Skryf jonger mense nog Arabiese Afrikaans? In die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met Tasneem Chilwan, die tweede naaswenner van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Arabiese Afrikaans-kompetisie (2020).
Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad (ATR) en LitNet, bied maandeliks die Barakat-program aan.
In Erfenismaand het Fatima Allie (ATR) met Hein Willemse (Universiteit van Pretoria), Michael Jonas (ATR-lid en direkteur van die ATM) en Mogamat Kamedien (kultuurerfenisaktivis en die stigter van die Facebook-groep Arabiese-Afrikaans) gesels.
LW: Hierdie program is in September, Erfenismaand, uitgesaai.
Lees, kyk en luister ook op LitNet:
Tuan Guru en die aartappelboer – oor Afrikaans en versoening
Die Afrikaans van die Kaapse Moslems (Achmat Davids): Bekendstellingstoespraak
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument: ’n simbool van hoop, nasiebou en sosiale samehorigheid
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Hein Willemse en Conrad Steenkamp