KI: katastrofe of geleentheid? ’n Miniseminaar

  • 0

KI is hier om te bly.

Dosente sit hande in die hare met studente-opstelle wat met ChatGPT geskryf word.

Skeppende bedrywe word gekonfronteer met die vraag: Wat is die noodlot van hul brood en botter, en menslike oorspronklikheid en kreatiwiteit? Wat staan skeppende skrywers, joernaliste, fotograwe, musikante, filmmakers, kunstenaars en illustreerders te doen? Watter kopieregkwessies is ter sprake as KI gebruik word?

Google se organiese soektoginfrastruktuur is deur KI omvergewerp. Die bestemmingsweb is ’n knou toegedien.

Is KI ’n vernietiger van denke, oorspronklikheid, en skeppende en opvoedkundige ideale? Of is KI ’n geleentheid? Is daar grys areas? 

Open AI is reeds deur verskeie partye, soos The New York Times, Encyclopedia Britannica en Merriam-Webster, vir kopieregskending gedagvaar. Hoe benader die Europese Unie en  verskillende lande, soos die VSA en Suid-Afrika, kopiereg en KI?   

Waar pas verantwoordelike KI en deursigtigheid in die prentjie? Of het die perd reeds baie ver galop?

LitNet Akademies hoor by skrywers, akademici en kenners.

Lees die bydraes hier:

KI-miniseminaar: Gebruik jy KI om jou met jou skryfwerk te help?

KI-miniseminaar: Ek, my Muse, en my KI

KI is nie vir my nie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top