Tracee Ellis Ross het in ’n interview met Oprah Winfrey gesê rat die beste plek om na jou musiek te luister is jou kar. Ek sal sê rat jou kar die twiede beste plek is – die ee’ste is soundtracks op movies en TV series! Die ve’band tussen musiek en motion pictures is mere powerful as wat ôs realise, en hoe mee TV series en films watch ek, hoe mee groei my playlist. Daa’s baie songs wat popular geraak’t deur feel-good TV en movie scenes, en daai songs is op repeat op my playlist, want ek willie scenes oo en oo experience. My playlist is of course baie lank, maa hie is net ses vannie culprits:
- “Outstanding” deur The Gap Band – From scratch, Netflix
Hierie TV series het Amy en Lino, ’n Amerikaanse vrou van Texas en ’n Italiaanse man van Sicily, se cross-continental love story mooi uitgesit. En die song het Amy en Lino se wedding in Italy vi ’n ses geslaan! Niemand was expected om hulleself in te hou oppie dansvloer. Whether djy hoë hakke dra, of as djy dink djy kannie dans’ie, maak’ie saak’ie, djy moet behoorlik uithaal en wys! Daa was oek ’n mooi moment innie toneel wanner Amy, die bruid, die dansvloer ve’laat en met liefde van ’n distance gekyk hoe dans ammal. Ek het later aan gelee dat The Gap Band is ’n Texan golden generation crowd favourite, en as ek ooit genooi wôd na ’n cook-out in Texas, moet die cook-out beslis soes hierie movie moment wies!
- “Just breathe” deur Anna Nalick – Grey’s anatomy
Ammal wat Grey’s anatomy gekyk’t wiet dat Meredith Grey, die TV series se main protagonist, ’n donker kant het wat lei altyd tot ge’vaalike situations in haa wêk en haa love life. Die song, uit Season 2, was ironically memorable want ammal van ôs het ôse asem ingehou wanner Meredith haa hand oo daai bomb innie patient se liggaam gehad’t!
- “Don’t rain on my parade” deur Lea Michelle – Glee
Ashleigh Harvey byrie Fugard Theatre in 2017, en evens Barbara Streisand self innie original musical film, kannie vi Rachel Berry, gespeel deur Lea Michelle, in Glee kla maak’ie. Baie famous classics was popularized virrie jonger generations deur Lea Michelle se performances in Glee, en “Don’t rain on my parade” issie cherry on top van allie Rachel Berry moments. As djyrie wêreld wil conquer is hierie song die ene wat bo-oep jou Rachel’s Get-Psyched Mix moet wies!
- “You give love a bad name” deur Bon Jovi – How I met your mother
En praat van Get-Psyched mixes, het ek darem Barney s’n gevind oppie internet uit die New Year’s Eve episode in Season 1: https://how-i-met-your-mother.fandom.com/wiki/Barney%27s_Get_Psyched_Mix. Ofcourse wassit Barney se job om Ted, Robyn, Lily en Marshal op te psych virrie groot aand! In Barney se exact woo’de: “People think a good mix should rise and fall, but people are wrong, it should be all rise!” en hoekom sal djy ’n playlist het to begin with assie majority vannie playlist nie ’n all rise mix is nie! Overall hettie show baie classical rock soundtracks gespeel, en although was ek altyd ’n Bon Jovi fan since childhood, die show het my liefde virrie genre diepere gemaak.
- “Harvest moon” deur Neil Young – Eat, pray, love
Net mense wattie boek gelies’t sal wiet dat hierie scene is actually waa Liz, die hoofkarakter, peace maak met haa ex-man na hulle divorce. Die film scene mettie Neil Young soundtrack was mooi translated van boek tot film, en was een vannie mooiste ways hoe twie mense wat op ’n tyd getroud was, skei (“Because I’m still in love with you, I wanna see you dance again, because I’m still in love with you, on this Harvest Moon”). Die film overall hettie mooiste soundtracks ge’use ommie life en spiritual lessons uit Eat, pray, love te wys, ennit het vi my remind dat wanner dit tyd is om pynlike dinge te laat gaan, moet djy sag moet jouself wies.
- “Bennie and the Jets” deur Elton John – 27 dresses
Die concept en plot in hierie romantic comedy is heelwat genius, en niemand konnie hoofrol bietere as Katherine Heigl gespeel’t. Die scene waa Jane, die film se hoofkarakter, en haa love interest ’n lyrics battle (innie jukebox jare het niemand mos die ware song lyrics geken!) van “Bennie and the Jets” gehad, ek gloe, is waa Jane haa leading man eintlik vind. Die scene se direction was epic – obviously moet ammal innie bar gestop wat hulle gedoen’t om saam met hulle te sing. Dankie aan hierie scene was die song nog ’n addition tot my epic classical rock playlist!
Kommentaar
Love it, nog 'n wonderlike skryfstuk.