SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Theo Venter

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Theo Venter oor onder andere: die impak van verkiesing 2024; die begrip toekomsscenario’s; transdissiplinêre beginsels en ontwikkeling by universiteite, en so meer.