“Geskryf in ons eie taal”

  • 0

Janine van Rooy-Overmeyer (Blaq Pearl) tree plaaslik en internasionaal op as sanger, en gesproke-woord-kunstenaar en het in die teaterproduksies Afrikaaps en ’n Plekkie in die son ... Mitchells Plain se mense opgetree. Haar eerste album is getiteld Against all odds en het in 2011 verskyn.

Blaq Pearl tree ook vanjaar by die Open Book Festival in Kaapstad op. Haar selfgepubliseerde digbundel Karadaaa!!! het in September 2015 verskyn. Die bundel is in Afrikaaps en Engels geskryf. Menán van Heerden het meer gaan uitvind oor haar jongste projek.

Blaq-Pearl-in-Sweden-2012

Vertel kortliks oor jou agtergrond as kunstenaar, skrywer en sosiale aktivis. Wat wil jy vir die lesers van jou bundel oor jouself vertel?

Vanaf my laerskooljare is ek baie passionate oor skryf en lees. By die ouderdom van omtrent 12 jaar oud glo ek ek het myself “gevind”. My verstand was baie mature en ek het oor dinge in die lewe gedink en bevraagteken en die goed wat nie sin gemaak het nie en negatief was in my gemeenskap wou ek iets oor doen. Omdat ek nie altyd gevoel het ek kon met mense praat oor hierdie dinge nie, het ek dit maar neergeskryf en dit het my goed lat voel. Selfs verlig. En die fun en uitdagende deel van dit wat ek baie geniet, is om te skryf in ’n gedig- of lirieke-styl. So dit was die begin.

KaradaaaHoe lank skryf jy al, hoe dra jou agtergrond by tot jou skryfwerk, en waarom het jy nou besluit om te publiseer?

Ek skryf nog steeds oor verskeie issues en my ondervindings, gedagtes en gevoelens. So later in my lewe kon ek terugkyk en besef dat ek so baie notas en skrywery het. Omdat ek ook reeds perform by allerhande amazing events, is daar sekere gedigte en liede van my wat mense al bekend is mee. So ek besluit toe om van my gedigte, stories en songs bymekaar te sit en in ’n boek te present. Iets wat deel is van my en wat mense nou kan koop en saam hulle huis toe kan neem, veral na my optredes. Ek het nou sover ’n CD en ’n boek uit, en het dit independently en self gepublish.

Wat is die betekenis van “Karadaaa” – waar kom dit vandaan? Is dit 'n woord uit 'n spesifieke taal, en wat is die betekenis daarvan vir jou?

“Karadaaa” is ’n Kaapse Afrikaans woord. Dit beteken “Kyk da!” Die expression daarvan is met enthusiasm en verwysing. Toe ek jonk was het ek altyd die oumense hoor dit se. In 2010 deur my deelname as ’n artist in Afrikaaps het ons geresearch en gevind dat daar is so n ryke geskiedenis van die ontstaan van hierdie tipe Afrikaans wat ons praat. Ek het baie geleer en was inspired om meer te doen oor die inligting wat ek kom leer het, om dit wel verder aan andere te leer en een van die maniere hoe ek dit doen is deur my kuns. My poetry en musiek. Die woord “karadaaa” het ek toe gebruik in ’n scene in Afrikaaps en deur my proses van my boek het die woord weer by my opgekom en het goed gevoel om dit die titel van my boek te maak.

Hoe het selfpublikasie jou bemagtig as skrywer? Waarom die keuse vir selfpublikasie?

Ek beplan al lank om my bundel te release. Ek het selfs al met sekere publishers ontmoet, maar niks het daarvan gekom nie. Deur my research het ek ook begin voel asof dit so moeilik is om ooit my boek gepublish te kry en ek het toe met ander projekte besig geword. Natuurlik nou besef ek, die moeilikheid daarvan was maar ook net in my kop, want alles is moontlik en dit het net vertroue in myself in this regard gevat om dit te laat gebeur. So jare het verby gegaan en na die geboorte van my meisiekind in 2014 toe kom die projek weer wakker in my. Dit was ’n baie significant tyd/jaar in my lewe met vele life-changing events. Dit was altans net die regte tyd of my boek se eie tyd.

Watter temas raak jy aan in jou bundel? Hoe identifiseer jy daarmee, en hoe kan lesers daarmee identifiseer?

Die temas in my bundel gaan oor my eie ondervindings, gebaseer op verskeie goed soos pyn, liefde, death, music, ens. Dit behels ook my idees en opinies. Alledaagse-lewe issues. Dus baie diverse en honest. So my lesers kan definitely relate, want in context as ’n mens en dan ’n Suid-Afrikaner, is daar issues wat ons almal deel en dus te vinde in my boek.

Blaq-Pearl.-Photo-by-Fuad-Rahman.1

Is die bundel in Kaaps of Standaardafrikaans, Engels, of in al twee (of al drie)?

Die bundel is in Afrikaaps en Engels. Dis hoe ek myself express.

Vertel my dan van jou keuse om in twee tale te publiseer. Byvoorbeeld, is dit om jou gehoor te verbreed; of identifiseer jy met al twee tale ewe veel as 'n middel van uitdrukking?

Dis my middel van uitdrukking, en dan natuurlik verbreed dit my gehoor, want mense wat Engels en Afrikaaps praat en verstaan kan dit lees en geniet. Verder is dit my posisie om deel te wees van instilling pride in veral diegene wat Afrikaaps praat. So nou het hulle ook access to my boek geskryf in ons eie taal, as die alternative.

Jy is 'n ervare “performance poet” / “spoken word”-kunstenaar wat byvoorbeeld al by InZync Poetry Sessions by AmaZink in Kayamandi, Stellenbosch opgetree het, asook in die reeds genoemde bekroonde teaterproduksie Afrikaaps. Wat is die verskil en waarde van die geskrewe woord in vergelyking met gesproke-woord-poësie (en omgekeerd)?

Die verskil van my performance poetry en my boek is natuurlik dat mense my kan sien perform en nou verder my oorspronklike werk, poetry en music en stories, gepackage het in ’n boekvorm en dit saam met hulle huis toe kan neem en enige tyd kan lees en verder met ander deel. So ek glo ook as ’n creative being en artist is dit belangrik om te groei en explore verskillende maniere om jou werk te versprei en beskikbaar te maak aan mense.

Waar en hoe kan lesers jou bundel koop?

My boek is beskikbaar by my deur e-pos en my social media asook by al my optredes. Mense kan my kontak by blaqpearl1@gmail.com. Dis ook in selected stores soos die Tommy’s Bookshop in Plumstead, currently by die Book Lounge in Kaapstad gedurende die Open Book Festival, asook by Adams Booksellers in Kaapstad en Durban. Jippiee!!

Untitled-4

Wanneer en wat is jou bydraes tot die 2016 Open Book Festival? Waar kan lesers vir jou by die Festival kom luister?

Gedurende die Open Book Festival is ek in die kapasiteit as ’n artist, skrywer en poet. Ek neem deel aan die volgende events:

The Politics of Mother-Tongue:
11 September
10.00–11.00
Hakkiesdraad Hartman, Blaq Pearl, Jolyn Philips en Shirmoney Rhode discuss when they speak what. Voorsitter: Mbongeni Nomkonwana.

Adeiye Tjon:
11 September
16.00–17.00
Join Adeiye Tjon for an unplugged session. Hosted by Blaq Pearl.

 

Lees ook in die LitNet-argief: Holland word Kaaps!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top