Lossie love stories

  • 2

Vra vi hulle Nathan,
hoekô sal jy ’n romentic relationship inne warzone wil hê?
Daa’sie tyd om nog te staan en vry nie,
jy moet lieweste dai meisie help duck.
Jy kannie nog ’n berk hie hettie
wan jy moet worry whether jy ’n kin sal kry
voo jou matric certificate.
Het julle nie by Diekie en Ice gelee nie?
Om amongst ôs in love te fall is dangerous.
Môre-oo-môre trou julle
maa ôs mekee meere mense met degrees
as broken families
wat inne endless cycle op end.
Soe los maa dié af
wan Diekie en Ice
Romeo en Juliet
Antony en Cleopatra
is ammel proof it gattie wêkie.
Maa as julle ’n love story wil skryf
be my guest,
promise net julle gaan die drugs, meisie-ma’s en gangsters include.

Lees ook

Van Diep Rivie’ na Mennenberg

 

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Helize van Vuuren

    Lieflik, Riyaadh! - lekker gelag nou (al is daar eintlik nie veel om oor te lag daar nie).
    As jy só skryf, word jy die volgende groot digter, die opvolger van die satirikus Adam Small - die lag met die traan...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top