Herschelle Benjamin

Herschelle Benjamin is ’n dramaturg, kunsjoernalis, rubriekskrywer, akteur, regisseur, digter, publisiteitspesialis en digitale bemarker. In 2018 is hy deel van die Kunstekaap se Nuwe Stemme-program, wen die Elizabeth MacLennan- internasionale beurs vir teater van die Universiteit van Edinburg asook ’n Teksmark-skrywersbeurs en voltooi ’n kunsjoernalistiek-internskap by Die Burger. In 2019 debuteer hy met sy teks In Slavenhuis 39 by die Toyota US Woordfees, waar dit met die prys vir beste opkomende kunstenaar(s) bekroon is en ’n kykNET Fiësta-nominasie vir beste nuutgeskepte Afrikaanse teks inpalm. Sy eerste opdragradiodrama vir die ATKV-Tienertoneelkompetisie, Drosters, speel in 2019 op RSG. Hy was gekies vir die Jakes Gerwel se skrywersresidensie vir jong dramaturge te Somerset-Oos onder mentorskap van Amy Jephta. Sy ander dramatekste tot dusver sluit in Dooie dromeAas poetica, Korreltjie kop klong is my dood, Die al kind en Agulhasvlakte. Vir Die al kind wen hy beste teks by die Suidoosterfees in 2021. As digter publiseer hy tydens sy studentejare in die jaarlikse universiteitsdigbundel, Penseel. Sy debuutdrama, In Slavenhuis 39, is in 2021 deur Protea Boekhuis uitgegee en het die South African Literary Award (SALA) vir beste debuutskrywer ingepalm. Hy werk bedags as publisiteitspesialis by die kykNET-kanale. 

 

 

Ek wens sy was my dosent ook gewees – dankie vir als, Anastasia

Herschelle Benjamin In memoriam 2024-09-10

"Anastasia het my laat voel my idees en hoe my plattelandse Afrikaans klink en lees, is genoeg. Ongeag of dit gewild is vir keurders en die literati."

LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: ’n onderhoud met Herschelle Benjamin

Menán van Heerden, Fatima Allie, Robyn van de Rhede, Herschelle Benjamin, René Arendse Onderhoude 2024-09-04

In hierdie maandelikse LitNet-insetsel op Radio 786 gesels Robyn van de Rhede en Menán van Heerden met Herschelle Benjamin (publisiteit-spesialis: kykNET-kanale).

Suidoosterfees 2024: ’n Onderhoud met Reginald Hufkie en Herschelle Benjamin oor Op die kruin van Shôdeville

Liné Loff, Reginald Hufkie, Herschelle Benjamin Suidoosterfees 2024-04-18

Herschelle Benjamin: "Kan mens familie of bloedlyne sny of laat gaan as dit jou nie meer ondersteun in jou aspirasies of lewe nie? Ek het nie ’n antwoord nie. Ek dink vir elkeen sal dit anders wees om dit binne hulself te ondersoek."

Pienk Ceramic-hondjies deur Ryan Pedro: Poësie oppie man af, broos en grensverskuiwend

Herschelle Benjamin Resensies 2021-06-30

"Pienk ceramic-hondjies is ’n meesterlike debuutbundel van ’n opwindende jong digter wat onbeskaamd sy eie plek in Afrikaanse letterkunde inneem."

Die kunste in die tyd van COVID-19: Herschelle Benjamin

Herschelle Benjamin Seminare en essays 2020-03-19

"Nogge verklaring. Nogge fees."

Resensie: Klikbek deur Sidney Gilroy

Herschelle Benjamin Resensies 2020-02-25

"Hierdie fiksie sal ek beslis aanbeveel en dit verdien eervolle vermelding as ’n goeie debuut."

Resensie: Innie Shadows deur Olivia Coetzee

Herschelle Benjamin Resensies 2020-02-04

"Ek lees met Innie Shadows ’n skrywer raak wat debuteer nie om te vra vir ’n plek aan die tafel nie, maar liefs aan ’n ander tafel kan sit waarin sy haar mense tot die literatuur verbeeld en skryf wat hul sal herken."

#opdielug met Herschelle Benjamin

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Herschelle Benjamin Onderhoude 2019-10-21

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Die vierde gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786 is bekroonde teater-praktisyn en voormalige Die Burger-joernalis, Herschelle Benjamin.

Bekroonde toneelstuk In Slavenhuis 39 nou by die Kunstekaap te sien

Marli van Eeden, Herschelle Benjamin Onderhoude 2019-09-12

"Dit was ook baie verblywend om die prys vir Beste Opkomende Kunstenaars te wen. En om nou weer by die Kunstekaap te speel is ook ’n hoogtepunt."

NouNet-mening: Somers in Skotland

Herschelle Benjamin NouNet 2019-08-19

"Dit is werklik merkwaardig en spesiaal vir my om as skrywer en jong man weer hierdie tyd van die jaar in Skotland te wees. Edinburg is as UNESCO se eerste stad van Literatuur aangewys en Harry Potter-liefhebbers stroom steeds na die kafees waarin JK Rowling geskryf het."

Herschelle Benjamin vertel wat Jeugdag vir hom beteken

Marli van Eeden, Herschelle Benjamin Onderhoude 2019-06-13

Marli van Eeden gesels met Herschelle Benjamin oor Jeugdag wat jaarliks op 16 Junie gevier word: "Daar is nog voorbeelde van jongmense wat in opstand kom en hul stem laat hoor, maar ook in ander gevalle dit verloor, sodat die wêreld en ons land besef dat jongmense se rol in die samelewing nooit onderskat mag word nie." 

"Dis my ma se taal, my pa se stilwees en hoe hulle daagliks net leef"

Marli van Eeden, Herschelle Benjamin Onderhoude 2018-11-05

“Bowenal als, is my ouers ’n groot inspirasie wat my werk op verskillende maniere aanraak. Dis my ma se taal, my pa se stilwees en hoe hulle daagliks net leef. Dis ’n rykdom wat ek as kind al besef het en dankbaar is dat juis hulle my ouers is.”

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal: ’n resensie

Herschelle Benjamin Resensies 2018-09-20

"Asof geen berge ooit hier gewoon het nie is vol hoop, bepeinsing en die voortdurende digter-in-stryd wat homself nooit losruk van sy land, mense en die toekoms nie. Dis veral gepas noudat die digbundel sy hoop nie net vir lesers in isolasie bied nie, maar vir lesers in gesprek met mekaar."

Om te skryf: Veral in Afrikaans! Veral in Afrikaans!

Herschelle Benjamin Resensies 2017-06-29

"Die boek dek verskeie areas van skryf oor jouself, tot skryf oor die wêreld – kuns, media, om te definieer, om te oorreed en om te vertel. Met aspekte oor taal, kultuur en ervarings wat gedek word, is hierdie boek ook meer as lekker om nét as prosa vir vermaak te lees."

Top