LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet.
Die maandelikse LitNet-insetsel is deel van die Barakat-program.
Die tema vir Mei 2024 se Barakat-program is “Bring Afrikaans terug huis toe ‒ deur die kunste”.
In die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede en Menán van Heerden met Marlene le Roux, Artscape se uitvoerende hoof.
Fatima Allie gesels met dramaturg en draaiboekskrywer Tasneem Daniels.
*Hierdie program is op 5 Mei 2024 op Radio 786 uitgesaai.