#opdielug met Chenal Kock

  • 0

Kom luister saam! 

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. 

Afrikaans en Afrikaaps leef en beef op teaterverhoë, in die woordkuns van rymkletsers en digters, tydens vurige debatte by feeste ... en die lys hou nie op nie!

Die tweede gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786 is bekroonde teater-praktisyn en toegepaste teater-fasiliteerder Chenal Kock.

By die Radio 786-ateljee in Athlone, Kaapstad. Van links: Robyn van de Rhede, Zainab Bean (programbestuurder by Radio 786), Chenal Kock, Menán van Heerden en Jeremeo le Cordeur (Jeremeo is volgende aan die beurt, skakel in op 4 Augustus).

……………

Chenal het meer vertel oor:

◊ Haar Afrikaaps teater-produksie, Mama (regisseur: Jeremeo le Cordeur)

◊ Haar gunsteling Afrikaaps-uitdrukking

Haar 2017 Kanna-toekenning vir beste kinderteater-produksie

◊ Haar werk met leerders van verskillende gemeenskappe dmv toegepaste teater

◊ Haar kunstenaarsverblyf in Liverpool, Engeland, as Kunstekaap-verteenwoordiger

◊ Haar teater-studies en werksmoontlikhede in die Afrikaapse teaterwêreld

◊ Watter stories vertel moet word op die verhoog.

Luister hier:

……………

*Skakel in op Sondag 4 Augustus, waar ons gesels met bekroonde teater-praktisyn en fotograaf Jeremeo le Cordeur.*

……………

Waar en wanneer skakel ek in?

⇒ Die Lekker LitNet: #litnetisnetlit-insetsel word die eerste Sondag van elke maand uitgesaai tydens die maandelikse program Barakat, aangebied deur die Afrikaanse Taalraad (met Fatima Allie agter die mikrofoon).

⇒ Skakel in op die eerste Sondag van elke maand, 17h00–18h00 (Radio 786 – 100.4fm).

⇒ Luister hier na die lewende-stroom-skakel van Radio 786

……………

*Luister ook na die maandelikse #litkitsfeit oor Afrikaans aan die einde van elke onderhoud*

Leer meer oor Afrikaans en Afrikaaps: aan die einde van elke insetsel gesels ons oor ’n #litkitsfeit oor Afrikaans.

Het jy geweet dat die wortel van die Afrikaanse woord “baie” die Maleise woord “banyak” is en dat “piesang” ’n Indonisiese woord is?

Dat Afrikaanse woorde soos “kombuis” (’n skeepswoord vir ’n kombuis (Nederlands: keuken)), “lekker”, “biltong” en “atjar” opgeteken is in ’n 19de-eeuse Kaaps-Hollandse woordeboek deur ’n Nederlander?

……………

Lees ook:

Mama at the Artscape: an interview

Many stories to tell: an interview with Kanna award-winning playwright

Luister na die ander insetsels:

Luister na ons eerste gas, Universiteit Kaapstad-student Riyaadh Lawrence. Ons gesels met Riyaadh oor sy LitNet-gedig “Van Diep Rivie’ na Mennenberg”; sy passie en liefde vir Afrikaaps; en die taal as lewenskragtige skryftaal:

LitNet is #opdielug!

Ons derde gas is bekroonde teater-praktisyn Jeremeo Le Cordeur. Jeremeo vertel onder andere meer oor sy Suidoosterfees-toekenning (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief, oftewel NATi se Rising Star-toekenning); sy toneelstukke Jerry, an unconventional hero en Dude, wa’s my bakkie?; sy kunstenaarsverblyf in Liverpool, Engeland as Kunstekaap-verteenwoordiger; sy deelname aan die Baxter-teater se musiek-meesterklasse aangebied deur David Kramer; asook sy toneelstukfotografie en webtuiste, Vulture Productions.

#opdielug met Jeremeo Le Cordeur

Ons vierde gas is bekroonde teater-praktisyn en voormalige Die Burger-joernalis, Herschelle Benjamin. Herschelle vertel meer oor sy dramas, In Slavenhuis 39 en Korreltjie kop klong is my dood, asook ’n teater-somerskool by die Universiteit van Edinburgh, waar hy ’n tutor was.

#opdielug met Herschelle Benjamin

Ons vyfde gas is Romario Fabiano Cloete, ’n honneursstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Romario gesels oor Namakwalandse Afrikaans. Lees ook Romario se LitNet-artikel: Van plat tot volrond en rondborstig in my taal”.

#opdielug met Romario Fabiano Cloete

Ons sesde gas is Mercy Kannemeyer. Mercy gesels oor haar gunsteling Afrikaanse woord, haar nuutste projekte en die toekoms van Afrikaans.

#opdielug met Mercy Kannemeyer

Ons sewende gas is Teneal Apollis, ’n MA-student aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Ons gesels met Teneal oor haar navorsing oor Afrikaanse digters, haar studie-uitruil in Nederland, Overbergse Afrikaans en haar gunsteling- Afrikaanse herinneringe.

#opdielug met Teneal Apollis

Ons agtste gas is Tasneem Daniels (dramaturg en onderwyser). Tasneem skryf in Maleis-Afrikaaps en wil die Kaap inspireer om “tramakassie” (Maleis vir “dankie”) weer terug te bring.

Ons gesels met Tasneem oor haar dramaproduksie Miela’s box. (Let asseblief daarop dat hierdie onderhoud voor die grendeltyd opgeneem is.)

Hierdie Suidoosterfees-toneelstuk is onlangs op Radio 786 as radiodrama uitgesaai as deel van die Kunstekaap se 2020-New Voices-program, in samewerking met die Suidoosterfees, die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Jakes Gerwel-stigting.

#opdielug met Tasneem Daniels

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top