In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.
Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 in Cradock is ’n SteedsDink-ateljee vir video-opnames ingerig en is die praatjies van sowel opkomende as ervare akademici, soos Hein Willemse, vir die tweede reeks opgeneem.
Benewens hul deelname aan hierdie videoreeks het hierdie akademici elkeen ook afsonderlik by die fees self opgetree, in sommige gevalle meer as een keer. In hierdie video gesels Hein oor onder andere marginale kulturele praktyke.
Kyk ook:
Oor Patrick J Petersen | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Luan Staphorst