LitNet Akademies Weerdink: ’n Globale perspektief op groepregte en diversiteit
2018-12-11Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met die brandende kwessies van 2018/2019. Die eerste onderhoud in hierdie reeks hou verband met migrasie en populisme; groepregte; en globalisering en mobiliteit. Menán van Heerden gesels met Elirea Bornman.
Die vrystelling van slawe: 1 Desember 1834
2018-12-01Slawerny is op 1 Desember 1834 amptelik in die Kaapkolonie afgeskaf, maar slawe moes daarna vir vier as vakmanne vir hul eienaars werk. Slawe is dus ten volle bevry op 1 Desember 1838. Hier is ’n keuse uit LitNet-materiaal oor die rol en invloed van slawe en hul afstammelinge.
Jakes Gerwel-herdenkingsviering: Die rol en verantwoordelikheid van die intellektueel
2018-11-12Op Saterdag 10 November het die Jakes Gerwel-herdenkingsviering in Greatmore-straat 66, Kaapstad plaasgevind. Paneelbesprekings, voordragte en opvoerings het van die oggend tot die aand in ’n feestelike atmosfeer plaasgevind. Menán van Heerden gee ’n oorsig van een van die diskoersgesprekke, “Die rol en verantwoordelikheid van die intellektueel” (met Hein Willemse, Mercy Kannemeyer en Imraan Coovadia). Die fasiliteerder van hierdie paneelbespreking was Heindrich Wyngaard.
"Cheers (vir eers)": Jolyn Phillips sê koebaai vir Kaapstad
2018-11-06Op Vrydag 2 November het digters, kunstenaars, lesers en vriende by The Book Lounge in Kaapstad byeengekom om die bekroonde skrywer Jolyn Phillips te groet. Die gesellige afskeid het voorlesings en optredes deur onder andere Antjie Krog, Diana Ferrus, Churchil Naudé en Riku Lätti ingesluit.
Van Afrikaans gepraat: ’n onderhoud met Hans du Plessis
2018-10-23"Dit is hierdie herwaardering van die bydraes wat sowel die Khoi as die slawe gelewer het in die ontwikkeling van Afrikaans, wat die wese vorm van Van Afrikaans gepraat (Christo van Rensburg, LAPA Uitgewers; Engelse weergawe: Finding Afrikaans)." Menán van Heerden het met Hans du Plessis oor die boek gesels, asook oor wyle Christo van Rensburg se waardevolle bydrae tot navorsing oor Afrikaans.
Suid-Afrikaanse erfenis in Nederland: fotogalery 2
2018-09-21"Op Maandag 24 September is die jaarlikse Erfenisdag in Suid-Afrika gevier. Menán van Heerden was tydens haar Augustus-besoek in Nederland op die spoor van Suid-Afrikaanse erfenis in die Transvaalbuurt in Amsterdam."
Suid-Afrikaanse erfenis in Nederland: fotogalery 1
2018-09-21"Op Maandag 24 September is die jaarlikse Erfenisdag in Suid-Afrika gevier. Menán van Heerden was tydens haar Augustus-besoek in Nederland op die spoor van Suid-Afrikaanse erfenis."
Kreolisering, die Afrikaanse letterkunde en kultuur: ’n onderhoud
2018-07-17"Ek probeer, seker ’n bietjie uitdagend, die krag van kreolisering en verbastering in die Afrikaanse letterkunde verken, maar ook vier. Ek ondersoek dus doelbewus die vermenging met ander tale en kulture wat soms as 'onsuiwer' of as 'verbastering' beskou word en ook hoe sienings van 'suiwerheid' en 'onsuiwerheid' deur die jare verander het. Ek probeer dit verstaan binne groter netwerke van kulture en tekste."
Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Rina Loader van die Universiteit Wenen, Oostenryk
2018-07-04Hoe is dit gesteld met Afrikaans in die buiteland? Waar word die taal en sy letterkunde by universiteite as vak aangebied? Naomi Meyer en Menán van Heerden gesels met Rina Loader van die Universiteit Wenen, Oostenryk.
Mens-masjien-verhoudinge en Afrikaanse poësie: ’n onderhoud
2018-06-27"Soos wat tegnologiese ontwikkelinge ’n uitwerking op mense se alledaagse lewens het, kan digters ook nie hulself heeltemal losmaak van dié invloede nie. Digters dig oor tegnologie en die invloede daarvan op die samelewing, maar dig ook in die 'taal' van tegnologie."
Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Jerzy Koch en Karen Kuhn van die Adam Mickiewicz-universiteit in Poznań
2018-06-20Hoe is dit gesteld met Afrikaans in die buiteland? Waar word die taal en sy letterkunde by universiteite as vak aangebied? Naomi Meyer en Menán van Heerden gesels met Jerzy Koch en Karen Kuhn van die Departement Nederlands en Suid-Afrikaans by die Adam Mickiewicz-universiteit in Poznań, Pole.
Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Annelies Verdoolaege van die Universiteit Gent
2018-06-13"Ja, het Afrikaans wordt als meerwaarde gezien, een taal die het Zuid-Afrikaanse talige/culturele landschap verrijkt en een meerwaarde geeft. Vooral voor ons Vlamingen en Nederlanders opent het Afrikaans de deur naar Zuid-Afrika en Afrika." Naomi Meyer en Menán van Heerden gesels met Annelies Verdoolaege.
Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Eep Francken van die Universiteit Leiden
2018-06-13Hoe is dit gesteld met Afrikaans in die buiteland? Waar word die taal en sy letterkunde by universiteite as vak aangebied? Naomi Meyer en Menán van Heerden gesels met Eep Francken van die Universiteit Leiden.
Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Jacques Van Keymeulen van die Universiteit Gent
2018-05-30"De onmiddellijke toekomst van het Afrikaans ziet er wat moeilijk uit, maar het is niet mogelijk de taal van meer dan 6 miljoen mensen blijvend allerlei rechten (bijv taal van instructie aan universiteiten) te ontzeggen."
Genadendal: ’n erfenisjuweel
2018-05-28Op Saterdag 26 Mei is Internasionale Museumdag in die Overbergse dorp Genadendal gevier. Museumdag by Genadendal is aangebied deur die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in samewerking met Genadendal Sendingmuseum. Die vroeë-Afrikaanse publikasies De Bode van Genadendal (eerste uitgawe 1859), Benigna van Groenekloof of Mamre (1873) en Die Afrikaanse Patriot (1876) was die fokus van die gesprek.

