Afrikaans: 1976, mites, kennis en toekoms
2026-03-27"Die les was eenvoudig, en een wat julle as jong denkende mense konstant moet vra: Wie produseer die kennis? Wanneer is dit gegenereer? Onder watter historiese en sosiale omstandighede het dit ontstaan? En van waar, geografies én ideologies, word hierdie kennis geproduseer, en vir watter doeleindes? ... Ek kan my nie eens indink hoe die koms van KI ons benadering tot taal, letterkunde en kulturele studie gaan verander nie. Nog minder kan ek my indink hoe KI die hantering van taal in die openbare en privaatsektore, op skole en in universiteite gaan verander."
Wyngaard Weekliks: Misdaad in Suid-Afrika
2026-03-20Suid-Afrikaners loop elke dag met misdaad in hul gedagtes of met vrees daarvoor rond. Waarom is dit so en wat kan daaraan gedoen word? In hierdie aflewering van Wyngaard Weekliks soek Heindrich antwoorde by Lennit Max en Hein Willemse.
Met ’n diepe verlange – herinneringe aan ’n vervloë lewe
2026-02-27Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël plaasgevind. Hein Willemse het ’n lesing op Vrydag 20 Februarie gelewer. Hy het die teksweergawe van sy lesing aan LitNet verskaf.
Franklin Abraham Sonn (1939–2025)
2025-11-20"In die Suid-Afrikaanse kulturele en politieke lewe het ’n groot man sy finale buiging gemaak."
Vyfde Sas-simposium: Swart Afrikaanse letterkunde – ’n tradisie in wording
2025-10-16Die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium is 40 jaar gelede op die UWK-kampus aangebied. Hein Willemse verskaf die teks van sy openingstoespraak by die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium, wat op 10 en 11 Oktober by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind het.
"Haal af bitsje bitsje en maak ope die omwoelsels..." – vroeë Arabies-Afrikaanse tekste
2025-08-07"Ten opsigte van Arabies-Afrikaanse tekste is twee skryfstelsels gevolg, die een in Arabiese grafiese skrif en die ander in Arabiese fonetiese skrif wat die klank van Afrikaanse woorde weergegee het."
Veertig jaar later: die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium
2025-02-11"Navorsing word deurlopend oor dié skrywers en die daaropvolgende geslagte skrywers gedoen, terwyl strominge soos swart feministiese of queerskryfwerk waarvan daar 40 jaar gelede nouliks sprake was, deesdae toenemend aandag kry." Die Departement Afrikaans en Neerlandistiek aan die Universiteit van Wes-Kaapland reël van 9 tot 11 Oktober 2025 die vyfde Sas-byeenkoms.
Rooisand deur Jeremy Vearey: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2024-12-18"Konvensies van vergange eras ten opsigte van byvoorbeeld geslag en seksualiteit, etnisiteit en 'ras' verskil vandag hemelsbreed van wat selfs ’n paar dekades gelede as normatief aanvaar is. Dit het tot gevolg dat afwykings van tradisionele strukturering belangwekkende gevolge het."
James Matthews (1929–2024)
2024-09-10"James Matthews was ’n toonaangewende literêre figuur wat aanvanklik internasionaal en later ook plaaslik erken is. Vir opeenvolgende geslagte skrywers was hy die toonbeeld van ’n verbonde kunstenaar met ’n beginselvaste verbintenis tot vryheid."
The incidental servants in Olive Schreiner’s letters | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2024-06-04"Although Schreiner’s ideas about the place of women, the stratified nature of their labour, constantly developed over the course of her life, she evidently has a blind spot in her letters about the non-white servants in her close circle."
SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Hein Willemse
2023-12-12In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Hein Willemse oor onder andere marginale kulturele praktyke.
Oor Patrick J Petersen | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-11-23"Vanjaar sou sy 72ste jaar gewees het. Hy sterf voortydig op Saterdag 7 Junie 1997 in ’n motorongeluk op die Paternoster-Vredenburg-pad. Die hoekoms en waaroms kan slegs spekulasie wees."
Die 25ste LOK-simposium (2023): Waarom letterkunde? Wat van die walvisse?
2023-03-03Die jaarlikse LOK-simposium vir Afrikaans-onderwysers is op Saterdag 25 Februarie 2023 by die Universiteit van Wes-Kaapland aangebied. Hein Willemse het die openingsrede gelewer.
Oor taalaktivisme
2022-12-02"Die uitdaging, en uiteindelike doelwit, is om weg te beweeg van ’n etnosentriese perspektief na ’n breër Suid-Afrikaanse perspektief waar Afrikaans ’n simbool van gemeenskaplikheid eerder as uitgeslotenheid word."
Oor plek, inheemsheid en mag
2022-05-26"In die suide van Afrika het ’n slaaf uit die hartland van Tamilsprekende Indië ’n heenkome gevind en ’n nageslag nagelaat, net soos Danny Titus wat in sy naam die geskiedenis van verdrukking dra. Ons kan op uiteenlopende maniere Suid-Afrikaans wees, en daarvoor is inheemsheid nie ’n voorwaarde nie. Suid-Afrika behoort aan ons almal. Dit is waarvoor ons ons moet beywer." – Hein Willemse (Danny Titus-gedenklesing, DAK Netwerk, Mei 2022)

