Van Diep Rivie’ na Mennenberg

  • 3

ˮEk het in Diep Rivie’ grootgewod my kinʼ,
daai plek wat nou wit skoongespoel is.
Djy sallie wil gloe
dat daaʼ vlekke op daai heidige laken wassie.
Oʼs wassie gesien as mens innie oeg vannie law nie.
Op boxing-day oppad sie toe,
het oʼs agte innie trein gesit.
En kon net by Kalkbaaihawe swem.
Maaʼ oʼs was heppy my kinʼ.
Ek het toe met djou oupa getrou en weggetrek.
My broes en sustes was in Mennenberg gegooi,
uit Diep Rivieʼ.

Daai hotnot se sakke het os met klippe gestop
en innie diepte vesuip.
Nou niks Diep Rivieʼ
net memories.ˮ

  • 3

Kommentaar

  • Riyaadh --- Van Diep Rivie.... is pynlik verwoord.
    Die woordspeling is so goed, en spreek boekdele.
    Hartroerend.
    Vergifnis is lig.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top