Fotogalery: KKNK 2020-programbekendstelling
2020-01-17Laat dit juig! Op Donderdagaand 16 Januarie 2020 is die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees-program tydens ’n glansgeleentheid by Zeitz MOCAA in Kaapstad bekendgestel.
#opdielug met Mercy Kannemeyer
2020-01-07Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met Mercy Kannemeyer oor haar gunsteling Afrikaanse woord, haar nuutste projekte en die toekoms van Afrikaans.
"Halala Suid-Afrika": ’n onderhoud met Michael le Cordeur
2020-01-06Menán van Heerden gesels met Michael le Cordeur oor sy nuutste boek, Halala Suid-Afrika (Naledi, 2019).
Fotogalery: Suidoosterfees 2020-programbekendstelling
2019-12-13Die Suidoosterfees 2020 se program is op 9 Desember by ’n glansgeleentheid by Nasdak (Media24) in Kaapstad bekendgestel.
LitNet Akademies Weerdink: Grond
2019-12-09"Grondonteiening sonder vergoeding" in 2019. Kan grondhervorming buite die raamwerk van die Grondwet plaasvind? Wat is die kategorieë grond wat hier ter sprake is? Grondwetlik beskou, is "grond" dieselfde as eiendom?
Fotoblad: ATR-Kokertoekennings 2019
2019-12-04Die Kokertoekennings van die Afrikaanse Taalraad (ATR) het op Vrydag, 29 November 2019 in Bellville plaasgevind. Izak de Vries en Menán van Heerden was daar met hul kameras.
#opdielug met Romario Fabiano Cloete
2019-11-27Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met Romario Fabiano Cloete oor Namakwalandse Afrikaans.
#opdielug met Herschelle Benjamin
2019-10-21Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Die vierde gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786 is bekroonde teater-praktisyn en voormalige Die Burger-joernalis, Herschelle Benjamin.
Co-creating solutions at the Sustainability Institute
2019-10-18The climate crisis and climate activism are topical subjects in the media. Menán van Heerden chats to Dr Jess Schulschenk, director of the Sustainability Institute, about this institute’s various initiatives and programmes.
Afrikaans in 'n meertalige Suid-Afrika
2019-10-16"Die uitspraak in die Gelyke Kanse-saak is ’n gevoelige slag, maar as ons mense kan oortuig dat ons tale moet gebruik om in te sluit sal Afrikaans en al die ander amptelike tale (ja, ook Engels) bly voortleef." Menán van Heerden gesels met Karien Brits oor Afrikaans se posisie in ’n meertalige Suid-Afrika.
YouTube-onderhoud: ’n besoek aan die Arendsvlei-stel
2019-10-01Dit is onlangs bevestig dat die Afrikaanse telenovela Arendsvlei vir ’n tweede seisoen hernu is. Menán van Heerden en Cliffordene Norton het die Arendsvlei-stel by Atlantic Studios in Milnerton (Kaapstad) besoek. Menán het ’n video-onderhoud met Theltom Masimila, die skrywer en vervaardiger, gevoer.
#opdielug met Jeremeo Le Cordeur
2019-10-01Kom luister saam! Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Afrikaans en Afrikaaps leef en beef op teaterverhoë, in die woordkuns van rymkletsers en digters, tydens vurige debatte by feeste ... en die lys hou nie op nie! Die derde gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786 is bekroonde teater-praktisyn Jeremeo Le Cordeur.
Nederlandse digkuns gevier by Open Book Festival 2019 (Kaapstad)
2019-09-12Die jaarlikse Open Book Festival het van Woensdag 4 September tot Sondag 8 September in Kaapstad plaasgevind. Bekroonde Nederlandse digters Radna Fabias en Simone Atangana Bekono was by die fees te sien. Afrikaanse digters en skrywers Pieter Odendaal, Diana Ferrus, Chase Rhys, Jitsvinger en Hakkiesdraad Hartman het ook opgetree. Menán van Heerden het ’n fotogalery en ’n kort video van die fees saamgestel.
#opdielug met Chenal Kock
2019-07-22Kom luister saam! Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Afrikaans en Afrikaaps leef en beef op teaterverhoë, in die woordkuns van rymkletsers en digters, tydens vurige debatte by feeste ... en die lys hou nie op nie! Die tweede gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786 is bekroonde teater-praktisyn en toegepaste teater-fasiliteerder Chenal Kock.
Bradley van Sitters se staatsrede-lofsang: Khoekhoegowab-, Nama- of "KhoiSan"-seënbede?
2019-06-25Bradley van Sitters het oornag bekend geword met die debat rondom die taal wat hy gepraat het tydens sy lofsang voor president Ramaphosa se staatsrede in die parlement op 20 Junie. Van Sitters, die eerste Khoi-lofsanger wat een van ons presidente al voor ’n staatsrede geprys het, het kritiek uit verskeie oorde ontvang. Kritici en ondersteuners het na verskeie tale en terme verwys (die “Khoisan-taal”, Khoekhoegowab, Nama en die groep Damara-Namas). Hier volg wat kenners op LitNet, Menán du Plessis en Kerry Jones, in die verlede oor die definisies van hierdie tale, die betrokke etniese groepe, en Khoekhoegowab as medium van onderrig gesê het.

