#opdielug met Teneal Apollis

  • 0

Kom luister saam! 

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. 

Die sewende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Teneal Apollis, ’n MA-student aan die Universiteit van die Wes-Kaap.

Ons gesels met Teneal oor haar navorsing oor Afrikaanse digters, haar studie-uitruil in Nederland, Overbergse Afrikaans en haar gunsteling- Afrikaanse herinneringe.

Van links: Menán van Heerden, Romario Fabiano Cloete, Teneal Apollis en Robyn van de Rhede

Luister hier:

Luister na die ander insetsels:

Luister na ons eerste gas, Universiteit Kaapstad-student Riyaadh Lawrence. Ons gesels met Riyaadh oor sy LitNet-gedig “Van Diep Rivie’ na Mennenberg”; sy passie en liefde vir Afrikaaps; en die taal as lewenskragtige skryftaal:

LitNet is #opdielug!

Ons tweede gas is bekroonde teater-praktisyn en toegepaste teater-fasiliteerder Chenal Kock. Chenal vertel onder andere meer oor haar Afrikaaps teater-produksie, Mama (regisseur: Jeremeo Le Cordeur), haar werk met leerders van verskillende gemeenskappe dmv toegepaste teater en haar kunstenaarsverblyf in Liverpool, Engeland, as Kunstekaap-verteenwoordiger:

#opdielug met Chenal Kock

Ons derde gas is bekroonde teater-praktisyn Jeremeo Le Cordeur. Jeremeo vertel onder andere meer oor sy Suidoosterfees-toekenning (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief, oftewel NATi se Rising Star-toekenning); sy toneelstukke Jerry, an unconventional hero en Dude, wa’s my bakkie?; sy kunstenaarsverblyf in Liverpool, Engeland as Kunstekaap-verteenwoordiger; sy deelname aan die Baxter-teater se musiek-meesterklasse aangebied deur David Kramer; asook sy toneelstukfotografie en webtuiste, Vulture Productions

#opdielug met Jeremeo Le Cordeur

Ons vierde gas is bekroonde teater-praktisyn en voormalige Die Burger-joernalis, Herschelle Benjamin. Herschelle vertel meer oor sy dramas, In Slavenhuis 39 en Korreltjie kop klong is my dood, asook ’n teater-somerskool by die Universiteit van Edinburgh, waar hy ’n tutor was:

#opdielug met Herschelle Benjamin

Ons vyfde gas is Romario Fabiano Cloete, ’n honneursstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Romario gesels oor Namakwalandse Afrikaans. Lees ook Romario se LitNet-artikel: Van plat tot volrond en rondborstig in my taal”:

#opdielug met Romario Fabiano Cloete

Ons sesde gas is Mercy Kannemeyer. Mercy gesels oor haar gunsteling Afrikaanse woord, haar nuutste projekte en die toekoms van Afrikaans. 

#opdielug met Mercy Kannemeyer

Ons agtste gas is Tasneem Daniels (dramaturg en onderwyser). Tasneem skryf in Maleis-Afrikaaps en wil die Kaap inspireer om “tramakassie” (Maleis vir “dankie”) weer terug te bring.

Ons gesels met Tasneem oor haar dramaproduksie Miela’s box. (Let asseblief daarop dat hierdie onderhoud voor die grendeltyd opgeneem is.)

Hierdie Suidoosterfees-toneelstuk is onlangs op Radio 786 as radiodrama uitgesaai as deel van die Kunstekaap se 2020-New Voices-program, in samewerking met die Suidoosterfees, die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Jakes Gerwel-stigting.

#opdielug met Tasneem Daniels

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top