Menán van Heerden

Menán van Heerden is sedert 2010 by LitNet betrokke. Sy het in Desember 2016 haar MA in sosiale antropologie cum laude aan die Universiteit Stellenbosch behaal en het ook ’n eenjaarsertifikaatkursus in grafiese en webontwerp by CTU (Computer Training Unlimited), Stellenbosch-kampus, voltooi.

Menán se verhandeling, “Afrikaaps: A celebratory protest to the racialised hegemony of ‘pure’ Afrikaans”, fokus op die teaterproduksie AfrikaapsAfrikaaps se mees onlangse opvoering was by die 2015-Suidoosterfees by Kunstekaap, Kaapstad. Hierdie multimediaproduksie word in Kaaps opgevoer en dit is hoofsaaklik hip-hop-kunstenaars van die Kaapse Vlakte wat daarin optree. Die groep Afrikaaps fokus op die miskenning en stigmatisering van Kaaps binne die konteks van die hegemonie van sogenaamde suiwer Afrikaans en weerstaan die algemene persepsie dat Afrikaans ’n sogenaamde wit taal van onderdrukking is.

Tydens haar MA-studie het sy vir haar veldwerk Amsterdam besoek. Sy het ook ’n ses-maand- akademiese uitruil by Radboud Universiteit Nijmegen (Nederland) voltooi. Nog ’n hoogtepunt was ’n studiereis na Moembai, Indië as ’n komponent van ’n Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir Studenteleierskapsontwikkeling-kursus.

Sy het in 2017 ’n internskap as navorser by South African History Online voltooi en deeltyds as inhoudsbestuurder by LitNet en LitNet Akademies gewerk.

Menán sluit in 2018 as voltydse inhoudsbestuurder by LitNet, LitNet Akademies en Voertaal aan. Voertaal (www.voertaal.nu) is LitNet se susterwebtuiste.

Sy is tans senior inhoudsbestuurder by LitNet en LitNet Akademies, en ook die redakteur van Voertaal.

Sy voer ook radio-onderhoude met mense wat passievol is oor Afrikaans op LitNet se maandelikse insetsel op Radio 786 as deel van die Afrikaanse Taalraad se maandelikse Barakat-program.

Benewens haar liefde vir lekker gesels is sy mal daaroor om foto’s te neem en te reis, asook stories oor Suid-Afrika en haar mense, erfenis en geskiedenis te lees en daarna te luister.

Sy het tot Maart 2020 vanaf LitNet se Kaapstad-kantoor gewerk.

LitNet Akademies Weerdink: Verkiesing 2019

Menán van Heerden, Chris Nelson Onderhoude 2019-01-25

Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met die brandende kwessies van 2019. Die tweede onderhoud in hierdie reeks hou verband met die 2019-verkiesing. Menán van Heerden gesels met Chris Nelson oor die stand van ons demokrasie.

Intercontinental entanglements: slavery, Dutch colonialism and post-colonial identifications

Menán van Heerden Menings 2018-12-20

"The questions that need to be asked, are: 'whose history is under discussion here?' and who is the 'us' 'who call themselves the Dutch'?"

Fotoblad: Die Afrikaans van die Kaapse Moslems-bekendstelling

Menán van Heerden Menings 2018-12-19

Op Saterdag 15 Desember 2018 het die bekendstelling van die Afrikaanse verwerking van Achmat Davids se boek, The Afrikaans of the Cape Muslims by die Historium Trust funksie- en konferensiesentrum in Paarl plaasgevind. Die boekbekendstelling is deur Die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA), tesame met die Afrikaanse Taalmuseum se slawedagviering, aangebied. Menán van Heerden het foto’s geneem.

Die Afrikaanse Taalraad en medewerkers kuier by SASNEV

Menán van Heerden Menings 2018-12-13

Op Vrydag 7 Desember was die Afrikaanse Taalraad (ATR) en hul 2018-medewerkers by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) byeen tydens ’n gesellige dankiesê-geleentheid. Menán van Heerden het foto's geneem.

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN): ’n onderhoud met Wyno Simes

Menán van Heerden, Wyno Simes Onderhoude 2018-12-13

Wyno Simes is onlangs as die nuwe kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangewys. Menán van Heerden het met Wyno gesels om meer oor die geskiedenis, literêre erfenis, dienste en oogmerke van NALN uit te vind.

LitNet Akademies Weerdink: ’n Globale perspektief op groepregte en diversiteit

Menán van Heerden, Elirea Bornman Onderhoude 2018-12-11

Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met die brandende kwessies van 2018/2019. Die eerste onderhoud in hierdie reeks hou verband met migrasie en populisme; groepregte; en globalisering en mobiliteit. Menán van Heerden gesels met Elirea Bornman.

Die vrystelling van slawe: 1 Desember 1834

Menán van Heerden Menings 2018-12-01

Slawerny is op 1 Desember 1834 amptelik in die Kaapkolonie afgeskaf, maar slawe moes daarna vir vier as vakmanne vir hul eienaars werk. Slawe is dus ten volle bevry op 1 Desember 1838. Hier is ’n keuse uit LitNet-materiaal oor die rol en invloed van slawe en hul afstammelinge.

Jakes Gerwel-herdenkingsviering: Die rol en verantwoordelikheid van die intellektueel

Menán van Heerden Menings 2018-11-12

Op Saterdag 10 November het die Jakes Gerwel-herdenkingsviering in Greatmore-straat 66, Kaapstad plaasgevind. Paneelbesprekings, voordragte en opvoerings het van die oggend tot die aand in ’n feestelike atmosfeer plaasgevind. Menán van Heerden gee ’n oorsig van een van die diskoersgesprekke, “Die rol en verantwoordelikheid van die intellektueel” (met Hein Willemse, Mercy Kannemeyer en Imraan Coovadia). Die fasiliteerder van hierdie paneelbespreking was Heindrich Wyngaard.

"Cheers (vir eers)": Jolyn Phillips sê koebaai vir Kaapstad

Menán van Heerden Boeke en skrywers 2018-11-06

Op Vrydag 2 November het digters, kunstenaars, lesers en vriende by The Book Lounge in Kaapstad byeengekom om die bekroonde skrywer Jolyn Phillips te groet. Die gesellige afskeid het voorlesings en optredes deur onder andere Antjie Krog, Diana Ferrus, Churchil Naudé en Riku Lätti ingesluit.

Van Afrikaans gepraat: ’n onderhoud met Hans du Plessis

Menán van Heerden, Hans du Plessis Onderhoude 2018-10-23

"Dit is hierdie herwaardering van die bydraes wat sowel die Khoi as die slawe gelewer het in die ontwikkeling van Afrikaans, wat die wese vorm van Van Afrikaans gepraat (Christo van Rensburg, LAPA Uitgewers; Engelse weergawe: Finding Afrikaans)." Menán van Heerden het met Hans du Plessis oor die boek gesels, asook oor wyle Christo van Rensburg se waardevolle bydrae tot navorsing oor Afrikaans.

Suid-Afrikaanse erfenis in Nederland: fotogalery 2

Menán van Heerden NeerlandiNet 2018-09-21

"Op Maandag 24 September is die jaarlikse Erfenisdag in Suid-Afrika gevier. Menán van Heerden was tydens haar Augustus-besoek in Nederland op die spoor van Suid-Afrikaanse erfenis in die Transvaalbuurt in Amsterdam."

Suid-Afrikaanse erfenis in Nederland: fotogalery 1

Menán van Heerden NeerlandiNet 2018-09-21

"Op Maandag 24 September is die jaarlikse Erfenisdag in Suid-Afrika gevier. Menán van Heerden was tydens haar Augustus-besoek in Nederland op die spoor van Suid-Afrikaanse erfenis."

Kreolisering, die Afrikaanse letterkunde en kultuur: ’n onderhoud

Menán van Heerden, Hein Viljoen Onderhoude 2018-07-17

"Ek probeer, seker ’n bietjie uitdagend, die krag van kreolisering en verbastering in die Afrikaanse letterkunde verken, maar ook vier. Ek ondersoek dus doelbewus die vermenging met ander tale en kulture wat soms as 'onsuiwer' of as 'verbastering' beskou word en ook hoe sienings van 'suiwerheid' en 'onsuiwerheid' deur die jare verander het. Ek probeer dit verstaan binne groter netwerke van kulture en tekste."

Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Rina Loader van die Universiteit Wenen, Oostenryk

Menán van Heerden, Naomi Meyer, Rina Loader Onderhoude 2018-07-04

Hoe is dit gesteld met Afrikaans in die buiteland? Waar word die taal en sy letterkunde by universiteite as vak aangebied? Naomi Meyer en Menán van Heerden gesels met Rina Loader van die Universiteit Wenen, Oostenryk.

Mens-masjien-verhoudinge en Afrikaanse poësie: ’n onderhoud

Menán van Heerden, Tanja Botha Onderhoude 2018-06-27

"Soos wat tegnologiese ontwikkelinge ’n uitwerking op mense se alledaagse lewens het, kan digters ook nie hulself heeltemal losmaak van dié invloede nie. Digters dig oor tegnologie en die invloede daarvan op die samelewing, maar dig ook in die 'taal' van tegnologie."

Top