Van vrees na vrede deur Madelein Rust: ’n boekresensie
2023-06-19"Ek was ’n traan of twee te wagte, min het ek egter geweet dat naas ’n boek oor die Joodse volksmoord of waar iemand se geliefde troeteldier sterf, ek nog nooit so oor die geskrewe woord trane gestort nie. Voor dit jou dalk in jou spore stuit om Van vrees na vrede te lees, dit word spoedig opgevolg met sommer baie lagtrane ook, want selfs in die onmoontlikste, ernstigste denkbare situasies, slaag Madelein daarin om my te laat skater."
Katte, ’n hupstoot vir jou gesondheid
2023-05-11"Daar is bevind dat ’n troeteldier 78% van die tyd die een sal wees wat ’n gesinslid verwelkom aan die einde van ’n dag, nie die eggenoot nie."
Ongeskonde deur Alwyn Uys: ’n boekresensie
2022-09-21"Hierdie is beslis ’n verhaal waar ’n mens onomwonde kan sê Alwyn is ’n ongelooflike inspirasie vir ieder en elk. Ongeskonde is ’n onvergeetlike verhaal van ’n merkwaardige persoon."
Alle sondaars welkom deur Jaco Strydom: ’n resensie
2022-08-18"Elke individu het ’n eie manier waarop hy die Bybel interpreteer, verstaan en prakties toepas. En ook die rede waarom dit dikwels vermy word, omdat dit net ’n te omstrede onderwerp is waar te veel opinies en helaas ook te veel vrae (moontlik vir vele) onbeantwoord bly."
KKNK 2022: ’n onderhoud met Loki en Margot Rothman
2022-03-28"Musiek is die basis van ’n samekoms. Al is dit by ’n braai of ’n dans. Musiek bring mense nog altyd nader aan mekaar."
KKNK 2022: ’n onderhoud met Hugo Theart, artistieke direkteur van Kunste Onbeperk
2022-03-28"En dit is die fokus. ’n Viering van ’n terugkeer na in-persoon feeste. En ’n viering van die ongelooflike talent wat ons het."
KKNK 2022: ’n onderhoud met Fanie Viljoen
2022-03-28"Ek sien baie uit na die KKNK. My laaste optrede by ’n fees was die Woordfees van 2020. Kort daarna het die inperking begin. Ons skrywers en kunstenaars gaan soos hase wees wat uit hul gate losgelaat is!"
Through your eyes, ’n onderhoud met Marianne Lomberg, wenner van ’n Strelitzia-toekenning
2021-12-15"Jou taalgebruik en verduidelikings is uniek en manjifiek. Die leser kan letterlik jou woorde omsit in ’n prent. Dis ’n spesiale gawe om so met woorde te kan inkleur."
Elisabet se oorlog: ’n Onderhoud met Helene de Kock
2021-12-07"Dit was, soos met alle skryfwerk, nie maklik nie. Dit het maar woord vir woord gebeur. ’n Klein bietjie lig wat elke dag val. Ook net as jy toegewyd daaraan werk."
Toyota US Woordfees op TV: Anna-Mart van der Merwe oor Valsrivier
2021-09-30"Die pyn van verlies, die pyn van onderdrukking, die pyn van hongerte en armoede … dié gaan ons nog vir lank moet aanspreek en met eerbiedige respek hanteer. Ons mag nie moeg word of opgee nie."
Toyota US Woordfees op TV: Hannes van Wyk oor Sê groete vir Ma
2021-09-29Hannes van Wyk betree vir die eerste maal in baie jare die verhoog, al is dit ook op die TV vir die Toyota US Woordfees 2021, in sy splinternuwe eenmanstuk, Sê groete vir Ma. Hy praat met Yolanda Wessels oor sy ervaring.
My stryd met ADHD deur Hykie Berg: ’n boekresensie
2020-12-21"Nadat ek My stryd met ADHD gelees het, kan ek begryp dat dit inderdaad ’n onsigbare oorlog is. Dit is ook weer eens onderstreep dat pille nie altyd die enigste of beste uitweg is nie."
Tuisonderwys is nie inperkingsonderrig nie: praktiese raad vir ouers
2020-11-18Vir baie ouers is hierdie jaar veral dalk ’n tameletjie – nie net het die koronavirus die (skool)lewe op sy kop kom keer nie, maar daar is ook groot onsekerheid en kommer oor wat die toekoms mag inhou. Daarom kon jou belangstelling in tuisskoling dalk geprikkel wees. Yolanda Wessels skryf oor die voor- en nadele van tuisskoolonderrig.
The ultimate cat guide: ’n onderhoud met Yolanda Wessels
2020-07-07"Ek is versot op katte ... en mense is geneig om te dink ’n kat is net ’n kat, ’n selfsugtige selfversorgende eenkantdier. Dit is so ironies, want hulle is van die allerbeste kamerade wat daar is!"
Filmresensie: Moffie
2020-03-12"Die akteurs kwyt hulle uitstekend van hul taak en lewer uiters oortuigende, dikwels emosionele, vertolkings. "
