Die jaa wôd ryp in bulletdoppies,
In leë tikpakkies, en unfunded highs
wat daglank van SASSA-dependent mammies
abuse wôd; die kin virrie neënde kee’ neglect,
en dan ruil hy die pen virrie gun; ennie eeste kop val
sy nuwe identity, American, volgens hy is nou skollie-seun
wattie patte vannie flêtse
met elke skoot banger maak.
Ja Allah, lat hierie dae veilig wôd:
kanala maak net als reg wat vikeed is en soese norm lyk
of accepted was assie culture vannie bruin;
lattie bullets opwôd, Allah, lat hulle hulself uitskiet, of
ammel in Polsmoor vrot, tot allie degrees, suksesse
en ware culture uitie oeg vanne stêk victim vannie flêtse skyn.


