Die Afrikaans van die Kaapse Moslems (Achmat Davids): Bekendstellingstoespraak

Op Saterdag 15 Desember 2018 het die bekendstelling van die Afrikaanse verwerking van Achmat Davids se boek, The Afrikaans of the Cape Muslims by die Historium Trust funksie- en konferensiesentrum in Paarl plaasgevind. Die boekbekendstelling is deur Die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), tesame met die Afrikaanse Taalmuseum se slawedagviering, aangebied. Lees hier Hein Willemse se bekendstellingstoespraak van die boek.