Menán van Heerden

Menán van Heerden is sedert 2010 by LitNet betrokke.

Sy het in Desember 2016 haar MA in sosiale antropologie cum laude aan die Universiteit Stellenbosch behaal en het ook ’n eenjaarsertifikaatkursus in grafiese en webontwerp by CTU (Computer Training Unlimited), Stellenbosch-kampus, voltooi.

Menán se verhandeling, “Afrikaaps: A celebratory protest to the racialised hegemony of ‘pure’ Afrikaans”, fokus op die teaterproduksie AfrikaapsAfrikaaps se mees onlangse opvoering was by die 2015-Suidoosterfees by Kunstekaap, Kaapstad. Hierdie multimediaproduksie word in Kaaps opgevoer en dit is hoofsaaklik hip-hop-kunstenaars van die Kaapse Vlakte wat daarin optree. Die groep Afrikaaps fokus op die miskenning en stigmatisering van Kaaps binne die konteks van die hegemonie van sogenaamde suiwer Afrikaans en weerstaan die algemene persepsie dat Afrikaans ’n sogenaamde wit taal van onderdrukking is.

Tydens haar MA-studie het sy vir haar veldwerk Amsterdam besoek. Sy het ook ’n ses-maand- akademiese uitruil by Radboud Universiteit Nijmegen (Nederland) voltooi. Nog ’n hoogtepunt was ’n studiereis na Moembai, Indië as ’n komponent van ’n Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling-kursus.

Sy het in 2017 ’n internskap as navorser by South African History Online voltooi en deeltyds as inhoudsbestuurder by LitNet en LitNet Akademies gewerk.

Menán sluit in 2018 as voltydse inhoudsbestuurder by LitNet, LitNet Akademies en Voertaal aan. Voertaal (www.voertaal.nu) is LitNet se susterwebtuiste.

Sy is tans senior inhoudsbestuurder by LitNet en LitNet Akademies, en ook die redakteur van Voertaal.

Lees hier haar profiel op Voertaal.

Sy voer ook radio-onderhoude met mense wat passievol is oor Afrikaans op LitNet se maandelikse insetsel op Radio 786 as deel van die Afrikaanse Taalraad se maandelikse Barakat-program.

Benewens haar liefde vir lekker gesels is sy mal daaroor om foto’s te neem en te reis, asook stories oor Suid-Afrika en haar mense, erfenis en geskiedenis te lees en daarna te luister.

Sy het tot Maart 2020 vanaf LitNet se Kaapstad-kantoor gewerk.

“Ons is ’n waterskaars land”

Menán van Heerden, Hermann Stehle Onderhoude 2017-06-08

"Alhoewel onvoorspelbare weerpatrone ’n invloed het, kan behoorlike beplanning vir die toekoms deur damingenieurs en kenners op die gebied van waterhulpbronnebestuur baie doen om die land, en spesifiek die Wes-Kaap, voor te berei vir sulke droogtes."

Krotoa movie: an interview with Kaye Ann Williams

Menán van Heerden, Kaye Ann Williams Onderhoude 2017-06-08

"Films are there to stimulate discourse, and to bring about awareness of issues to remind us where we come from. Often, we forget how strong we are as a nation, and just focus on the negative. But film is meant to enlighten and ignite change."

Bart Luirink: ’n onderhoud oor ZAM

Menán van Heerden, Bart Luirink NeerlandiNet 2017-05-30

"Op die journalistieke en creatieve vriendschap bouwt ZAM voort. We beperken ons daarbij niet langer tot Zuid-Afrika. We maken een online magazine dat het werk van Afrikaanse onderzoeksjournalisten, fotografen en andere creatieven onder de aandacht van een internationaal publiek wil brengen."

“Jol”, “antie”, “pelle”: omgangstaal in poniekoerante

Menán van Heerden, Elvis Saal Onderhoude 2017-05-10

"Kodevermenging in poniekoerante dien nie net as ’n aanduider van die veranderinge in die sosiopolitieke dinamika van die Afrikaanse spraakgemeenskap nie, maar het ook die potensiaal om onder lede van die spraakgemeenskap ’n bewustheid van hierdie veranderinge te skep."

"All African languages can be used as academic languages"

Menán van Heerden, Hlezi Kunju Universiteitseminaar | University Seminar 2017-05-03

"It is our responsibility as amaXhosa, as academics, to ensure that Xhosa gets the recognition that it deserves. For it to develop it needs to be used; we can borrow words and phonologise them into Xhosa."

Suid-Afrika se sosio-ekonomiese krisis: is daar oplossings?

Menán van Heerden, Chris Nelson Onderhoude 2017-04-27

Suid-Afrika is 'n ontwikkelende land. Hoe kan dit ekonomies groei?

Suidoosterfees 2017: 'Ons moet al die variëteite van Afrikaans omhels'

Menán van Heerden, Willa Boezak Feeste 2017-04-20

"Dit is amper weer tyd om die diversiteit van Afrikaans by die jaarlikse Suidoosterfees te vier. Menán van Heerden het met die Khoisan-navorser en skrywer, Willa Boezak, oor die dansproduksie Die riel van hip-hop, taal en identiteit gesels."

Nasionale proteste: Hoe nou vorentoe?

Menán van Heerden, Jannie Rossouw Onderhoude 2017-04-20

"Verskonings soos 'wit monopoliekapitaal' word dus voorgehou as redes hoekom ekonomiese sukses nie behaal kan word nie, eerder as om beleidsfoute en korrupsie te erken en met nuwe planne vorendag te kom."

HemelBesem: “Ek glo dat die taal steeds besig is om te groei”

Menán van Heerden, HemelBesem Skrywersonderhoude 2017-02-20

"Ek deel stories uit my lewe en waarnemings, in die taal waarin ek grootgeraak het en steeds mee omsingel is, met die hoop dat mense voort sal gaan om dit in hulle alledaagse lewe te gebruik en om sodoende seker te maak dat Afrikaans so organies groei."

#FeesMustFall: vervreemding en protes

Menán van Heerden, André Duvenhage, Wynand Greffrath Onderhoude 2017-02-01

“Staatsingryping, wat outonomie direk bedreig, vergrote toegang en dus meer studente, swakker befondsing, verlies aan vermoë as gevolg van talle faktore en sosiale en politieke onstabiliteit is besig om die universiteitswese in Suid-Afrika in gevaar te stel.”

“Swartafrikaans”: Afrikataalmoedertaalsprekers en Afrikaans?

Menán van Heerden, Ansie Maritz, Jako Olivier Onderhoude 2017-01-18

Navorsers Ansie Maritz en Jako Olivier gesels met Menán van Heerden oor hul artikel "Napraatswartafrikaans: konteks en persepsies van die alternatiewe gebruik van Swartafrikaans".

Die vrystelling van slawe: Pniël-gemeenskapsmuseum – "Ons storie"

Menán van Heerden Menings 2016-12-01

"Hierdie rotse is vas aan ’n rotsbasis, ’n afbeelding van Afrika, wat geplaas is binne ’n rotssirkel wat die ganse aarde simboliseer. Hiermee word die geskiedenis van ons dorp (en vallei), vir altyd gekoppel aan die vernedering en uitbuiting van miljoene mense in ons land en regoor die ganse wêreld."

“Geskryf in ons eie taal”

Menán van Heerden, Blaq Pearl Skrywersonderhoude 2016-09-08

Blaq Pearl se selfgepubliseerde digbundel Karadaaa!!! is in Afrikaaps en Engels geskryf. Sy tree vanjaar by die Open Book Festival in Kaapstad op. Menán van Heerden het meer gaan uitvind oor haar jongste projek.

Ons slawe-erfenis: 'n Foto-toer

Menán van Heerden 2013-12-19 'n Erfenissimposium is op 5 Desember 2013 deur die Afrikaanse Taalmuseum en –monument in samewerking met die Paarl Museum aangebied. Menán van Heerden het dié simposium bygewoon. Hier is haar indrukke en foto's.

ATKV-Rieldansfinaal 2013

Menán van Heerden Menings 2013-12-09

Die agste ATKV-Rieldansfinaal het op 7 Desember 2013 plaasgevind. Gaskunstenaar David Kramer het die gehoor op hulle voete gehad. Die seremoniemeester was Lynette Francis. Menán van Heerden het haar foto's en video met LitNet gedeel.

Top