Wenner van die Jan H Maraisprys 2024: ’n onderhoud met Wannie Carstens
2024-07-25Wannie Carstens is in Julie 2024 met die Jan H Maraisprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon. Hierdie toekenning gee erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans. Die prys word aan Carstens toegeken ter erkenning van sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde. Menán van Heerden gesels met Wannie oor sy loopbaan en oor Afrikaans.
Rupert Museum: Ope uitnodiging aan die publiek
2024-07-04Die Rupert Museum nooi kunstenaars en skeppendes van enige kreatiewe bedryf, platform en beroep uit om oorspronklike kuns te skep. Meer spesifiek: kunswerke met een van die museum se uitstallings wat as inspirasie dien.
Barakat-program: ’n onderhoud met Marlene le Roux en Tasneem Daniels
2024-07-02LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Die maandelikse LitNet-insetsel is deel van die Barakat-program. In die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede en Menán van Heerden met Marlene le Roux, Artscape se uitvoerende hoof. Fatima Allie gesels met dramaturg en draaiboekskrywer Tasneem Daniels.
LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus: ’n onderhoud met Burgert Senekal
2024-06-19Of jy ’n leeskringlid, akademiese navorser, joernalis of leerder is, kan jy NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) nou via LitNet bereik. As jy byvoorbeeld op soek is na inligting oor ’n spesifieke skrywer, kan jy nou die LitNet Akademies-NALN-katalogus van meer as 38 000 papier- en digitale tekste aanlyn besoek. Hierdie katalogus strek so ver terug as 1973, NALN se stigtingsjaar, en lê as subdomein op LitNet se hoofraam.
Suid-Afrika in 2024: Hoe groot is die krisis?
2024-03-13"Hoe koalisiepolitiek gaan uitspeel, kan vorentoe uit eie reg ’n belangrike en selfs deurslaggewende faktor wees op die pad van fundamentele hervorming. Indien die proses verkeerd loop, hou dit ’n groot bedreiging in vir Suid-Afrika as ’n konstitusionele demokrasie, asook die 1996- grondwetlike bedeling." In sy LitNet Akademies-artikel sit André Duvenhage (2024) ’n motivering en strategie vir die fundamentele hervorming van die Suid-Afrikaanse staat uiteen. In aanloop tot die 2024-verkiesing gesels hy en Menán van Heerden oor die staatskrisis.
Afrikaans in Namibië, Afrikaans in Suid-Afrika
2024-02-28’n LitNet Akademies-artikel deur Nicolette Harmse Steyn (2024) verken en vergelyk houdings en persepsies rakende Afrikaans in die Khomasstreek van Namibië. Menán van Heerden gesels met Wannie Carstens oor Afrikaans in Namibië en Suid-Afrika.
Fotoblad: Adam Small-fees 2024
2024-02-26Die agtste Adam Small-fees het van 23 tot 25 Februarie 2024 in Pniël plaasgevind. Menán van Heerden deel haar foto’s van Saterdag 24 Februarie se program.
Marlene Dumas skenk portret van Elisabeth Eybers aan Wits-kunsmuseum
2024-02-12Marlene Dumas het haar portret van Elisabeth Eybers (1915–2007) aan die Wits-kunsmuseum (WAM) se permanente versameling geskenk. Menán van Heerden gesels met Ena Jansen oor Elisabeth Eybers en die skenking.
LitNet Akademies Weerdink: Bystanddood
2024-02-05Die jongste in die nuus oor bystanddood: Carol de Swardt het op 63 met bystand by Pegasos-kliniek in die Switserse dorp Liestal gesterf na ’n lang stryd met velkanker. Bystanddood is onwettig in Suid-Afrika. Wat is die opsies as ’n familielid navraag doen oor bystanddood / dit baie sterk oorweeg? Wat staan ouers te doen met betrekking tot ’n ongebore of ’n pasgebore baba met fatale defekte? Is daar deesdae groter begrip vir bystanddood in Suid-Afrika? Menán van Heerden gesels met Willem Landman oor hierdie kwessie.
’n Fotogalery | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023
2023-10-18"Die gesprekke wat hier plaasvind, is meer werd as geld, maar van belang is dat die Etienne van Heerden Veldsoirée ’n beduidende bydrae lewer tot Cradock se ekonomie. Talle gastehuise, nie net die veldsoirée se borge nie, baat direk by die fees."
Fotogalery: Toyota US Woordfees Langtafel 2023
2023-10-07Die jaarlikse Toyota US Woordfees Langtafel het vanjaar se fees op 6 Oktober ingelui. Menán van Heerden het fotoʼs van hierdie feestelike en gesellige geleentheid geneem.
Afrikaans se digitale toekoms: ’n onderhoud met Wannie Carstens en Roné Wierenga
2023-03-07"Die huidige behoefte is egter om oorhoofse koördinering van die bestaande en nuwe projekte om sodoende duplisering te voorkom en samewerking te bewerkstellig. ... As die saampraat en saam beplan nie gebeur nie, sal ons voortploeter op dieselfde oneffektiewe en ongekoördineerde ad hoc-patroon van tans. ... Ons nooi daarom graag instansies om ons te kontak met die oog op samewerking in die toekoms."
NALN word 50! Mylpaal en LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus
2023-03-03Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), wat hom toewy aan die behoud en bevordering van Afrikaanse woordkuns, is vanjaar ’n halfeeu oud! Menán van Heerden gesels met die kurator van NALN, Wyno Simes, oor hierdie mylpaal, en met Burgert Senekal, navorsingsgenoot by die Universiteit van die Vrystaat, oor die LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus.
Fotoblad: Adam Small-fees 2023
2023-02-27Die sewende Adam Small-fees het 24 tot 26 Februarie 2023 in Pniël plaasgevind. Menán van Heerden deel haar foto’s van Saterdag 25 Februarie se program.
Fotogalery: Stellenbosch-bekendstelling van Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging (redakteur: Karen de Wet)
2023-02-03Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging (Naledi) onder redaksie van Karen de Wet is op 1 Februarie in Stellenbosch bekendgestel. Hierdie huldigingsbundel is die jongste in die SA Akademie se reeks vir Hertzogpryswenners. Menán van Heerden het foto’s geneem.

