Robyn van de Rhede

Robyn matrikuleer aan die Hoërskool Bellville en gaan studeer daarna drama en teater aan die Universiteit Stellenbosch.

Daar ontdek sy gou haar liefde vir die akademie en besluit toe om haar studie voort te sit.

Sy verower haar meestersgraad in 2015, gevolg deur ʼn Nagraadse Onderwyssertifikaat later dieselfde jaar.

Robyn is tans die drama-onderwyser by Hoërskool Apex, bied die radioprogram Sondag-Joernaal aan op RSG, en dien as beoordelaar op die kykNET Fiësta-paneel.

Top-tien-opvoeders in die Wes-Kaap: ’n onderhoud met Robyn van de Rhede

Naomi Meyer, Robyn van de Rhede SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-09-14

"My droom is dat elke leerder in Suid-Afrika ’n kwaliteitopvoeding sal ontvang, ongeag die area waarin hulle woon. Net omdat dit ’n no-fee-skool is, beteken dit nie dat hierdie leerders nie kan presteer nie. As jy vir ’n kind die geleentheid skep, en jy maak die commitment om saam met hulle die pad te stap en altyd hul nommer-een-ondersteuner te wees, selfs na skool, kan enige kind presteer."

#opdielug met Ivan Ndevu

Robyn van de Rhede, Ivan Ndevu Onderhoude 2022-02-21

Internasionale Moedertaaldag word elke jaar op 21 Februarie gevier. Die eerste gas van 2022 op die "Lekker LitNet"-insetsel (Radio 786) is Ivan Ndevu, program- en kantoor-assistent by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA). Robyn van de Rhede gesels met Ivan, wat Afrikaans, Xhosa en Engels magtig is, oor die SBA se digitale kinderboeke in tale soos Kaaps, Setswana, Arabies en Khoekhoegowab. Hierdie insetsel is deel van die maandelikse program Barakat, aangebied deur Radio 786 en die Afrikaanse Taalraad (met Fatima Allie agter die mikrofoon).

Barakat-program: Islam en aktivisme

Fatima Allie, Robyn van de Rhede, Zubeida Jaffer, Farid Esack, Yaaseen Staggie Onderhoude 2022-01-04

LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Fatima gesels met Moslem-teoloog en skrywer Farid Esack en joernalis en skrywer Zubeida Jaffer oor Islam en aktivisme. Vir die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met gemeenskapsaktivis Yaaseen Staggie (Sunrise Youth Foundation).

Barakat-program: Ter viering van Vrouemaand (Augustus 2021)

Marlene le Roux, Fatima Allie, Ria Olivier, Robyn van de Rhede, Gadija Kamalie Onderhoude 2022-01-03

LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Ter viering van Vrouemaand in Augustus 2021 gesels Fatima met Marlene le Roux en Ria Olivier oor die waarde wat Afrikaans tot hul lewe toevoeg. Vir die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met Gadija Kamalie.

Barakat-program: Eis jou moedertaal terug

Hein Willemse, Michael Jonas, Tasneem Chilwan, Mogamat Kamedien, Fatima Allie, Robyn van de Rhede Onderhoude 2021-10-11

Skryf jonger mense nog Arabiese Afrikaans? In die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met Tasneem Chilwan, die tweede naaswenner van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Arabiese Afrikaans-kompetisie (2020). Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad (ATR) en LitNet, bied maandeliks die Barakat-program aan. In Erfenismaand het Fatima Allie (ATR) met Hein Willemse (Universiteit van Pretoria), Michael Jonas (ATR-lid en direkteur van die ATM) en Mogamat Kamedien (kultuurerfenisaktivis en die stigter van die Facebook-groep Arabiese-Afrikaans) gesels.

#opdielug met Gadija Kamalie

Robyn van de Rhede, Gadija Kamalie Onderhoude 2021-08-09

Robyn van de Rhede voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Die volgende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Gadija Kamalie.

#opdielug met Jodi Jantjies

Robyn van de Rhede, Jodi Jantjies Onderhoude 2021-04-13

Robyn van de Rhede voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Die volgende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is student en sanger Jodi Jantjies.

#opdielug met Naaim Briesies

Robyn van de Rhede, Naaim Briesies Onderhoude 2021-02-10

Robyn van de Rhede gesels met rymkletser Naaim Briesies van Prins Albert. Naaim was in 2020 deel van die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees se mentorskapprogram vir jong liriekskrywers, waar Frazer Barry van Tribal Echo die mentor was.

#opdielug met Crystal-Donna Roberts

Robyn van de Rhede, Crystal-Donna Roberts Onderhoude 2021-01-07

Die aktrise Crystal-Donna Roberts, bekend vir onder andere die film Krotoa en die telenovela Arendsvlei, is een van vier skrywers wat gekies is vir die Jakes Gerwel Stigting en NB-Uitgewers se mentorskapprogram vir opkomende skrywers in 2021. Robyn van de Rhede gesels met haar.

#opdielug met Brumelda Bell

Robyn van de Rhede, Brumelda Bell Onderhoude 2020-12-24

Robyn van de Rhede gesels met die rymkletser en liriekskrywer van Montagu, Brumelda Bell. Brumelda was ’n semifinalis in die 2019-Suidoosterfees se Talentsoektog. Sy was ook in 2020 deel van die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees se mentorskapprogram vir jong liriekskrywers, waar Frazer Barry van Tribal Echo die mentor was.

’n Podsending met Frazer Barry

Robyn van de Rhede, Frazer Barry Onderhoude 2020-11-11

Robyn van de Rhede gesels met Frazer Barry, voorsanger van Tribal Echo Band, oor sy werk en sy betrokkenheid by die Vrystaat Kunstefees 2020, die Suidoosterfees 2020, asook die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees se mentorskap-program vir opkomende liriekskrywers en sangers, waar Frazer as mentor opgetree het.

#opdielug met Deidre Jantjies

Robyn van de Rhede, Jantjies Deidré Onderhoude 2020-11-04

Die volgende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Deidre Jantjies. Deidre vertel vir Robyn van de Rhede meer oor haar vervaardigingsmaatskappy (wat onbekende geskiedkundige verhale van Suider-Afrika vertel) en haar N/uu-, Griekwa-, Nama- en Korana-erfenis.

#opdielug met Chase Rhys

Robyn van de Rhede, Chase Rhys Onderhoude 2020-09-11

Robyn van de Rhede gesels met skrywer Chase Rhys oor Kinnes, Kaaps en verteenwoordiging.

#opdielug met Keanen Engel

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Keanen Engel Onderhoude 2020-09-10

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met die jong dramaturg Keanen Engel.

#opdielug met Tenita Kidelo

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Tenita Kidelo Onderhoude 2020-09-08

Tenita Kidelo vertel vir Robyn van de Rhede en Menán van Heerden meer oor haar vergelykende studie oor swart feminisme in die werke van die Suid-Afrikaanse skrywer Ronelda Kamfer en die Nederlandse digter Simone Atangana Bekono. Sy gesels ook oor haar studiereise na Nederland en België.

Top