Menán van Heerden

Menán van Heerden is sedert 2010 by LitNet betrokke.

Sy het in Desember 2016 haar MA in sosiale antropologie cum laude aan die Universiteit Stellenbosch behaal en het ook ’n eenjaarsertifikaatkursus in grafiese en webontwerp by CTU (Computer Training Unlimited), Stellenbosch-kampus, voltooi.

Menán se verhandeling, “Afrikaaps: A celebratory protest to the racialised hegemony of ‘pure’ Afrikaans”, fokus op die teaterproduksie AfrikaapsAfrikaaps se mees onlangse opvoering was by die 2015-Suidoosterfees by Kunstekaap, Kaapstad. Hierdie multimediaproduksie word in Kaaps opgevoer en dit is hoofsaaklik hip-hop-kunstenaars van die Kaapse Vlakte wat daarin optree. Die groep Afrikaaps fokus op die miskenning en stigmatisering van Kaaps binne die konteks van die hegemonie van sogenaamde suiwer Afrikaans en weerstaan die algemene persepsie dat Afrikaans ’n sogenaamde wit taal van onderdrukking is.

Tydens haar MA-studie het sy vir haar veldwerk Amsterdam besoek. Sy het ook ’n ses-maand- akademiese uitruil by Radboud Universiteit Nijmegen (Nederland) voltooi. Nog ’n hoogtepunt was ’n studiereis na Moembai, Indië as ’n komponent van ’n Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling-kursus.

Sy het in 2017 ’n internskap as navorser by South African History Online voltooi en deeltyds as inhoudsbestuurder by LitNet en LitNet Akademies gewerk.

Menán sluit in 2018 as voltydse inhoudsbestuurder by LitNet, LitNet Akademies en Voertaal aan. Voertaal (www.voertaal.nu) is LitNet se susterwebtuiste.

Sy is tans senior inhoudsbestuurder by LitNet en LitNet Akademies, en ook die redakteur van Voertaal.

Lees hier haar profiel op Voertaal.

Sy voer ook radio-onderhoude met mense wat passievol is oor Afrikaans op LitNet se maandelikse insetsel op Radio 786 as deel van die Afrikaanse Taalraad se maandelikse Barakat-program.

Benewens haar liefde vir lekker gesels is sy mal daaroor om foto’s te neem en te reis, asook stories oor Suid-Afrika en haar mense, erfenis en geskiedenis te lees en daarna te luister.

Sy het tot Maart 2020 vanaf LitNet se Kaapstad-kantoor gewerk.

Suid-Afrikaanse erfenis-uitstalling in Kaapstad

Menán van Heerden Menings 2018-05-16

Hierdie uitstalling, Treasure House of Knowledge, sluit erfenisvoorwerpe in soos: ’n oorspronklike kopie van die gepubliseerde Arabiese Afrikaans-boek deur Abu Bakr Effendi (1869), ’n Nama-Bybel wat in 1859 gepubliseer is, die eerste gedig wat in Kaap die Goeie Hoop gepubliseer is, en plakkate van Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994.

Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018: fotogalery

Menán van Heerden Leefstyl 2018-05-07

"Van Vrydag 4 Mei tot Sondag 6 Mei het die Radio 786 Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018 by Kaapstad se Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) plaasgevind. Menán van Heerden het foto’s geneem van die Nikaah- (huwelik-) seremonie en die uitstalling From the cradle to the grave (insluitend Kaapse Moslem-Afrikaans, Arabiese Afrikaans en die geboorte van Islam aan die Kaap)."

Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018: ’n onderhoud met Fatima Allie

Menán van Heerden, Fatima Allie Menings 2018-05-02

Van 4 tot 6 Mei 2018 vind die Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018 by Kaapstad se Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) plaas. Menán van Heerden het met Fatima Allie gesels oor haar passie vir Afrikaans, asook die viering van erfenis, kultuur en Islam in die suidelike halfrond.

’n Onderhoud met bekroonde navorsers Aslam Fataar en Henry Fillies

Menán van Heerden, Aslam Fataar, Henry Fillies Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2018-04-04

"Hierdie prys is ’n erkenning van die behoefte aan navorsingsbenaderings tot die verstaan van onderwys wat fokus op die multidimensionaliteit en kompleksiteit wat nou studente se opvoedkundige weë en praktyke vorm."

Die Bo-Kaap: Arabiese Afrikaans en die Kaapse Moslemgemeenskap

Menán van Heerden Menings 2018-03-26

Op Saterdag 24 Maart het ’n paneelbespreking oor die rol van die Bo-Kaap in die ontwikkeling van Afrikaans by die Kasteel die Goeie Hoop plaasgevind. Kyk hier na foto's van die geleentheid. Lees ook meer oor die Kaapse Moslemgemeenskap en Afrikaans.

Ingrid Glorie wen Vertaalengel 2018

Menán van Heerden, Ingrid Glorie NeerlandiNet 2018-03-16

"Ek is altyd weer geweldig beïndruk met hulle betrokkenheid en omgee vir Suid-Afrika en sy mense en vir Afrikaans as taal. En ek is diep dankbaar dat hulle my werk vir Afrikaans, sy skrywers en sy kunstenaars, hier in die Lae Lande help moontlik maak."

Kaaps en (her)standaardisering

Menán van Heerden, Ernst Kotzé Menings 2018-03-14

"In die ontstaansgeskiedenis van Standaardafrikaans is 'oorleg met alle gebruikers' kennelik ’n leemte wat ’n hoë prioriteit moet wees by die hantering van taalnormering vorentoe."

US Woordfees 2018: Nederlandse skrywer Ray Kluun

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Ray Kluun Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-03-01

"Ik hou van toneel en muziek, vooral rap en hiphop, ben fan van Die Antwoord en Cooler as ekke van Jack Parow is een van mijn favorieten."

US Woordfees 2018: Vlaamse skrywer Tom Lanoye

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Tom Lanoye Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-03-01

"Alles wat ek skryf, moet ook lekker klink as jy dit hardop sê; en my romans het strukture en build-ups wat aan tipiese teatertegnieke refereer."

!Xun Bible translation: an interview with Masenyani Baloyi

Menán van Heerden, Masenyani Baloyi Opinion 2018-02-28

"My opinion about the general development of indigenous languages in South Africa is that each and every one of us – and every organisation – must promote, and create conditions for, the development and use of all official languages: the Khoi, Nama and San languages; sign language; and all other languages commonly used by communities (see section/article 6(5)(a) and (b) of the Constitution of the Republic of South Africa)."

US Woordfees 2018: Dutch writer Ernest van der Kwast

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Ernest van der Kwast Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-02-28

"My latest book is called Jouw toekomst is mijn toekomst (2017) and contains the stories of four students with a refugee background. These are courageous stories that offer a different perspective on people who have made the crossing to Europe."

US Woordfees 2018: Vlaamse dichter Charlotte Van den Broeck

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Charlotte Van den Broeck Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-02-28

"Mijn debuutbundel Kameleon was erg gefocust op vrouwelijkheid, identiteit en het vrouwelijke lichaam dat tot wasdom komt. Hierin stond de vraag naar de Ander centraal: het lichaam wil bij een ander lichaam horen, maar wil en moet ook van zichzelf zijn."

100% Stellenbosch: A whole town on a stage

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Helgard Haug Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-02-23

"What if we tried to get a whole city on a stage! These were the starting questions of the 100% project! What would we face if Stellenbosch was represented by a cross section of 100 people?"

Taal van die hart, taal van denke

Menán van Heerden Menings 2018-02-21

Internasionale Moedertaaldag is vanjaar op Woensdag 21 Februarie gevier. Lees hier hoedat die taal van jou hart ook deur LitNet Akademies gevier word as taal van denke.

Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis

Menán van Heerden, Menán du Plessis Opinion 2018-02-15

"In fact, Nama is, for all practical purposes, the only extant Khoekhoe variety (and, indeed, the only Khoisan language of any kind) still spoken in South Africa today. Most of the remaining Nama speakers in South Africa (perhaps around 2 000 of them) are aged at least 50 or upwards, however, although attempts are now being made to reintroduce the language as an additional subject at schools in the Northern Cape." 

Top