Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Hein Willemse en Conrad Steenkamp

  • 1

Kom die stelling “Afrikaans is uitheems” neer op Afrikanistiese nasionalisme?

Freek Robinson gesels met Hein Willemse (Universiteit van Pretoria) en Conrad Steenkamp (uitvoerende hoof, Afrikaanse Taalraad) oor die behoud van Afrikaans en sy funksies, asook die belangrikheid van ’n meer genuanseerde taalpolitiek.

  • Foto van Hein Willemse: Herman Meulemans
  • Foto van Conrad Steenkamp: verskaf
Lees ook op Voertaal en LitNet:

Druk neem toe op minister om Afrikaans as inheems te erken

Afrikaanses van hul Suid-Afrikaans-wees onteien in erfenismaand?

Afrikaans: die groter prentjie

Belgiese akademikus stuur sterk boodskap aan US

Op weg na die volheid van die Afrikaanse taal

Tuan Guru en die aartappelboer – oor Afrikaans en versoening

DAK-konferensie: Oor “die taal wat miere daidelik is”

Die Afrikaans van die Kaapse Moslems (Achmat Davids): Bekendstellingstoespraak

Suidoosterfees 2018: Wat is die toekomswaarde van Afrikaans? – Conrad Steenkamp

Die US het probleembeleid eerder as ’n kommunikasieprobleem

Waarheen met Afrikaans?

  • 1

Kommentaar

  • Tom McLachlan

    "die behoud van Afrikaans en *haar* funksies" – bid jou aan!

    Dit is volkome onsin, onidiomaties en ongrammatikaal, dié gehaardery. Niemand – nie Robinson, of LitNet, of die ATR, of die SA Akademie, of enige universiteitsprofessor of wie ook al – het die reg of bevoegdheid om die idioom van Standaardafrikaans eensydig so te verdraai of te probeer verander nie.

    Dit is seker ’n poging om polities korrek of genderneutraal of kruiperig te wees, maar dit verraai eintlik onkunde.

    Die vermaarde taalkundige Ernst Kotzé het onlangs onder meer die volgende oor die saak gesê:

    "In die sosiolinguistiek sal die doelbewuste toekenning van biologiese geslag as grammatikale onderskeid dien as voorbeelde van gemarkeerdheid, dus ’n beklemtoning van (waarskynlik gewaande) geslagsgebaseerde eienskappe aan die referent, en ’n miskenning wees van grammatikale neutraliteit. Dit sou ook kon dui op ’n sjibbolet wat ’n paralinguistiese agenda by die gebruiker verraai. In Nederlands het grammatikaal manlike en vroulike lidwoorde saamgeval in die sg. neutrumvorm 'de', maar die gebruik van voornaamwoorde soos 'hom' of 'haar' het steeds grammatikaal voorspelbaar gebly, soos ook in die Nordies-Germaanse tale. Indien 'haar' nou selektief gebruik word om na bepaalde kategorieë te verwys wat met biologiese geslag niks te doen het nie, dui dit op ’n kunsmatige poging om verouderde grammatikale kategorieë, wat Afrikaans van die ander Germaanse tale te onderskei, op ’n nie-taalkundig-gegronde wyse te hergrammatikaliseer."

    Kyk ook in die WAT na betekenisonderskeiding 3 van die voornaamwoord "hy".

    Of was CP Hoogenhout dus verkeerd met sy "Die Afrikaanse taal die klink vir my so soet; / hy is ons moedertaal – sit in ons murg en bloed (CP Hoogenhout)" (WAT, ald.)

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top