Op Vrydag 2 November het digters, kunstenaars, lesers en vriende by The Book Lounge in Kaapstad byeengekom om die bekroonde skrywer Jolyn Phillips te groet.
Jolyn, skrywer van die kortverhaalbundel Tjieng Tjang Tjerries & other stories (2016, Modjaji Books) en die digbundel Radbraak (2017, Human & Rousseau), sprei haar vlerke na Johannesburg.
Die gesellige afskeid het voorlesings en optredes deur onder andere Antjie Krog, Diana Ferrus, Churchil Naudé en Riku Lätti ingesluit.

Van links: Deidré Jantjies, Jason Jacobs, Churchil Naudé, Riku Lätti, Jolyn Phillips, Celeste Matthews-Wannenbürgh, Diana Ferrus, Allison-Claire Hoskins en Mbongeni Tshenolo Nomkonwana

Jolyn Phillips

Allison-Claire Hoskins (deel van die InZync Poetry Sessions Collective) was die seremoniemeester

Antjie Krog

Diana Ferrus

Mbongeni Tshenolo Nomkonwana (een van die vertalers vir die veeltalige digbundel ConVerse)

Links bo: Gretchen Ramsden; regs bo: Celeste Matthews-Wannenbürgh

Jolyn Phillips, Riku Lätti en Churchil Naudé


Van links: Deidré Jantjies, Jason Jacobs, Adrian Different van Wyk (deel van die InZync Poetry Sessions Collective) en Jethro Louw

Uitsig op Tafelberg net buite The Book Lounge



