Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018: fotogalery

  • 0

Van Vrydag 4 Mei tot Sondag 6 Mei het die Radio 786 Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018 by Kaapstad se Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) plaasgevind.

Menán van Heerden het foto’s geneem van die Nikaah- (huwelik-) seremonie en die uitstalling From the cradle to the grave (insluitend Kaapse Moslem-Afrikaans, Arabiese Afrikaans en die geboorte van Islam aan die Kaap).

Die Nikaah- (huwelik-) seremonie was deel van die Ekspo.

Vriende en familie het die seremonie bygewoon.

Van links: Fazlin Jakoet, Kulthom Ebrahim (Fazlin se ma) en Flori Schrikker 

Die From the cradle to the grave-uitstalling verskaf ’n oorsig van die belangrikste gebeure in die lewe van ’n Moslem en die gepaardgaande tradisies. Soos: madrassa (Moslemskool); Ramadaan (vas); Labarang (Eid) (vier die einde van Ramadaan); Hajj (pelgrimstog); en die huwelik. Hierdie uitstalling het ook ingesluit: ’n tydlyn van Kaapse Moslem-geskiedenis (17de tot 20ste eeu); inligting oor die geboorte van Islam aan die Kaap; en Kaapse Moslem-Afrikaans (en die ontstaan van Afrikaans).

Meer inligting oor die From the cradle to the grave-uitstalling

Uitstalling van Labarang (Eid)

Lees meer oor Tuan Guru hier.

Uitstalling van ’n madrassa (Moslemskool). Lees meer oor die gebruik van Arabiese Afrikaans as onderrigtaal in die Kaapse madrassas (Moslemskole) hier.

Die verbintenisse tussen Kaapse Moslem-Afrikaans, Standaardafrikaans en Arabiese Afrikaans

Lees ook op Voertaal en LitNet

Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018: ’n onderhoud met Fatima Allie

Die Bo-Kaap: Arabiese Afrikaans en die Kaapse Moslemgemeenskap

Afrikaans en die Bo-Kaap

Die ontstaan van die komieks

Kom ons lig die sluier: Afrikaanse Moesliemvroue se aktivisme en entrepreneurskap

Afrikaans: 10 kitsfeite

Lekker Afrikaanse woordeskat: kanalla, poenankies, nxa!

Afrikaans: the language of dissent

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top