#opdielug met Romario Fabiano Cloete

  • 0

Kom luister saam! 

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. 

Die vyfde gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786 is Romario Fabiano Cloete, ’n honneursstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Romario het oor Namakwalandse Afrikaans gesels. 

Luister hier:

*Luister ook na die maandelikse #litkitsfeit oor Afrikaans aan die einde van elke onderhoud*

Van links: Menán van Heerden, Romario Fabiano Cloete, Teneal Apollis (Teneal is volgende aan die beurt, skakel in op 1 Desember) en Robyn van de Rhede

Meer oor die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786:

Waar en wanneer skakel ek in?

⇒ Die Lekker LitNet: #litnetisnetlit-insetsel word die eerste Sondag van elke maand uitgesaai tydens die maandelikse program Barakat, aangebied deur die Afrikaanse Taalraad (met Fatima Allie agter die mikrofoon).

⇒ Skakel in op die eerste Sondag van elke maand, 17h00–18h00 (Radio 786 – 100.4fm).

⇒ Luister hier na die lewende-stroom-skakel van Radio 786

……………

Luister na ons eerste gas, Universiteit Kaapstad-student Riyaadh Lawrence. Ons het met Riyaadh gesels oor sy LitNet-gedig “Van Diep Rivie’ na Mennenberg”; sy passie en liefde vir Afrikaaps; en die taal as lewenskragtige skryftaal:

LitNet is #opdielug!

Ons tweede gas was bekroonde teater-praktisyn en toegepaste teater-fasiliteerder Chenal Kock. Chenal het onder andere meer vertel oor haar Afrikaaps teater-produksie, Mama (regisseur: Jeremeo Le Cordeur), haar werk met leerders van verskillende gemeenskappe dmv toegepaste teater en haar kunstenaarsverblyf in Liverpool, Engeland, as Kunstekaap-verteenwoordiger:

#opdielug met Chenal Kock

Ons derde gas was bekroonde teater-praktisyn Jeremeo Le Cordeur. Jeremeo het onder andere meer vertel oor sy Suidoosterfees-toekenning (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief, oftewel NATi se Rising Star-toekenning); sy toneelstukke Jerry, an unconventional hero en Dude, wa’s my bakkie?; sy kunstenaarsverblyf in Liverpool, Engeland as Kunstekaap-verteenwoordiger; sy deelname aan die Baxter-teater se musiek-meesterklasse aangebied deur David Kramer; asook sy toneelstukfotografie en webtuiste, Vulture Productions

#opdielug met Jeremeo Le Cordeur

Ons vierde gas was bekroonde teater-praktisyn en voormalige Die Burger-joernalis, Herschelle Benjamin. Herschelle het meer vertel oor sy dramas, In Slavenhuis 39 en Korreltjie kop klong is my dood, asook ’n teater-somerskool by die Universiteit van Edinburgh, waar hy ’n tutor was.

#opdielug met Herschelle Benjamin

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top