Theo Venter

Theo Venter is ’n toenmalige professor in praktyk aan die Skool vir Openbare Bestuur en Beleid aan die Kollege vir Besigheid en Ekonomie aan die Universiteit van Johannesburg. Hy was ook voorheen Spesiale Raadgewer aan die NWU. Hy lewer reeds meer as drie dekades politieke kommentaar op radio en TV. Hy skryf ook gereeld meningstukke oor politieke gebeure, oa vir LitNet.

Die week van 27 April 2025 (25 April 2025)

Theo Venter Menings 2025-04-25

"Op 27 April 2025 sal dit 31 jaar wees sedert Suid-Afrika sy demokratiese projek betree het, en die afgelope week was vol van politieke gebeure en innuendo."

Die Zelenski-besoek aan Suid-Afrika (24 April 2025)

Theo Venter Menings 2025-04-24

"Ramaphosa kan ook ’n rol speel om Poetin se standpunte te beïnvloed, maar in die proses sal Suid-Afrika baie sensitief moet wees om nie die glans van ’n Trump-vredesinisiatief te verdof nie."

Kaapse Hooggeregshof gevra om BTW besluit te stuit (23 April 2025)

Theo Venter Menings 2025-04-23

"Wat was dan die doel van die intense debatte in die Kaapse Hooggeregshof waar interessant genoeg, die regering aan die een kant hul saak gestel het en dieselfde regering dit aan die ander kant afgeskiet het? ’n Kwessie van RNE vs RNE!"

Trump-handelsoorlog van 2025 (10 April 2025)

Theo Venter Menings 2025-04-10

"Globaal het daar ’n anti-Trump sentiment ontwikkel wat oplossings van ekonomiese en politieke probleme gaan kompliseer. Kom ons hou Kanada op 28 April tydens hulle verkiesing dop, met Donald Trump as die gemeenskaplike vyand."

"Nooi my na die kombuis en nie na die sitkamer nie" (9 April 2025)

Theo Venter Menings 2025-04-09

"Na ’n hele week van mespuntpolitiek oor die voortbestaan van die RNE begin die oplossing stadig na vore kom."

Tariewe, onsekerheid en ’n begroting: die kontoere van mespuntpolitiek (3 April 2025)

Theo Venter Menings 2025-04-03

"Sedert die Trump-administrasie in Januarie 2025 in die VSA oorgeneem het en die RNE in Suid-Afrika gevorm is, word voorspelbaarheid as ’n luukse beskou en word die koste van onsekerheid en onvoorspelbaarheid ’n daaglikse risiko."

Diplomasie op die afgrond

Freek Robinson, Theo Venter Onderhoude 2025-04-02

Wat gaan aan in die Regering van Nasionale Eenheid? Hoekom op dees aarde kan hulle nie die begroting goedkeur nie? En hoekom is daar skielik ’n klomp Suid-Afrikaanse sakemanne en oudpolitici in Washington besig met agterdeurpolitiek?

SITRAP: Militêre attaché word huis toe gestuur (31 Maart 2025)

Theo Venter Menings 2025-03-31

"Die Reagan-administrasie, wat Suid-Afrika toe redelik goedgesind was, moes aan Suid-Afrika ’n duidelike aanduiding gee dat die aanvalle op buurlande nie geduld sal word nie. Die situasie is egter nou, amper 40 jaar later, heeltemal anders."

Politieke verandering: Die wind waai wes! (28 Maart 2025)

Theo Venter Menings 2025-03-28

"Die tweede belangrike saak is dat dit baie moeilik is vir ’n party wat ’n afdraandetrajek ingegaan het om die gang van sake te verander en positiewe steun te demonstreer. Dit het ons baie duidelik met die ondergang van die Nasionale Party in die vorige bedeling gesien."

As ’n gonsgroepie skeefloop: Trump se eerste krisis? (27 Maart 2025)

Theo Venter Menings 2025-03-27

"Binne 48 uur was dit duidelik dat die Withuis alles sal doen om die gebeure met ’n soort aanvallende verdediging te benader. Skielik is Jeffrey Goldberg ’n nikswerdredakteur en The Atlantic ’n minderwaardige publikasie."

Onrus in ’n brose, maar strategies belangrike Turkye (24 Maart 2025)

Theo Venter Menings 2025-03-24

"Na die inhegtenisneming van Erdoğan se sterkste politieke opponent, die burgemeester van Istanboel, Ekrem Imamoglu, het onrus in 55 van Turkye se 81 provinsies uitgebreek."

Die volhoubaarheid van vrede in ’n drukgang? (20 Maart 2025)

Theo Venter Menings 2025-03-20

"My aanvoeling is dat ons afstuur op die lang kortpad en die kort langpad, met erkenning aan die Rooikappie-verhaal."

’n Ambassadeur is ’n ambassadeur (18 Maart 2025)

Theo Venter Menings 2025-03-18

"In die wêreld van die diplomasie word die amp van ambassadeur met baie groot waardigheid en status geag, omdat ’n ambassadeur die persoonlike gesant van een staatshoof by ’n ander staatshoof of regeringsleier is."

Press release: The budget points to a constitutional blind spot

Theo Venter Opinion 2025-03-14

"My view is that all the parties are aware of this constitutional dilemma and therefore have no choice but to work out a compromise on the budget to avoid the unthinkable."

Elders gesien: Die straatgeveg in die Withuis

Theo Venter Menings 2025-03-04

"Trump het baie dinge aan sy ondersteuners belowe in 2024, maar twee staan uit: Hy wil lewenskoste laat daal en hy wil vrede in Oekraïne binne twee weke skep."

Top