
Co-creating solutions at the Sustainability Institute
2019-10-18The climate crisis and climate activism are topical subjects in the media. Menán van Heerden chats to Dr Jess Schulschenk, director of the Sustainability Institute, about this institute’s various initiatives and programmes.

Afrikaans in 'n meertalige Suid-Afrika
2019-10-16"Die uitspraak in die Gelyke Kanse-saak is ’n gevoelige slag, maar as ons mense kan oortuig dat ons tale moet gebruik om in te sluit sal Afrikaans en al die ander amptelike tale (ja, ook Engels) bly voortleef." Menán van Heerden gesels met Karien Brits oor Afrikaans se posisie in ’n meertalige Suid-Afrika.

YouTube-onderhoud: ’n besoek aan die Arendsvlei-stel
2019-10-01Dit is onlangs bevestig dat die Afrikaanse telenovela Arendsvlei vir ’n tweede seisoen hernu is. Menán van Heerden en Cliffordene Norton het die Arendsvlei-stel by Atlantic Studios in Milnerton (Kaapstad) besoek. Menán het ’n video-onderhoud met Theltom Masimila, die skrywer en vervaardiger, gevoer.

#opdielug met Jeremeo Le Cordeur
2019-10-01Kom luister saam! Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Afrikaans en Afrikaaps leef en beef op teaterverhoë, in die woordkuns van rymkletsers en digters, tydens vurige debatte by feeste ... en die lys hou nie op nie! Die derde gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786 is bekroonde teater-praktisyn Jeremeo Le Cordeur.

Nederlandse digkuns gevier by Open Book Festival 2019 (Kaapstad)
2019-09-12Die jaarlikse Open Book Festival het van Woensdag 4 September tot Sondag 8 September in Kaapstad plaasgevind. Bekroonde Nederlandse digters Radna Fabias en Simone Atangana Bekono was by die fees te sien. Afrikaanse digters en skrywers Pieter Odendaal, Diana Ferrus, Chase Rhys, Jitsvinger en Hakkiesdraad Hartman het ook opgetree. Menán van Heerden het ’n fotogalery en ’n kort video van die fees saamgestel.

#opdielug met Chenal Kock
2019-07-22Kom luister saam! Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Afrikaans en Afrikaaps leef en beef op teaterverhoë, in die woordkuns van rymkletsers en digters, tydens vurige debatte by feeste ... en die lys hou nie op nie! Die tweede gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786 is bekroonde teater-praktisyn en toegepaste teater-fasiliteerder Chenal Kock.

Bradley van Sitters se staatsrede-lofsang: Khoekhoegowab-, Nama- of "KhoiSan"-seënbede?
2019-06-25Bradley van Sitters het oornag bekend geword met die debat rondom die taal wat hy gepraat het tydens sy lofsang voor president Ramaphosa se staatsrede in die parlement op 20 Junie. Van Sitters, die eerste Khoi-lofsanger wat een van ons presidente al voor ’n staatsrede geprys het, het kritiek uit verskeie oorde ontvang. Kritici en ondersteuners het na verskeie tale en terme verwys (die “Khoisan-taal”, Khoekhoegowab, Nama en die groep Damara-Namas). Hier volg wat kenners op LitNet, Menán du Plessis en Kerry Jones, in die verlede oor die definisies van hierdie tale, die betrokke etniese groepe, en Khoekhoegowab as medium van onderrig gesê het.

LitNet is #opdielug!
2019-06-12LitNet is #opdielug! Kom luister saam: Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Net op Radio 786. Eerste aan die woord: Universiteit Kaapstad-student Riyaadh Lawrence.

Suidoosterfees 2019: ’n onderhoud met Irma Albers
2019-04-26"Die Suidoosterfees, nou in sy sestiende jaar, bly streef om tydens die fees iets vir almal aan te bied, vandaar ons nuwe slagspreuk ’n fees vir almal." Menán van Heerden gesels met Irma Albers, die waarnemende uitvoerende hoof, oor 2019 se fees.

Mama at the Artscape: an interview
2019-04-11Mama runs until Saturday 13 April at the Artscape. Mama (portrayed by Chenal Kock and directed by Jeremeo Le Cordeur) is a character piece, showcased through poetry and physical theatre, that focuses on the Afrikaaps dialect. Menán van Heerden chats to Chenal and Jeremeo to find out more.

Bo-Kaap: bewaarde erfenis
2019-04-02Verlede week Donderdag het die Kaapstadse metroraad aan die Bo-Kaap munisipale erfenisbeskerming toegeken. Menán van Heerden vertel meer oor die Bo-Kaap en Arabiese Afrikaans. Lees ook meningsartikels en gedigte oor die Bo-Kaap uit die LitNet-argief.

Die Afri-Kwé-taalprojek beklemtoon historiese en toekomstige verbintenisse
2019-03-28Op Saterdag 23 Maart het die !AL-OM Aboriginal Customary Council, in samewerking met die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch (US), en die Afrikaanse Taalraad, die Afri-Kwé-taalprojek bekendgestel. Volgens Andries Visagie (Afrikaans en Nederlands, US) verwys Afri-Kwé na die historiese en toekomstige verbintenisse tussen Afrikaans en Khoekhoegowab. Menán van Heerden vertel meer.

Kora: A lost Khoisan Language: an interview
2019-03-26On Wednesday, 27 March 2019 (13h00–15h00) at Stellenbosch University, linguist Menán du Plessis will talk about her book, Kora: A lost Khoisan Language of the early Cape and the Gariep. Menán van Heerden chats to Menán du Plessis about her book.

Menseregtedag: die Cradock Vier-erfenisroete en Garden of Remembrance
2019-03-20"Die Sharpeville-slagting (1960) word jaarliks op 21 Maart as Menseregtedag herdenk. Die Cradock Four Garden of Remembrance word op vanjaar se Menseregtedag amptelik in Cradock deur die Minister van Toerisme onthul. Hierdie fotogalery herdenk vier vermoorde aparheidsaktiviste, Fort Calata, Matthew Goniwe, Sicelo Mhlauli en Sparrow Mkonto, bekend as die Cradock Vier."

The Miriam Tlali Reading and Book Club: an interview
2019-03-13On 16 March 2019 the Miriam Tlali Reading and Book Club will host a panel discussion under the theme “Literacy in indigenous languages as the foundation of community, economic, social and political development”. Menán van Heerden chats to Sindiswa Seakhoa about the book club, the legacy of Miriam Tlali and the importance of indigenous languages.