Ommie Arabies-Afrikaans workshop by die Afrikaanse Taalmuseum te attend was omtrent ’n adventure. Die history van Arabies-Afrikaans is vi my as ’n millennial nog altyd new en novel, en ek is baie happy om my niewe knowledge van hierie taal met my Malay Kaaps by te sit.
According to the Dictionary of Loanwords in the Cape Muslim vernacular deur Mogamat Alexander is Arabies-Afrikaans die “Ajami writing system” (the writing of non-Arab languages using the Arabic script) wattie vorige Cape Muslims gebruik’t om in Afrikaans te skryf – locally wassit geken as “Arab Hollands” since Cape Dutch die dominant language daai tyd gewies’t. Om hierie Ajami writing system te gebruik om Afrikaans te skryf, wassie norm voo die introduction vannie Roman script as ’n result van unequal access to education, die feit dat coloured mense nie die opportunity gehad’t om die Roman script in skole te lee nie, maa hulle was baie faam innie Arabic script deur hulle Islamic religious upbringing (Arabic issie language waarin die heilige Qur’an geskryf is). However, die written Arabies-Afrikaans taal was baie different vannie spoken version van Cape Dutch en sommige Roman letters kon djy nie innie Arabic alphabet vind nie, en “code-switching” was gebruik wôd om hierie gaps in te fill.
Om hierie language discoveries te maak is omtrent ’n adventure vir my. Ek voel asoffie twie kante van my brein finally kontak gemaak’t. Ek het grootgewôd met Afrikaans, en ek het oek vir twie jare conversational Arabies by UWC as pa’t van my BA degree boe-oppie feit dat ammal van ôs hettie Arabies alphabet in Madrassah gelee wanner ôs klein was. Maa never in my wildest dreams het ek gedroom dat hierie twie languages combine’t! In my ouerige jare of course realise ek wat my Madrassah-onderwyseres eendag gesêrit, die feit dat ôse Kaapse Afrikaans ’n huge influence het op hoe ôs Arabic praat. En as djy baie goed annie Rattibul Haddad luister op ’n Donderdagaand, kan djy hoo hoe baie similar klink dit aan ôse Kaapse Afrikaans dialect.
Die host vannie workshop was simply net ’n jewel daai dag. ’n Paa dae later op Radio 786 het Mogamat gesêrat sy het history gemaak byrie workshop, want sy het ou Afrikaanse tannies gelee hoe om te batcha! Vi my the most unforgettable moment wassie Malay Afrikaans nursery rhyme wat sy virrie klas gelee’t. Die begin vannie song gaan soes “Alif dêtes Aaah, Alif bowwa bie” – die punt vannie song was ommie vowels vannie Arabic language virrie klas te lee. Hierie song was vi my ’n revelation, want my generation het Arabies lee lies deur Engels as ’n medium of instruction, unlike sy en Mogamat se generation wat alles in Afrikaans gelee’rit, en dit was mashallah ommit van hulle perspective te lee ken.
Although was ek baie familiar mettie res vannie workshop se content, wassit nog altyd leqqa om innie space te wies en saam mettie woo’de te speel en Afrikaanse sinne te bou mettie Arabic alphabet. Ek het saam’t ’n leqqa groep gesit, en om hulle enthusiasm te sien was net te oulyk. Een workshop participant was ’n linguistics graduate nes ek en ôs het leqqa gesels oo hoe interesting die languages vannie wereld kan wies. Ek het met skaamte aan hom confess dat ekkie baie effort gemaak’t om Korean te lee lies wanner ek daa in 2016 gebly’t – in my defence was ek te besig ommie Bahasa Indonesian language oek te lee! Hy was omtrent ’n quick learner en hy’t baie gou die gist vannie Arabiese alphabet gelee. Dit het vi my remind oorie feit dat djy miskien faam kan wies in ’n taal wat uit jou eie community kom, maa the real test comes, soes ek in Korea gelee het, wanner djy in ’n niewe cultural environment is en onner druk is om ’n niewe taal en ’n niewe perspective in te vat.
Dit was leqqa om ’n anner workshop participant oek wee te sien – ôs het mekaa ontmoet byrie launch vannie Dictionary of Loanwords in the Cape Muslim vernacular. Hy was oek ’n champion wanner ôsie woo’de innie workshop gebou’t. Hy het ’n original sin, “Gogga maak vir baba bang”, in Arabic geskryf en dit was nogal cool. Ôs het ’n box byrie workshop gekry met samoosas, pies en koek en ’n workshop participant het die woo’d “nagereg” oppie box in Arabic heeltemal correct geskryf! Een van ôse anner workshop participants het ’n WhatsApp group begin waa ôs ammal in kontak kon bly, especially virrie upcoming Arabic-Afrikaans competition in August 2022.
Ek wil baie graag wee in hierie competition deelneem, en lyk vi my die quick learners gaan sieker vi my ’n run for my money gie!
’n Kôt history lesson oorie origins van Afrikaans was oek included innie workshop, ennit het vi my remind vannie woo’de “We see the world not as it is, but as we are” en hoe daai woo’de so relevant is innie hele historical conversation oo Afrikaans. Daa is baie historical accounts van hierie taal, want ôs is baie diverse in ôse origins, maa daai workshop was ’n unique moment om mekaa te luister met respek en daa was baie mense wat uitgekom’t om ôse perspectives as ’n Muslim Afrikaans community te lee ken – daai het ek die meeste appreciate vannie workshop alhamdulilah.
Ek onthou wanner ek in Korea gewies’t wou ek ’n laptop koep wat albei die Roman en Korean scripts het oppie keyboard, maa ek’t nooit daa’by uitgekom’ie. Miskien was daai my opportunity om ’n twietalige keyboard te lee ken, want nou moet ek begin op my Arabies-Afrikaans script wêk virrie upcoming competition in August en ek het ’n lang pad om te gaan voo’rat my entry reg is vi submission. All in all is ek baie happy en privileged om “language revitalisation” te support, ennit remind my vannie feeling wat ek gekry’t wanner ek in Indonesia in 2016 was, die feeling dat ek “tramakassie” wee moet huis toe bring – die workshop het omtrent daai mission in my wee inspire.
Mee oorie competition
Woordeskat
faam – plaalike term vir “fluent/vlot”
madrassah – Arabies vir “skool”
Rattibul Haddad – ’n Donderdagaand tradition in Kaapstad (van slawedae) waar’ie Muslim community bykom om stukke uit die Qur’an te lees, en om te bid
batcha – Indonesian vir “lees”
mashallah – Arabiese term/expression vir iets wat beeldskoon of mooi is
Alhamdulilah – Arabies term/expression vir “lof aan God”
Lees ook in LitNet Akademies:
Lees ook op LitNet en Voertaal:
Tuan Guru en die aartappelboer – oor Afrikaans en versoening
ATR-komvandaan-seminaar 2019: Die geskiedenis van Arabiese Afrikaans
Kaaps in fokus-referaat: Die historiese dinamika van Kaaps – toe en nou
Fotoblad: Die Afrikaans van die Kaapse Moslems-bekendstelling
Fotoblad: Die boekbekendstelling van The Afrikaans of the Cape Muslims
Die Bo-Kaap: Arabiese Afrikaans en die Kaapse Moslemgemeenskap
Mediavrystelling: Taalmonument vereer nuwe skrywers van Arabies-Afrikaans
Kom ons lig die sluier: Afrikaanse Moesliemvroue se aktivisme en entrepreneurskap
Onderhoud: Waar het die spoor van Afrikaans as onderrigtaal begin?
Kommentaar
Laat my met heimweë terugding aan Achamt Davids se baanbrekerswerk op die terrein.