Besoek aan die Withuis – uiteindelik! (16 Mei 2025)
2025-05-16"Ons weet nou al dat Trump en JD Vance, sy jeugdige visepresident, met geen aanmoediging nie uit die heup skiet, ten spyte van die agenda!"
Die 49 wit Afrikaanssprekendes in die VSA: "vlugtelinge" of vlugtelinge?
2025-05-15Waarom word bruin Afrikaanssprekendes by Trump se uitvoerende bevel uitgesluit? Hoe definieer die Verenigde Nasies vlugteling? Hoe gaan die vergadering tussen president Ramaphosa en president Trump moontlik verloop? In hierdie onderhoud met politieke ontleder Theo Venter kom ook onderwerpe soos Nampo, grondonteiening, misdaad op plase, werksgeleenthede in Suid-Afrika en assimilasie in die VSA onder die loep.
Die VSA-RSA-bilaterale-verhoudingswetsontwerp: nog ’n speek in die wiel? (6 Mei 2025)
2025-05-06"Die wetgewing beoog om die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA onder die soeklig te plaas en om sekere ingrypende aksies van stapel te stuur."
Saakmakende verkiesings in die Trump-era (5 Mei 2025)
2025-05-05"Tweedens kan die invloed van die Trump-era in al hierdie verkiesings gesien word."
Trump se warrelwind eerste 100 dae (30 April 2025)
2025-04-30"Daarom is ek nog nie bereid om Trump se optrede, hoe ontwrigtend ook al, as ’n permanente omwenteling of Trumpiaanse revolusie te beskou nie; eerder ’n warrelwind wat mag neig na ’n brutale tornado met baie pyn in politieke en ekonomiese terme."
Die week van 27 April 2025 (25 April 2025)
2025-04-25"Op 27 April 2025 sal dit 31 jaar wees sedert Suid-Afrika sy demokratiese projek betree het, en die afgelope week was vol van politieke gebeure en innuendo."
Die Zelenski-besoek aan Suid-Afrika (24 April 2025)
2025-04-24"Ramaphosa kan ook ’n rol speel om Poetin se standpunte te beïnvloed, maar in die proses sal Suid-Afrika baie sensitief moet wees om nie die glans van ’n Trump-vredesinisiatief te verdof nie."
Kaapse Hooggeregshof gevra om BTW besluit te stuit (23 April 2025)
2025-04-23"Wat was dan die doel van die intense debatte in die Kaapse Hooggeregshof waar interessant genoeg, die regering aan die een kant hul saak gestel het en dieselfde regering dit aan die ander kant afgeskiet het? ’n Kwessie van RNE vs RNE!"
Trump-handelsoorlog van 2025 (10 April 2025)
2025-04-10"Globaal het daar ’n anti-Trump sentiment ontwikkel wat oplossings van ekonomiese en politieke probleme gaan kompliseer. Kom ons hou Kanada op 28 April tydens hulle verkiesing dop, met Donald Trump as die gemeenskaplike vyand."
"Nooi my na die kombuis en nie na die sitkamer nie" (9 April 2025)
2025-04-09"Na ’n hele week van mespuntpolitiek oor die voortbestaan van die RNE begin die oplossing stadig na vore kom."
Tariewe, onsekerheid en ’n begroting: die kontoere van mespuntpolitiek (3 April 2025)
2025-04-03"Sedert die Trump-administrasie in Januarie 2025 in die VSA oorgeneem het en die RNE in Suid-Afrika gevorm is, word voorspelbaarheid as ’n luukse beskou en word die koste van onsekerheid en onvoorspelbaarheid ’n daaglikse risiko."
Diplomasie op die afgrond
2025-04-02Wat gaan aan in die Regering van Nasionale Eenheid? Hoekom op dees aarde kan hulle nie die begroting goedkeur nie? En hoekom is daar skielik ’n klomp Suid-Afrikaanse sakemanne en oudpolitici in Washington besig met agterdeurpolitiek?
SITRAP: Militêre attaché word huis toe gestuur (31 Maart 2025)
2025-03-31"Die Reagan-administrasie, wat Suid-Afrika toe redelik goedgesind was, moes aan Suid-Afrika ’n duidelike aanduiding gee dat die aanvalle op buurlande nie geduld sal word nie. Die situasie is egter nou, amper 40 jaar later, heeltemal anders."
Politieke verandering: Die wind waai wes! (28 Maart 2025)
2025-03-28"Die tweede belangrike saak is dat dit baie moeilik is vir ’n party wat ’n afdraandetrajek ingegaan het om die gang van sake te verander en positiewe steun te demonstreer. Dit het ons baie duidelik met die ondergang van die Nasionale Party in die vorige bedeling gesien."
As ’n gonsgroepie skeefloop: Trump se eerste krisis? (27 Maart 2025)
2025-03-27"Binne 48 uur was dit duidelik dat die Withuis alles sal doen om die gebeure met ’n soort aanvallende verdediging te benader. Skielik is Jeffrey Goldberg ’n nikswerdredakteur en The Atlantic ’n minderwaardige publikasie."

