Hein Willemse

Hein Willemse doseer Afrikaanse letterkunde en algemene literatuurwetenskap aan die Universiteit van Pretoria. Hy publiseer hoofsaaklik oor kanonisering, kreolisering, marginalisering en bio-/outobiografie in die (Suid-) Afrikaanse letterkunde. Sy belangstelling sluit ook navorsing oor Afrikaanse en Afrika mondelinge tradisies in. Hy is ’n voormalige president van die International Society for the Oral Literatures of Africa (ISOLA) en sedert 2001 die eindredakteur van Tydskrif vir Letterkunde. Hy het voorheen gedien as besoekende professor aan verskeie universiteite in Afrika, Europa, Latyns-Amerika en die VSA.

Veertig jaar later: die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium

Hein Willemse Seminare en essays 2025-02-11

"Navorsing word deurlopend oor dié skrywers en die daaropvolgende geslagte skrywers gedoen, terwyl strominge soos swart feministiese of queerskryfwerk waarvan daar 40 jaar gelede nouliks sprake was, deesdae toenemend aandag kry." Die Departement Afrikaans en Neerlandistiek aan die Universiteit van Wes-Kaapland reël van 9 tot 11 Oktober 2025 die vyfde Sas-byeenkoms. 

Rooisand deur Jeremy Vearey: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Hein Willemse Resensies 2024-12-18

"Konvensies van vergange eras ten opsigte van byvoorbeeld geslag en seksualiteit, etnisiteit en 'ras' verskil vandag hemelsbreed van wat selfs ’n paar dekades gelede as normatief aanvaar is. Dit het tot gevolg dat afwykings van tradisionele strukturering belangwekkende gevolge het."

James Matthews (1929–2024)

Hein Willemse In memoriam 2024-09-10

"James Matthews was ’n toonaangewende literêre figuur wat aanvanklik internasionaal en later ook plaaslik erken is. Vir opeenvolgende geslagte skrywers was hy die toonbeeld van ’n verbonde kunstenaar met ’n beginselvaste verbintenis tot vryheid."

The incidental servants in Olive Schreiner’s letters | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Hein Willemse Etienne van Heerden Veldsoirée 2024-06-04

"Although Schreiner’s ideas about the place of women, the stratified nature of their labour, constantly developed over the course of her life, she evidently has a blind spot in her letters about the non-white servants in her close circle."

SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Hein Willemse

Hein Willemse SteedsDink 2023-12-12

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Hein Willemse oor onder andere marginale kulturele praktyke.

Oor Patrick J Petersen | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Hein Willemse Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-11-23

"Vanjaar sou sy 72ste jaar gewees het. Hy sterf voortydig op Saterdag 7 Junie 1997 in ’n motorongeluk op die Paternoster-Vredenburg-pad. Die hoekoms en waaroms kan slegs spekulasie wees."

Die 25ste LOK-simposium (2023): Waarom letterkunde? Wat van die walvisse?

Hein Willemse Akademies en skole 2023-03-03

Die jaarlikse LOK-simposium vir Afrikaans-onderwysers is op Saterdag 25 Februarie 2023 by die Universiteit van Wes-Kaapland aangebied. Hein Willemse het die openingsrede gelewer.

Oor taalaktivisme

Hein Willemse Menings 2022-12-02

"Die uitdaging, en uiteindelike doelwit, is om weg te beweeg van ’n etnosentriese perspektief na ’n breër Suid-Afrikaanse perspektief waar Afrikaans ’n simbool van gemeenskaplikheid eerder as uitgeslotenheid word."

Oor plek, inheemsheid en mag

Hein Willemse Menings 2022-05-26

"In die suide van Afrika het ’n slaaf uit die hartland van Tamilsprekende Indië ’n heenkome gevind en ’n nageslag nagelaat, net soos Danny Titus wat in sy naam die geskiedenis van verdrukking dra. Ons kan op uiteenlopende maniere Suid-Afrikaans wees, en daarvoor is inheemsheid nie ’n voorwaarde nie. Suid-Afrika behoort aan ons almal. Dit is waarvoor ons ons moet beywer." – Hein Willemse (Danny Titus-gedenklesing, DAK Netwerk, Mei 2022)

Netrebko en die nuwe kultuurboikot

Hein Willemse Menings 2022-03-10

"Wat ook al die uiteinde van die oorlog, ’n onwelkome voetnoot gaan voortaan die sangloopbaan van Anna Netrebko kenmerk: 'Tydens die inval in Oekraïne het sy geweier om onomwonde standpunt teen Poetin as aggressor in te neem.' Iewers in die toekoms sal sy wel sê 'Ek is jammer, ek was verkeerd', maar haar naam sal beklad bly en talle operaliefhebbers gaan ánders na haar luister as voor 24 Februarie 2022."

We can fix ourselves by Mosibudi Mangena: ’n resensie

Hein Willemse Resensies 2021-10-19

"Dit is die belewing van minderwaardigheid wat geïnternaliseer en van geslag tot geslag oorgedra is: dat jy minder is en nie ewewaarde het nie; dat jy minder in die lewe verdien; dat jou plek in die samelewing altyd 'n trappie laer is; dat hoe jy lyk, minder aantreklik as die norm is; dat jou lyf, jou voorkoms altyd te kort sal skiet."

Barakat-program: Eis jou moedertaal terug

Hein Willemse, Michael Jonas, Tasneem Chilwan, Mogamat Kamedien, Fatima Allie, Robyn van de Rhede Onderhoude 2021-10-11

Skryf jonger mense nog Arabiese Afrikaans? In die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met Tasneem Chilwan, die tweede naaswenner van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Arabiese Afrikaans-kompetisie (2020). Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad (ATR) en LitNet, bied maandeliks die Barakat-program aan. In Erfenismaand het Fatima Allie (ATR) met Hein Willemse (Universiteit van Pretoria), Michael Jonas (ATR-lid en direkteur van die ATM) en Mogamat Kamedien (kultuurerfenisaktivis en die stigter van die Facebook-groep Arabiese-Afrikaans) gesels.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Hein Willemse en Conrad Steenkamp

Freek Robinson, Hein Willemse, Conrad Steenkamp Onderhoude 2021-10-06

Kom die stelling “Afrikaans is uitheems” neer op Afrikanistiese nasionalisme? Freek Robinson gesels met Hein Willemse (Universiteit van Pretoria) en Conrad Steenkamp (uitvoerende hoof, Afrikaanse Taalraad) oor die behoud van Afrikaans en sy funksies, asook die belangrikheid van ’n meer genuanseerde taalpolitiek.

Kuba: ’n tyd vir nuwe idees?

Hein Willemse Seminare en essays 2021-07-27

"Daar is ’n ou waarheid: As mense voel dat hulle nie gehoor word nie, voel hulle nie deel nie, dan is verset, ondermyning en die vernietiging van die stelsel die onvermydelike vooruitsig."

In memoriam: Cecyl Esau

Hein Willemse In memoriam 2021-05-19

"Dit is met groot hartseer dat ek vandag hulde bring aan my vriend, Cecyl Esau. ... Cecyl was a loyal friend, someone who cared deeply and who would go the extra mile for a friend – in my case, quite literally. The Latin phrase acta non verba – actions, not words – comes to mind. "

Top