
#opdielug met Keanen Engel
2020-09-10Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met die jong dramaturg Keanen Engel.

Veronique Jephtas gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-09-10Die fokus van dié residensieprogram (aangebied in samewerking met PEN Afrikaans) is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.

#opdielug met Tenita Kidelo
2020-09-08Tenita Kidelo vertel vir Robyn van de Rhede en Menán van Heerden meer oor haar vergelykende studie oor swart feminisme in die werke van die Suid-Afrikaanse skrywer Ronelda Kamfer en die Nederlandse digter Simone Atangana Bekono. Sy gesels ook oor haar studiereise na Nederland en België.

André Trantraal gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-09-03"Kaaps is soes een van hai ancient cities wat hulle onnerie grond ytgrawe ná iemand ’n precious ou koppie by accident daa discover et. Ôs het nou ees begin grawe en gan nog lank vat voo ôs by die foundations ytkom."

Jeremeo Le Cordeur gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-08-27"Ek het die huis met skrywers van kleur gedeel en dit het ruimte gebied vir ingewikkelde gesprekke en die deel van verskeie perspektiewe. Die konfrontasie van perspektiewe was uitdagend, maar wel ’n uiters lonende prosedure."

Olivia Coetzee gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-08-21"Die proeses om ’n idee te groei tot in ’n volle storie is die lekkeste ding op die aarde. Die proeses roep ’n mens om jouself net oep te maak vi die storie om deu te kô, en al die editors in my kop te vra om ees stil te bly."

Radiodramas: 2020-New Voices-program (Kunstekaap)
2020-07-02Menán van Heerden gesels met Rafiek Mammon oor die Kunstekaap se meertalige 2020-New Voices-program in die tyd van COVID-19. Die teaterproduksies word vanjaar as radiodramas uitgesaai.

#opdielug met Tasneem Daniels
2020-07-02Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met Tasneem Daniels oor haar dramaproduksie Miela’s box. Hierdie Suidoosterfees-toneelstuk is onlangs op Radio 786 as radiodrama uitgesaai as deel van die Kunstekaap se 2020-New Voices-program, in samewerking met die Suidoosterfees, die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Jakes Gerwel-stigting.

Fotogalery: kykNET Fiëstas is tien jaar jonk
2020-02-10Die 10de kykNET Fiëstas is Sondag 9 Februarie 2020 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad aangebied. Tydens dié glansgeleentheid is die beste werk van die afgelope feesjaar met toekennings vereer.

LitNet Akademies Weerdink: Die klaskamer in ’n posthumanistiese samelewing
2020-02-07"Die ideale kurrikulum sal interdissiplinêr van aard wees, waar daar oor vakgebiede heen volle samewerking is met een hoofdoel voor oë: dat leerders taal- en wiskundevaardighede sal bemeester. Máár: sentraal in hierdie kurrikulum sal omgewingsopvoeding en die ontwikkeling van ekogeletterdheid by leerders staan."

LitNet Akademies Weerdink: Trump, Palestina en Israel
2020-02-04Trump het verlede Dinsdag sy sogenaamde vredesplan vir Palestina en Israel uiteengesit. Aan die een kant het hy belowe dat ’n Palestynse hoofstad in Oos-Jerusalem gevestig gaan word, maar aan die ander kant gaan Amerika nedersettings deur Israel op die Wesoewer erken. Menán van Heerden gesels met Sakkie Spangenberg oor hierdie nuwe verwikkeling.

Nederlands in Suid-Amerika
2020-01-31"Suriname is een meertalig land, waar naast Surinaams-Nederlands ook Sranantongo, Spaans, Engels en vele andere inheemse talen worden gesproken. Het aandeel van de Nederlandstalige literatuur in dat meertalige palet is niet gering."

#opdielug met Teneal Apollis
2020-01-30Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met MA-student Teneal oor haar navorsing oor Afrikaanse digters, haar studie-uitruil in Nederland, Overbergse Afrikaans en haar gunsteling- Afrikaanse herinneringe.

Fotogalery: KKNK 2020-programbekendstelling
2020-01-17Laat dit juig! Op Donderdagaand 16 Januarie 2020 is die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees-program tydens ’n glansgeleentheid by Zeitz MOCAA in Kaapstad bekendgestel.

#opdielug met Mercy Kannemeyer
2020-01-07Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met Mercy Kannemeyer oor haar gunsteling Afrikaanse woord, haar nuutste projekte en die toekoms van Afrikaans.