrae en werk van die ikoniese koordirigent Acáma Fick, tree die Universiteitskoor Stellenbosch (US-koor), die Accelerando-koor van die Hoër Meisieskool Bloemhof (HM Bloemhof) en die Cape Town Camerata in 'n spesiale konsert op. Die Acáma Fick 80th Birthday Celebration-konsert vind op 24 April om 19:00 in die Endlersaal op Stellenbosch plaas.
From violence to violins: ’n onderhoud met Maria Botha van Muzukidz
2024-03-13"My gedagte was nie om kinders in townships te red nie. Hulle het as mense dit nie nodig om gered te word nie. Hulle beskik reeds oor al die potensiaal waaroor mense in beter omstandighede beskik. Baie mense in townships woon wel in omstandighede van geweld of stadige geweld … slow violence. My visie was my viool."
Press release | Persverklaring: IMAI Trio
2024-03-06The newly constituted IMAI Trio brings together three close colleagues, each a prominent SA musician in their own right – clarinetist Annelize de Villiers, conductor and bassoonist Brandon Phillips, and pianist José Dias. | Hierdie konsert beloof om ’n musikale hoogtepunt te wees.
Persverklaring: Die Stellenbosch Internasionale Klaviersimposium en Hennie Joubert Nasionale Klavierkompetisie
2024-03-06Alhoewel die fees in die verlede op universiteitstudente toegespits is, verbreed die fokus om in 2024 om ook vir hoërskoolleerlinge sowel as musiekonderwysers toeganklik te wees. Inskrywings vir meesterklasse sluit op 15 Maart 2024.
Persverklaring: Chadleigh Gowar stel nuwe album op Paarlberg bekend | 16 Maart 2024
2024-03-04Die bekroonde gospel- en jazzkunstenaar Chadleigh Gowar stel sy langverwagte nuwe album, The love I know, op Saterdag 16 Maart 2024 by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl bekend. Kom geniet ’n skemerpiekniek in die pragtige en intieme Tuinteater aan die voet van die monument.
You could win two tickets to Jazz Chronicles of a German in Cape Town, a part of the Endler Concert Series
2024-02-28The vibrant fusion of German and South African jazz takes centre stage at the Endler Concert Series on Friday, March 1st, 19:00, at the Endler Hall. Renowned German bassist Martin Zenker spearheads this extraordinary concert.
Persverklaring: Beste vriende sing Laurika | KKNK, 29 en 30 Maart 2024
2024-02-27In Wouter van de Venter en Clinton Waring se terugblik van hul sewe jaar op toer saam Laurika Rauch, van Rustenburg tot die Royal Albert Hall in Londen en van Worcester tot Wembley, word voorheen-nooit-gehoorde-staaltjies en herinneringe van hul orkesjare gedeel.
Press release: Harmony of sight in Gqeberha
2024-02-26The Heydeburg Philharmonic Orchestra with friends from Gqeberha present Harmony of sight, a symphony for vision. The project is supported by Nelson Mandela University’s Department of Music and Performing Arts.
Persverklaring: 2024 Endler-konsertreeks betower met eklektiese eerste seisoen
2024-02-23Die Universiteit Stellenbosch Konservatorium is trots om die langverwagte seisoen van die 2024 Endler-konsertreeks aan te kondig.
Erfdeel: Koos du Plessis – versamelde werke: ’n onderhoud met Irma du Plessis
2024-02-19"Liedjies in die FAK-Sangbundel was altyd liedjies wat so algemeen gesing is dat ’n mens nie meer geweet het deur wie of waar hulle geskryf is nie. So is dit ook met my pa se musiek – die liedjies het dig verweef geraak met die wêreld waarin dit gesing word en is nou allemansbesit."