Stemnota: VSA-Israeli-konflik met Iran
2026-03-10Gebaseer op onlangse gebeure in 2026, het die VSA, in samewerking met Israel, op 28 Februarie 2026 groot lugaanvalle teen Iran geloods. Verskeie teikens is getref, en dit het tot die dood van die opperleier, ajatolla Ali Khamenei, gelei. Theo Venter neem bestek op.
John Steenhuisen wankel
2026-02-03"Dit is egter onbillik om die probleem van bek-en-klou toe te skryf aan Steenhuisen alleen, want hy het in werklikheid ’n verswakkende biosekerheidstelsel van meer as 30 jaar in die Departement Landbou geërf."
Amerikaanse optrede in Venezuela: 3 Januarie 2026
2026-01-06"Die onsekerheid en ontwrigting van die Maduro-regering gaan verdiep, en ’n fase van onstabiliteit lê beslis voor. Die grens met Colombia is een so ’n brandpunt, met ongeveer 7 miljoen vlugtelinge uit Venezuela wat hulle tans in Colombia bevind."
Sal Unite for Change kan saamwerk?
2025-10-16Unite for Change is ’n nuwe politieke party nadat Good, Rise Mzansi en Build One South Africa (Bosa) besluit het om saam te werk. Tans het die drie partye gesamentlik ongeveer 1% van die kieserstem. Freek Robinson vra vir Theo Venter of die nuwe groep se leiers sal kan saamwerk en dalk selfs hulle steun sal kan laat styg.
Trump se koninklike besoek 2025: ’n spesiale verhouding
2025-09-19"Uit die optrede en lyftaal van president Trump was dit duidelik dat hierdie staatsbesoek, sy tweede aan Brittanje, vir hom ’n hoogtepunt was en die erkenning was waarna hy so hartstogtelik gesmag het."
Die kanonisering na ’n sluipmoord
2025-09-18"Hoe lyk so ’n politieke heiligmakingsproses? Ondersteuners word oorweldig deur die media met boodskappe van steun en bevestig die status wat die persoon gehad het. Veral word klem gelê op die moed van sy oortuiging."
Die Mkhwanazi-skok: Hoe diep loop korrupsie? (14 Julie 2025)
2025-07-14"In sy kamoefleerdrag by die perskonferensie op Sondag 6 Julie 2025 het hy gelyk soos ’n Suid-Amerikaanse dwelmbaas wat nuwe smokkelroetes aankondig, want langs die gekamoefleerde generaal het ’n aantal gewapende lede in volle gevegsdrag en met gesigsmaskers gestaan."
’n Regering van Nasionale Eenheid op soek na rigting (30 Junie 2025)
2025-06-30"Ongelukkig sal ons meer van hierdie teenstrydige besluite kry soos ons nader aan die ANC se leierskapstryd in 2027 kom as gevolg van faksies in die ANC en sterk weerstand teen die DA se rol in die RNE."
Israel, Iran en Navo: Toe werp Trump sy F-bom! (26 Junie 2025)
2025-06-26"Interessante gebeure en patrone het die laaste twee weke na vore gekom in die komplekse wêreld van geopolitiek."
Trekvoëls in die politiek (20 Junie 2025)
2025-06-20"Die onlangse aankondiging dat die jong dinamiese Liam Jacobs in die laatnag van die Demokratiese Alliansie (DA) na die Patriotiese Alliansie (PA) oorgeloop het en die onseremoniële uitskop van trekvoël Floyd Shivambu uit die MK Party (MKP) het my onwillekeurig laat dink aan ander bekende trekvoëls in ons politiek."
Die Kanadese G7-beraad: ’n voorspel tot die G20 in Suid-Afrika? (18 Junie 2025)
2025-06-18"Die les vir Suid-Afrika en die G20-beraad is: Kry jou huis in orde en stel die sake reg wat reggestel kan word."
Die komplekse konflik tussen Israel en Iran (17 Junie 2025)
2025-06-17"Die eerste implikasie is natuurlik groter onsekerheid in die geopolitieke omgewing in die Midde-Ooste, en dit het aanleiding gegee tot ’n 8%-styging in die olieprys."
Die Nasionale Dialoog: Die kort langpad of die lang kortpad? (13 Junie 2025)
2025-06-13"Het ons dalk hier te doen met ’n proses wat president Ramaphosa oor die 2027-hekkie moet help en om hom deur die politieke dryfsand tot by 2029 te kry?"
D-dag in die Withuis (22 Mei 2025)
2025-05-22"Vir ons verhouding met die VSA lê die harde werk nou voor, veral binne die ANC."
Nampo (19 Mei 2025)
2025-05-19"Ek hoop dat hulle, nadat die besoek aan Donald Trump verby is, meer gefokuste aandag sal gee aan ’n klein groepie mense van ongeveer 850 000 werkskeppers en werknemers – 0,01% van die bevolking wat elke dag vir 62 miljoen mense van kos voorsien."

