That boogie show gie vi ôsie "good old days"

  • 0

Karaoke’s oppie Cape Flats historically was altyd ’n “dreaming place” vi ôse coloured mense. Ek het altyd baie tyd gespend by karaoke’s en karaoke fundraisers met my familie oorie jare. Djy wiet mos om geld te raise vi jou kind of jou kleinkind se trip overseas om sy sokker team te represent, karaoke’s wassie main crowd magnet waa djy two birds with one stone kan doodmaak. Djy kan mense saambring vi ’n Saturday night out while at the same time geld bymekaa te bring virrie babas innie community om overseas te gaan en hulle merk oppie wêreld te sit.  

Karaoke’s oppie Cape Flats hettie beste characters wat op hulle eie tariek is. Daa’s mos altyd ’n ou wat dink hy kan vi Ricky Martin se “She bangs, she bangs” af pull, en vrouens wat allie Whitney en Mariah numbers klaa gemaak’t (ek’t al baie interesting versions van “When you believe” gehoor), of ’n Celion Dion number. Die ’90’s en post-2000 pop hits was oek popular byrie karaoke scenes, soes “Whole again” van Atomic Kitten en “This I primose you” van Nsync – numbers wat ee’s leqqa was, toe wassit heeltemal overplayed!  

Dan, as djy rêrag connected was, organise djy well-known singers om by jou karaoke event ’n appearance te maak. Hierie well-known artists kan bekend wies vi hulle talent op ôse stages, of miskien was hulle al klaa overseas om te sing of iets cool te doen – baie singers vannie Cape Flats het since daai jare Spain toegegaan om te sing. Ek onthou een aand het ’n baie goeie sanger by ’n karaoke in Athlone opgedaag en finally ’n professional delivery van “When you believe” gesing – tot ammal se verligting, want djy kan mos nou net sóéveel amature versions van die musical hit nou hoor.

(En voo djy dink dat ek shade gooi … Honesty en realness wassie main ding by hierie events. Ammal applaud vi ammal, en ammal gooi shade ammal tesaam, en daa was niks kwaadrakens’ie. Djy kan jou ha’t uitsing en mense kan vi jou hanne klap want djy was brave enough om op te gaan en ’n song te sing in plaas vannie Sorry Suzi innie hoek wat vi ammal judge want sy dink sy’s bietere as ammal vannie mense wat ’n fool maak van hulleself oppie mike.)    

Al daai feelings, al daai memories was beslis die experience by That boogie show, deur Rafiek Mammon, byrie Artscape in November 2022.

’n Bietjie van al daai memories het bygekom daai aand, ennie performers en creators vannie show – they just bring it every time! Daa was ’n bietjie van als – bietjie Whitney, bietjie Michael Jackson, Grease hits, The Braxtons … as djy ’n regular Heart 104.9 listener is, kon djy al jou radio favourites gehoo. Die cherry oppie koek was daai monologue wat Lucy Tops perform’t, ’n tribute aan allie soul singers van yesteryear soes Smokey Robinson.  

Gary Naidoo, die MC van That boogie show (Foto: Jeremeo le Cordeur)

Gary Naidoo sing “I’m still standing” in That boogie show (Foto: Jeremeo le Cordeur) 

Jon-E Dreyer as Michael Jackson in That boogie show (Foto: Jeremeo le Cordeur)

Karaoke is originally ’n Japanese tradition. Maa wanner ek by siekere karaoke’s in South Korea gewies’t, het ek gedink dat hulle glad’ie die Kaap kan klaa maak’ie waa karaoke betrokke is. Die Cape Flats hettie beste talent, die beste impersonations, beste comedy, family en community spirit ennie beste kos oppie menu – somtyds wassie samosas en boerewors rolls ’n bietjie overpriced, maa djy wiet mos ’is vi ’n good cause. By evens by That boogie show het Boeta Rajee, die show se co-MC, ’n bietjie aanie kos vannie good old days ge’mention. Ôs het saam’t Boeta Rajee gestem dat ’n pot mutton kerrie met roetie is baie bietere as om hummus en raw veggies te iet!

Die twie MC’s, die ou getroudes, Boeta Rajee en Hadjie Fatgieyah (anner mense sal vat, maa sy sal gie, ja!), is ofcourse die main highlight vir my. Ek is baie relieved dat hulle albei Covid survive’t soerat ôs nog altyd saam’t hulle kan daai aand geboogie’rt! Although was daa trouble in paradise daai aand mettie ou getroudes, het ôs ammal alhamdulilah en shukran gesê wanner hulle finally later aan opgemaak’t.   

Maa ja, die good old days, soes Boeta Rajee gesêrit – daai’s exactly hoe ek voel as ’n jong millennial met ou preferences. Ek het recently ge’realise dat ekkie rêrag na musiek luister’ie wat released was na die jaa 2000 – en ek maak niks apologies daa’oo nie. Ek sal ienige dag, nes Boeta Rajee, die good old days choose – Earth Wind & Fire in plek van Ed Sheeran, Madonna in plek van Miley Cyrus, en Abba se “Dancing queen” en Queen, Mr Freddie Mercury himself, choose in plek vannie self-acclaimed royalties wat djy nowadays op TikTok kry.

Liandé Valentyn, Lucy Tops, Ashley Scott and Candice Thornton in That boogie show (Foto: Jeremeo le Cordeur)

Lucy Tops, Liandé Valentyn en ’n lid van die gehoor van That boogie show sing “You’ll never stop me loving you” (Foto: Jeremeo le Cordeur)

Candice Thornton sing “One moment in time” in That boogie show (Foto: Jeremeo le Cordeur)

Dan kry djy mense wat nog oo hierie dinge wil debate, evens mense wat innie golden decades gebore was – hulle wil nog altyd stry dat “there’s still good music to be found with the newer generations” en met daai disagree ek 100 persent. Times are different now en daai het ’n groot impact oo hoe ôs music experience. Die political struggle, dié in Suid-Afrika en in Amerika, het baie ge’contribute tot hoe ôse music soe heartbreaking en leqqa voel op selle tyd … Vat vi Marvin Gaye, Diana Ross en Jonathan Butler as ’n example. Marvin Gaye se “What’s going on” trek aan ’n mens se heart strings!

Daa was oek ’n Netflix movie, Yesterday, wat gaan oo Jack Malik, ’n struggling musician wat skielik homself in ’n alternate universe vind waa hy die enigste pe’soon is wat ooit van The Beatles gehoo’t, en hy raak famous na hy hulle musiek aanie wêreld introduce. If anything else het hierie movie exactly my beliefs oo music ge’demonstrate. Die musiek van daai jare, The Beatles se jare, is timeless en kannie rêrag wee duplicated wôd nie – moenie ee’s oo modern remixes van ou songs praat nie! Ek issie ’n professional musician nie, maa ek wiet darem dattie digital world het oek die experience van music ge’change, oek innie lyrics. Daa’s ’n stuk uit “My heart” deur Stylistics wat Gary Naidoo byrie show gesing’t: “Time alone it will tell, I wish you well, you're so dear to me.” I beg of you, wie praat soe mooi saggies nowadays met jou ex na ’n break-up?

Almost as soon as die laaste song klaa gesing was, “The Boss” deur The Braxtons, het reality gou ingeskop en dan wassit wee wêk toe die volgende dag narrie show. Soe kan djyrit gloe hoe magical dit was om in daai time capsule te wies vi een aand en weer aan daai songs te luister en ôse mense se excitedness te hoo, want djy wiet hulle voel nes djy. Priceless!

Die enigste ding wat ek hierie jaa innie show gemis’t wassie Stevie Wonder impersonations, en ek brand om next time te hoo ’n Gary Naidoo performance of “Ribbon in the sky”.  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top