Dit is met groot trots dat die FAK jou uitnooi na ’n besonderse en historiese geleentheid waar twee van die grootste baanbrekers in die Afrikaanse musiekbedryf, Anton Goosen en Chris Torr, vereer sal word vir hul onskatbare bydrae tot die Afrikaanse kultuur- en musiekerfenis.
As deel van hierdie unieke geleentheid sal die FAK amptelik die Anton Goosen- en Chris Torr-liedjieborde in die FAK-Liedjietuin by die Voortrekkermonument onthul, waar dit as permanente huldeblyk sal dien en hul nalatenskap vir toekomstige geslagte sal bewaar.
Tydens die verrigtinge sal hierdie twee musiekikone ook met ’n spesiale toekenning vereer word, terwyl verskeie legendariese kunstenaars en liriekskrywers van die oorspronklike Musiek-en-Liriekbeweging, wat nog met ons is, saam sal kom om hierdie uitsonderlike mylpaal te vier.
Dit beloof om ’n eens-in-’n-leeftyd geleentheid te wees waar die geskiedenis van Afrikaanse musiek op ’n besondere wyse gevier en verewig word. Ons sal dit as ’n groot voorreg beskou indien jy hierdie historiese oomblik saam met ons bywoon en met jou gehoor kan deel.
Datum: Vrydag 28 Augustus 2026
Tyd: 14:00 tot 18:00
Plek: FAK-Liedjietuin, Voortrekkermonument
RSVP asb voor of op Vrydag 21 Augustus om 16:00 by dupreez@kultuurtuiste.org.za.


