Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-persverklaring: Wit, swart & volkleur serenades – Kruger & Tutu saam met die SA Jeugkoor, 11 Oktober

  • 0

Plek: Drostdy Teater, Stellenbosch
Datum en tyd: Saterdag 11 Oktober | 20:00

Die opkomende akoestiese duo Kruger & Tutu betree die verhoog saam met die amptelike Suid-Afrikaanse Jeugkoor by die Drostdy Teater as deel van hierdie jaar se Toyota Stellenbosch Woordfees – een van die land se mees gevierde kunstefeeste.

Onder die vaandel Wit, swart en volkleur serenades wag ’n musikale ervaring wat ewe uniek as wat dit betowerend is: oorspronklike Afrikaanse komposisies verweef met kragtige, akoestiese vertolkings van internasionale bekendes soos Sting en Pink Floyd. Met diep lirieke, akoestiese kitare en die vars stemme van die SA Jeugkoor, beloof Wit, swart en volkleur serenades ’n nostalgiese reis deur temas van kinderjare en grootword, liefde en verlange, hartseer en hoop, geloof en genesing – alles deur die ryk en digterlike lens van Afrikaans.

Kaartjies is nou beskikbaar via quicket.co.za of op die amptelike Woordfees-webwerf.

Oor Kruger & Tutu

Kruger & Tutu is Matt Kruger en Warren Tutu, ’n dinamiese akoestiese duo gebaseer in Stellenbosch, Suid-Afrika. KT is bekend vir hul drietalige (Afrikaans, Frans, Engels) oorspronklike, samestelling van musiekstyle en hul onwrikbare passie om hul lewens-ervaringe met sang en kitare te vier.

Volg hulle op Tik Tok en op Instagram by @mkcre8tiv en @krugerandtutu.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top