Menán van Heerden

Menán van Heerden is sedert 2010 by LitNet betrokke. Sy het in Desember 2016 haar MA in sosiale antropologie cum laude aan die Universiteit Stellenbosch behaal en het ook ’n eenjaarsertifikaatkursus in grafiese en webontwerp by CTU (Computer Training Unlimited), Stellenbosch-kampus, voltooi.
Menán se verhandeling, “Afrikaaps: A celebratory protest to the racialised hegemony of ‘pure’ Afrikaans”, fokus op die teaterproduksie AfrikaapsAfrikaaps se mees onlangse opvoering was by die 2015-Suidoosterfees by Kunstekaap, Kaapstad. Hierdie multimediaproduksie word in Kaaps opgevoer en dit is hoofsaaklik hip-hop-kunstenaars van die Kaapse Vlakte wat daarin optree. Die groep Afrikaaps fokus op die miskenning en stigmatisering van Kaaps binne die konteks van die hegemonie van sogenaamde suiwer Afrikaans en weerstaan die algemene persepsie dat Afrikaans ’n sogenaamde wit taal van onderdrukking is.
Tydens haar MA-studie het sy vir haar veldwerk Amsterdam besoek. Sy het ook ’n ses-maand- akademiese uitruil by Radboud Universiteit Nijmegen (Nederland) voltooi. Nog ’n hoogtepunt was ’n studiereis na Moembai, Indië as ’n komponent van ’n Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling-kursus.
Sy het in 2017 ’n internskap as navorser by South African History Online voltooi en deeltyds as inhoudsbestuurder by LitNet en LitNet Akademies gewerk.
Menán sluit in 2018 as voltydse inhoudsbestuurder by LitNet, LitNet Akademies en Voertaal aan. Voertaal (www.voertaal.nu) is LitNet se susterwebtuiste.
Sy is tans senior inhoudsbestuurder by LitNet en LitNet Akademies, en ook die redakteur van Voertaal.

Lees hier haar profiel op Voertaal.

Sy voer ook radio-onderhoude met mense wat passievol is oor Afrikaans op LitNet se maandelikse insetsel op Radio 786 as deel van die Afrikaanse Taalraad se maandelikse Barakat-program.
Benewens haar liefde vir lekker gesels is sy mal daaroor om foto’s te neem en te reis, asook stories oor Suid-Afrika en haar mense, erfenis en geskiedenis te lees en daarna te luister.
Sy het tot Maart 2020 vanaf LitNet se Kaapstad-kantoor gewerk.

Fotoblad: Adam Small-fees 2024

Menán van Heerden Feeste 2024-02-26

Die agtste Adam Small-fees het van 23 tot 25 Februarie 2024 in Pniël plaasgevind. Menán van Heerden deel haar foto’s van Saterdag 24 Februarie se program.

Marlene Dumas skenk portret van Elisabeth Eybers aan Wits-kunsmuseum

Menán van Heerden, Ena Jansen Onderhoude 2024-02-12

Marlene Dumas het haar portret van Elisabeth Eybers (1915–2007) aan die Wits-kunsmuseum (WAM) se permanente versameling geskenk. Menán van Heerden gesels met Ena Jansen oor Elisabeth Eybers en die skenking.

LitNet Akademies Weerdink: Bystanddood

Menán van Heerden, Willem Landman Onderhoude 2024-02-05

Die jongste in die nuus oor bystanddood: Carol de Swardt het op 63 met bystand by Pegasos-kliniek in die Switserse dorp Liestal gesterf na ’n lang stryd met velkanker. Bystanddood is onwettig in Suid-Afrika. Wat is die opsies as ’n familielid navraag doen oor bystanddood / dit baie sterk oorweeg? Wat staan ouers te doen met betrekking tot ’n ongebore of ’n pasgebore baba met fatale defekte? Is daar deesdae groter begrip vir bystanddood in Suid-Afrika? Menán van Heerden gesels met Willem Landman oor hierdie kwessie. 

’n Fotogalery | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Johan Kotze, Menán van Heerden, Izak de Vries, Etienne van Heerden, Lisa Antrobus Etienne van Heerden Veldsoirée 2023-10-18

"Die gesprekke wat hier plaasvind, is meer werd as geld, maar van belang is dat die Etienne van Heerden Veldsoirée ’n beduidende bydrae lewer tot Cradock se ekonomie. Talle gastehuise, nie net die veldsoirée se borge nie, baat direk by die fees."

Fotogalery: Toyota US Woordfees Langtafel 2023

Menán van Heerden Feeste 2023-10-07

Die jaarlikse Toyota US Woordfees Langtafel het vanjaar se fees op 6 Oktober ingelui. Menán van Heerden het fotoʼs van hierdie feestelike en gesellige geleentheid geneem.

Afrikaans se digitale toekoms: ’n onderhoud met Wannie Carstens en Roné Wierenga

Menán van Heerden, Wannie Carstens, Roné Wierenga Onderhoude 2023-03-07

"Die huidige behoefte is egter om oorhoofse koördinering van die bestaande en nuwe projekte om sodoende duplisering te voorkom en samewerking te bewerkstellig. ... As die saampraat en saam beplan nie gebeur nie, sal ons voortploeter op dieselfde oneffektiewe en ongekoördineerde ad hoc-patroon van tans. ... Ons nooi daarom graag instansies om ons te kontak met die oog op samewerking in die toekoms."

NALN word 50! Mylpaal en LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus

Menán van Heerden, Wyno Simes, Burgert A Senekal Onderhoude 2023-03-03

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), wat hom toewy aan die behoud en bevordering van Afrikaanse woordkuns, is vanjaar ’n halfeeu oud! Menán van Heerden gesels met die kurator van NALN, Wyno Simes, oor hierdie mylpaal, en met Burgert Senekal, navorsingsgenoot by die Universiteit van die Vrystaat, oor die LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus.

Fotoblad: Adam Small-fees 2023

Menán van Heerden Feeste 2023-02-27

Die sewende Adam Small-fees het 24 tot 26 Februarie 2023 in Pniël plaasgevind. Menán van Heerden deel haar foto’s van Saterdag 25 Februarie se program.

Fotogalery: Stellenbosch-bekendstelling van Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging (redakteur: Karen de Wet)

Menán van Heerden Boeke en skrywers 2023-02-03

Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging (Naledi) onder redaksie van Karen de Wet is op 1 Februarie in Stellenbosch bekendgestel. Hierdie huldigingsbundel is die jongste in die SA Akademie se reeks vir Hertzogpryswenners. Menán van Heerden het foto’s geneem.

Fotogalery: Suidoosterfees 2023-programbekendstelling

Menán van Heerden Feeste 2023-01-26

Suidoosterfees 2023 se program is op 25 Januarie by die Kaapstad Hotelskool (KPUT) in Grangerbaai bekendgestel. Die 20ste Suidoosterfees vind plaas vanaf 26 April tot 1 Mei 2023 in Kaapstad. Menán van Heerden het foto’s van die geleentheid geneem.

Barakat-program: "Afrikaans: ’n taal vir altyd"

Menán van Heerden, Fatima Allie, Conrad Steenkamp, Ria Olivier Onderhoude 2023-01-13

LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Vir die Januarie 2023-program gesels Fatima Allie met Conrad Steenkamp, Ria Olivier en Menán van Heerden oor onder andere die Afrikaanse Taalraad, LitNet Akademies en verskeie onderwerpe mbt Afrikaans.

Toyota US Woordfees 2022: Nog foto’s

Menán van Heerden Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-14

Die Toyota US Woordfees 2022 is in volle swang en duur tot Sondag 16 Oktober. Menán van Heerden deel nog ’n paar foto’s.

Toyota US Woordfees 2022: Eerste foto's

Menán van Heerden Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-12

Die Toyota US Woordfees 2022 is in volle swang! Menán van Heerden deel ’n paar foto's.

’n Fees in die veld: Etienne van Heerden Veldsoirée-fotogalery

Menán van Heerden Leefstyl 2022-09-29

Bakkies, biltong en ’n brakbrêgh. Benewens aktuele gesprekke deur skrywers, gemeenskapsleiers en -aktiviste, akademici, advokate, landdroste en joernaliste, het die derde Etienne van Heerden Veldsoirée (23 tot 25 September 2022) op Cradock ook vir feesuitstappies in die Karoo-veld gesorg. Menán van Heerden het foto's geneem.

Etienne van Heerden Veldsoirée: fotogalery van die sprekers

Menán van Heerden Menings 2022-09-26

Die derde Etienne van Heerden Veldsoirée het van 23 tot 25 September 2022 op Cradock plaasgevind. Gesprekke deur skrywers, gemeenskapsleiers en -aktiviste, akademici, advokate, landdroste en joernaliste het vir behoorlike pitkos in die skaduwee van Karoo-koppies gesorg. Menán van Heerden het foto's van die sprekers geneem.

Top