Die US het probleembeleid eerder as ’n kommunikasieprobleem

“Hierdie poging weerspieël egter ’n kultuur van beleg waarin kritici wat die US as ‘fundamentalisties’ ag, as sinistere kragte gedemoniseer en gemarginaliseer word. Die verwysings na kwaadwilligheid en geheimsinnige magte ruik na die paranoia van ’n totalitêre sisteem en verskyn in die narratiewe van hardkoppige diktators die wêreld oor.”