Veldsoirée 2026: videoflitse
2026-08-03"Bootcamp vir die brein" heet Stefan van Zyl van die SA Akademie se beskrywing van die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée in die Oos-Kaapse Karoo. Skrywers, akademici, praktisyne en studente het van 24 tot 26 Julie in Nxuba/Cradock byeengekom om saam te debatteer, te gesels en die "veld" in "Veldsoirée" te geniet. Die Etienne van Heerden Veldsoireé 2026 is aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden
Veldsoirée-video 2026: Op pad na die Oos-Kaapse Karoo
2026-07-22Karoo-koppies, aalwyne en kaggelvure: die Veldsoirée skop binnekort af. Hiermee ’n kort lusmakervideo van die wintertyd roadtrip na die Oos-Kaapse Karoo. Die Etienne van Heerden Veldsoirée word aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden
KI: katastrofe of geleentheid? ’n Miniseminaar
2026-04-24"Is KI ’n vernietiger van denke, oorspronklikheid, en skeppende en opvoedkundige ideale? Of is KI ’n geleentheid?"
Video-uitnodiging: Veldsoirée 2026 (24–26 Julie, Nxuba/Cradock)
2026-04-01Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort video-toer deur Menán van Heerden van wat te wagte is. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in Veldsoirée. Al die gesprekke is gratis. Maak seker jy bespreek vroegtydig verblyf. Meer details in die video.
LitNet se skolemateriaal: RSG-onderhoud
2026-03-06Ouers, leerders, onderwysers, oumas en oupas: RSG Kompas se Hazel Janse van Rensburg gesels met LitNet se Menán van Heerden oor LitNet se skolemateriaal, insluitend gratis vraestelle en wiskundevideo’s. Luister na die potgooi.
Video-oorsig: Adam Small-fees 2026 (Pniël, Wes-Kaap)
2026-02-23Die 2026-Adam Small-fees het 20–22 Februarie in Pniël, op pad na Franschhoek vanaf Stellenbosch, plaasgevind. Hierdie fees vind jaarliks in hierdie voormalige sendingstasie vir vrygestelde slawe plaas. Hierdie kort video-oorsig dek die Saterdag-program, wat op Internasionale Moedertaaldag geval het. Vanjaar was dit ’n spesiale viering, aangesien 2026 die jaar is waarin Adam Small 90 jaar oud sou geword het en hy 10 jaar gelede oorlede is. Daar is vanjaar ook hulde gebring aan die digter Diana Ferrus, wat in Januarie 2026 oorlede is.
Jou KI-IK: Jou Suid-Afrikaanse erfenis
2026-01-06KI praat Afrikaans. LitNet eksperimenteer tans met KI, en hierdie Afrikaanse video verteenwoordig so ’n poging. "Die geure van jou ouma se resep, die geheue en klanke van liedjies, die stories wat oorvertel word – ontasbare erfenis leef in ons almal. Watter waarde het erfenis wat nie kan afbrand of verwoes word soos ’n gebou of monument nie?"
AI podcast | KI-kortluister: "Rooibostee, awê en oepsies"
2025-11-24Listen to a concise overview of Afrikaans content presented in the form of a podcast-style discussion by (American) AI hosts. | Luister na ’n baie kort oorsig van Afrikaanse inhoud in die vorm van ’n podsendinggesprek deur Amerikaanse KI-aanbieders.
LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: LitNet se Skole-afdeling (LitNet Akademies)
2025-02-13In hierdie LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met Menán van Heerden oor LitNet se Skole-afdeling, komende naweek se SPAR Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo en LitNet se ope uitnodiging aan onderwysers. Fatima Allie gesels met die Barakat-span oor komende naweek se SPAR Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo, en die Afrikaanse Taalraad se ope uitnodiging aan onderwysers.
LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: die jaar wat was en die jaar vorentoe
2025-01-31LitNet-insetsel-mede-aanbieders, Menán van Heerden en Robyn van de Rhede, het saam met Fatima Allie (Radio 786) en Conrad Steenkamp (Afrikaanse Taalraad) gesels oor 2024 se LitNet-insetsels en Barakat-programme en wat vir 2025 beplan word.
LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: ’n onderhoud met Mogamat Kamedien
2025-01-05Radio 786 se maandelikse Barakat-program, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. In die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede en Menán van Heerden met kultuurerfenisaktivis Mogamat Kamedien.
LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: ’n onderhoud met Carla Theart
2025-01-03Radio 786 se maandelikse Barakat-program, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. In die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede en Menán van Heerden met onderwyser Carla Theart.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Fotoblad 2 van skrywers (EasyEquities Skrywersfees)
2024-10-08Die Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 se EasyEquities Skrywersfees het vir baie interessante boekgesprekke gesorg. Menán van Heerden het foto’s van ’n paar van die skrywers geneem.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Fotoblad 1 van sprekers (EasyEquities Skrywersfees en diskoersgesprekke)
2024-10-04Skrywers, lede van die media, politici, akademici en regsgeleerdes het by vanjaar se EasyEquities Skrywersfees en diskoersgesprekke (insluitend die Netwerk24-gespreksreeks) by die Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 vir aktuele en leersame gesprekke gesorg. Menán van Heerden het foto’s van ’n paar van die sprekers geneem.
Fotoblad 3: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad
2024-09-26Tydens hierdie fees is gesprekke gevoer oor, onder andere, skrywers se jongste romans; kinderboeke; kunsmatige intelligensie; die resensering van boeke; argiewe; Griekwa-Afrikaans; die aard van debat/die oop gesprek; versoening; identiteit; die literêre geskiedenis van die Oos-Kaap; en die dinge waaroor Suid-Afrika se gemeenskappe treur. Benewens bogenoemde prikkelende gesprekke, het die Oos-Karoo gesorg vir pragtige landskappe en Karoo-gasvryheid. Menán van Heerden het foto’s geneem.

