Die kind

  • 1

Die kind

Gebaseer op ’n gedig van Ingrid Jonker

Afrikaans het ’n kind
My hartse pint
Sy's die vrou van die wind
Hotentotsgotse kind
Kau die dogter van Nag en Duisternis
Monumenteel op die agtergrond van ’n volk in ’n kulturele wildernis
Soete kama-beeld wat pronk uit die verte
Eeue oue gebergte
Op die plek waar jy die sewe seëls kry
Tog naak en kaal van naby
So staan sy uit bo die gety
Die kind by wie jy nog die sweer om die naelstring vind
Weggegooi in die weer en die wind
’n somber melody wat nou in die Kalahari rinkink
’n Boesmanstem dom en stom gesmore
Sit prentjies in woorde
Kleurskakerings op rotswande
Ink-imprente van Boesmanhande
In skuilings wat uitkyk oor die see en oseane
Inspireer die graffiti innie ghetto-lane
En die riel vir volmaanaande
Die jagter se lees van spore
Die festive sound van Christmas-kore
Dis die vishoringklank van misdae tevore
Streeksgewys
So bring dit die slang tuis
Met ’n bietjie van als, Kitchen Dutch en kombuis-Engels
Soos ’n lappieskombers gelap
’n Replika van die blommepad wat Namakwaland in stap.
Die kind
Sieraad van die daeraad
Vertolker van die skepping
Le lag neer in die slag vannie moedertaal
Dis die ghoema van Ta Sarah
Wat almal vir good times bêre
Ma onnere die local pere ha'loep die incumbent nou derde

Die kind kom uit openbaring
Rotsvas op sy ma se bors
|Ghuri-kama ’n hewige prent op die agtergrond van ’n gekaapte taal
Terwyl jy globalise vir die toring van Baal
Of verkramptheid op die betaalkanaal
Onthou my voorvaders was met ’n bottel wyn betaal.
$o op klein skaal het die boer hulle dag vir dag onthaal
’n Klaaglied wat jou tot in jou sewende geslag sal inhaal
Skets die prent in elke volksverhaal
Waa die ghoema in jou ore
Klop
Plaaspad af
Douvoordag
Voor die oggendsein
Staan spraaksaam rond met rym
Die kind
Wat idiome en uitdrukkings
Uit mites haal
Met ’n godeleer wat die ontwikkeling van die mens en taal bepaal
Sê die Engelsman is “nothing but excellent”
Die klop nou aan julle stoere hart se deure
Waaragter julle skuil in camouflage-kleure
Reg en gereed soos opgestopte bababere
In opstand teen die Hemel en die Here
Wys my jul wapens?
Wys my hoe lyk julle gewere?!
Dames en here, ek hou julle in my gebede

  • Luister na Jethro Louw aka Tanneman |Xam se voorlesing van sy gedig, "Die kind":

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top