Op Vrydag 7 Desember was die Afrikaanse Taalraad (ATR) en hul 2018-medewerkers by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) byeen tydens ’n gesellige dankiesê-geleentheid. Menán van Heerden het foto's geneem.

Van links: Duard Kleyn, Conrad Steenkamp (uitvoerende hoof van die ATR), Jan Mutton (oudambassadeur van België en voorsitter van die bestuursraad van SASNEV), Ria Olivier (programbestuurder van die ATR) en Eureka Barnard

René Arendse (Afrikaans.com) en Eureka Barnard (bestuurshoof van SASNEV)

Van links: David Jantjies (projekbestuurder van die ATR se Moedertaalprojek (vennoot: SAOOT)), Hendrik Theys (opvoedkundedosent, voormalige ATR-ondervoorsitter en senior genoot: Afrikaans as geloofstaal), Danie van Wyk (Wes-Kaapse bestuurder van die Suid-Afrikaanse Onderwysontwikkelingstrust en voormalige ATR-direksielid) en Lukas Hanekom (die Moedertaalprojek van die ATR)

Van links: SZ Minnaar (student en ATR-jeugkoördineerder), Marekyn Kruger-Evert (sekretariaat en kommunikasiebeampte van die ATR), Carla Barnard (onderwyseres en ATR-jeugkoördineerder) en Esra Plaatjies (student en ATR-jeugkoördineerder)

Lungi Ngondo (senior kurrikulumbeplanner – Afrikatale, Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD)) en Portia Smit (senior kurrikulumbeplanner – Afrikaans en Engels, WKOD)

Amelia Burger en Deirdré Roos van die kommunikasie-onderneming Lemonade Hub. Lemonade Hub is verantwoordelik vir die produksie van die ATR se dekadeboek.

