Vredestromme uit die Afrika-kontinent: futiel?
2023-06-23"Die sinisme het grootliks gespruit uit Afrika se onervare blootstelling aan die konflik tussen Oekraïne en Rusland; en die verbasing het gespruit uit Suid-Afrika se rol as sameroeper van die Afrika-fasiliteringsgroep, terwyl Suid-Afrika se neutraliteit in die konflik as baie dubbelsinnig en beoordelend ten gunste van Rusland beskou word."
Ons wag op die kaptein – Ramaphosa en verspeelde kanse
2023-03-07"As hy nie as onbetwiste leier van die ANC besluite kan neem nie, wie neem dan die besluite?"
Die gryslys en De Ruyter – is daar ’n gemeenskaplikheid?
2023-03-02"Die gewraakte onderhoud wat André de Ruyter, uitgaande groepshoof van Eskom op 22 Februarie 2023 met Annika Larsen op televisie gehad het, verteenwoordig een so ’n krisis. En op 24 Februarie 2023 is ons op die sogenaamde gryslys van die Internasionale Finansiële Aksietaakmag (FATF) geplaas, wat nog ’n krisis verteenwoordig, terwyl ons soewereine kredietgradering reeds onder investeringsgraad is ('junk status'). Wat het die twee sake met mekaar te doen? Is daar enigsins ’n verband?"
Die ANC se 55ste nasionale konferensie: Kan die agteruitgang van die bevrydingsparty gestuit word?
2022-12-22"Ramaphosa het ’n goeie oorwinning in die Nasrec II-konferensie in Desember 2022 behaal onder die vegkreet 'Renew22', en die vraag is of hy en sy nuwe span dit sal kan doen, gegewe die karakter en ingeboude belange in die ANC."
Phala Phala – die langspel word toe die ondergang van Ramaphosa
2022-12-02"Die president wat van sy korrupte voorganger, Jacob Zuma, ontslae geraak het, het deur sy eie toedoen ’n beleërde staatshoof geword. Ramaphosa het slagoffer geword van sy eie politieke styl, naamlik die sogenaamde langspel."
Reguit met Robinson: Sal Liz Truss ’n haas uit die hoed kan pluk?
2022-09-06Liz Truss, die nuwe premier van Brittanje, neem die leisels by die gediskrediteerde Boris Johnson oor te midde van baie ontwrigtende wêreldgebeure, met Brittanje wat dit ernstig beleef. Freek Robinson vind meer uit by politieke ontleder Theo Venter en Roland Henwood, dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Pretoria.
Oekraïne-Rusland-konflik: Wie gaan eerste ingee?
2022-04-26Tot watter mate kan die Weste met die onstabiliteit saamleef? Watter guns het Poetin onopsetlik aan Navo bewys? Watter prys betaal die Russiese ekonomie weens Westerse sanksies? Freek Robinson vind meer uit by Theo Venter, politieke en beleidspesialis.
Oekraïne en die kernopsie: van afskrikking na aanwending
2022-04-21"Dit is om hierdie rede dat lande soos Kanada en Europese lande kernoorloë vrees, omdat die aanwending nie in die VSA of Rusland sal plaasvind nie, maar dat die doodsakkers eerder op hulle grondgebied sal wees. As oorlog egter ‘n vorm van onderhandeling is, waaroor word dan onderhandel?"
Moet nooit ’n mislukking onderskat nie!
2022-03-10"’n Paar merkwaardige verwikkelinge het oor die afgelope twee weke die lig gesien. Wat kan verder van die konflik verwag word? Waar laat hierdie konflik ons na die eerste paar weke?"
Oekraïne: Die storie kom van ver af
2022-02-28"Donald Trump het met sy presidentskap baie spanning tussen Europese lede van Navo veroorsaak en Poetin het geoordeel dat hy sal moet optree voordat die Biden-presidentskap daardie bande herstel. Duitsland het pas ’n nuwe kanselier aangewys in die plek van Angela Merkel wat die sterk politieke figuur in Europa was. President Macron van Frankryk word as ’n liggewig beskou, en Boris Johnson het homself vasgeknoop in interne politieke intriges."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Theo Venter
2021-09-29Gaan korrupsie ’n rol speel? Het jonger kiesers geregistreer? En die gesag van die OVK? Freek Robinson pols Theo Venter, politieke en beleidspesialis, oor die stand van sake.
Huldeblyk: Theo Bekker (1955–2019)
2019-01-25"Theo Bekker se oudstudente, kollegas en vriende sal hom onthou as ’n aangename en vriendelike mens wat altyd opgeruimd en gereed met ’n kwinkslag was. Hy het ’n wye perspektief op Suid-Afrika gehad en hom nie laat vasknoop in ideologiese hoeke nie."
Oorspanne verwagtinge en die wantrouedebat van 8 Augustus 2017
2017-08-10"President Jacob Zuma het reeds vir hom ’n plek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis staangemaak as die mees omstrede staatshoof sedert 1910 en dit is duidelik dat hy aan sy pos as leier van die regerende party en staatshoof klou sonder dat die ANC as politieke party weet wat om met hom te doen. Die wantrouedebat het daardie punt net weereens bevestig."

