Fotogalery: Suidoosterfees 2023-programbekendstelling
2023-01-26Suidoosterfees 2023 se program is op 25 Januarie by die Kaapstad Hotelskool (KPUT) in Grangerbaai bekendgestel. Die 20ste Suidoosterfees vind plaas vanaf 26 April tot 1 Mei 2023 in Kaapstad. Menán van Heerden het foto’s van die geleentheid geneem.
Barakat-program: "Afrikaans: ’n taal vir altyd"
2023-01-13LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. B
Toyota US Woordfees 2022: Nog foto’s
2022-10-14Die Toyota US Woordfees 2022 is in volle swang en duur tot Sondag 16 Oktober. Menán van Heerden deel nog ’n paar foto’s.
Toyota US Woordfees 2022: Eerste foto's
2022-10-12Die Toyota US Woordfees 2022 is in volle swang! Menán van Heerden deel ’n paar foto's.
’n Fees in die veld: Etienne van Heerden Veldsoirée-fotogalery
2022-09-29Bakkies, biltong en ’n brakbrêgh. Benewens aktuele gesprekke deur skrywers, gemeenskapsleiers en -aktiviste, akademici, advokate, landdroste en joernaliste, het die derde Etienne van Heerden Veldsoirée (23 tot 25 September 2022) op Cradock ook vir feesuitstappies in die Karoo-veld gesorg. Menán van Heerden het foto's geneem.
Etienne van Heerden Veldsoirée: fotogalery van die sprekers
2022-09-26Die derde Etienne van Heerden Veldsoirée het van 23 tot 25 September 2022 op Cradock plaasgevind. Gesprekke deur skrywers, gemeenskapsleiers en -aktiviste, akademici, advokate, landdroste en joernaliste het vir behoorlike pitkos in die skaduwee van Karoo-koppies gesorg. Menán van Heerden het foto's van die sprekers geneem.
Disinformation in the Global South: ’n onderhoud met Herman Wasserman
2022-05-19Wêreldpersvryheidsdag word elke jaar op 3 Mei gevier. Vanjaar se tema is "Joernalistiek onder digitale beleg". Herman Wasserman vertel vir Izak de Vries en Menán van Heerden oor sy jongste twee projekte: ’n boek, Disinformation in the Global South, en ’n verslag, "Meeting the challenges of information disorder in the Global South".
Fotogalery: Jakes Gerwel-gesprekke (Suidoosterfees 2022)
2022-04-28Die jaarlikse Suidoosterfees het op 27 April afgeskop. Menán van Heerden het drie Jakes Gerwel-gesprekke, aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV, op 27 April bygewoon. Hier volg ’n fotogalery van die sprekers en gesigte by die gesprekke oor Krotoa ("Wat beteken sy vandag?"), As die katjiepiering blom en ’n Baie lang brief aan my dogter.
Rooibostee, awê en oepsies
2022-01-07"Is ontasbare kultuurerfenis ’n grafiese uitbeelding van ’n volstruis op die logo van ’n restaurant in Amsterdam wat jy móét afneem want dit herinner jou aan huis? Of in Lissabon graffiti wat die Afrikaanse woord 'bok' in het, waarvan jy ook ’n foto neem? Is dit iemand wat oorkant jou in ’n stil trein op pad York toe in Engeland ná ’n foon-oproep vir jou in Afrikaans vra: 'Is jy van die Kaap?'"
Afrikaans: ’n Tydlyn vir skole
2021-12-22Wat was die eerste Afrikaanse group chat-komedie? Wanneer is die eerste Afrikaanse radiosepie uitgesaai? Watter Afrikaanse rockgroep se album het eerste die beste verkoop op iTunes in Suid-Afrika? Wat was die eerste Afrikaanse hip-hop-lied? Wanneer is terminologiese woordeboeke oor rugby, skoenlappers en kragontwikkeling publiseer? Menán van Heerden is deur Hoërskool Stellenbosch gevra om ’n geskiedkundige tydlyn oor Afrikaans saam te stel.
Die eerste Kaaps-woordeboek: ’n onderhoud met Quentin Williams
2021-07-28Die Drietalige woordeboek van Kaaps- (DWK-) projek, wat die eerste woordeboek van Kaaps gaan ontwikkel, is pas bekend gemaak. Die DWK-projek word gelei deur die Centre for Multilingualism and Diversities Research (CMDR) aan die Universiteit van die Wes-Kaap en die nieregeringsorganisasie Heal the Hood Project. Menán van Heerden gesels met Quentin Williams, direkteur van die CMDR.
Afrikaans: die groter prentjie
2021-05-05Hoe kan Gariep-Afrikaans genoegsame blootstelling/eienaarskap geniet? Is daar gemeenskaplike kenmerke / wedersydse invloed tussen variëteite wat maatskaplike en geografiese grense oorskry? Wat behels "algemene Afrikaans"? Is herstandaardisering die antwoord? Waar pas Standaardafrikaans as gebruiksvorm vir spesifieke doeleindes in? Hoe praat jongmense in bv Namakwaland vandag Afrikaans? Menán van Heerden praat met linguiste Ernst Kotzé, Quentin Williams en Elvis Saal.
Belgiese akademikus stuur sterk boodskap aan US
2021-04-16Wat is die stand van Afrikaans en Nederlands as onderrigtale aan hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika en in die buiteland? Menán van Heerden voer ’n videogesprek met Yves T'Sjoen.
Is jou ouma ook ’n donkie?
2021-03-19"Jou oumagrootjie, wat skoolgaan in Graaff-Reinet, staan in die klaskamer se verre hoek met ’n bordjie wat om haar nek hang. Dit lui: 'I am a donkey, I spoke Dutch.' Sy is betrap dat sy Afrikaans op die skoolterrein gepraat het."
Wie was op De Huisgenoot se eerste voorblad in 1916?
2021-02-26Wie pryk op De Huisgenoot se eerste voorblad in 1916? Hierdie historiese figuur het die jong Eugène N Marais, wat in 1890 aangestel is as die redakteur van die kritiese koerant Land en Volk, van laster aangekla. Menán van Heerden vertel nog.

