SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Theo Venter

  • 2

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 in Cradock is ’n SteedsDink-ateljee vir video-opnames ingerig en is die praatjies van sowel opkomende as ervare akademici, soos Theo Venter, vir die tweede reeks opgeneem.

Benewens hul deelname aan hierdie videoreeks het hierdie akademici elkeen ook afsonderlik by die fees self opgetree, in sommige gevalle meer as een keer.

In hierdie video gesels Theo oor onder andere: die impak van verkiesing 2024; die begrip toekomsscenario’s; transdissiplinêre beginsels en ontwikkeling by universiteite, en so meer.

  • 2

Kommentaar

  • Uitstekende aanbieding! Laat my dink aan n skoolvriend, Ian de Beer, se Glyskaal wat die matrix so goed beskryf! Onderskryf ook die deel van meerderwaardigheid!

  • Johan Buitendag

    Wat 'n insiggewende aanbieding! Ek het werklikwaar lanklaas soveel behae in 'n aanbieding gehad. Baie dankie, Theo!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top