Riyaadh Lawrence

Riyaadh studeer Maatskaplike Ontwikkeling, Linguistiek en Afrikaans aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is van die Kaapse Vlakte en sy ervarings daar kom baie in sy gedigte voor. Om openlik oor die waarheid te skryf, glo hy, sal ons miskien nie heeltemal genees nie maar dit bring daai bietjie peace

Hy is versot op Afrikaaps en die meeste van sy werk is produkte daarvan. Hy wil graag die stigma van Afrikaaps met sy kuns teëwerk en trots vir hul taal terugsit in bruinmense se harte.  "Die teks is ʼn liggaam en die liggaam is ʼn teks."

VroegGham

Riyaadh Lawrence Poësie 2019-07-24

"lat hierie dae veilig wôd:
kanala maak net als reg wat vikeed is"

Lossie love stories

Riyaadh Lawrence Poësie 2019-07-17

"hoekô sal jy ’n romentic relationship inne warzone wil hê?
Daa’sie tyd om nog te staan en vry nie,
jy moet lieweste dai meisie help duck."

LitNet is #opdielug!

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Riyaadh Lawrence Onderhoude 2019-06-12

LitNet is #opdielug! Kom luister saam: Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Net op Radio 786. Eerste aan die woord: Universiteit Kaapstad-student Riyaadh Lawrence.

Van Diep Rivie’ na Mennenberg

Riyaadh Lawrence Poësie 2019-04-17

"My broes en sustes was in Mennenberg gegooi,
uit Diep Rivieʼ."

Top