Die tiende kykNET Fiëstas is Sondag 9 Februarie 2020 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad aangebied. Tydens dié glansgeleentheid is die beste werk van die afgelope feesjaar met toekennings vereer.
Die akteur en komediant, Casper de Vries, was die seremoniemeester en is deur Dean John Smith, June van Merch en Success Lekabe as mede-aanbieders bygestaan. Die gaste en kykers was ook met optredes deur Ilse Klink, Germandt Geldenhuys, Amanda Strydom, Emma van Heyn, Nataniël, Nombulelo Yende, Eet kreef! (Laudo Liebenberg, Frank Freeman, Mikhaela Kruger, Schalk van der Merwe en Sheldon Yoko), die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes, die Kaapse Operakoor en die New World-dansteater bederf.
Die wenners wat met ’n kykNET Fiësta-toekenning weggestap het, is:
- Cantona James – Beste opkomende kunstenaar (In Slavenhuis 39 en Jakkals en Wolf Onbeperk)
- Brett Bailey – Beste teater-ontwerp (Samson)
- Jean Theron Louw – Beste prestasie in visuele kuns (My Afrika-wildehonde)
- Devonecia Swartz – Beste vroulike byspeler (Jakkals en Wolf Onbeperk)
- Edwin van der Walt – Beste manlike byspeler (Koningin Lear)
- Sandra Prinsloo – Beste spel in ’n solo-vertoning (Kamphoer: Die verhaal van Susan Nell)
- José Dias – Beste prestasie in klassieke musiek (Hulde aan Nellie du Toit)
- Eet kreef! – Beste musiekgedrewe produksie – podium
- kykNET verjaarsdagkonsert – Beste musiekgedrewe produksie – buitelig
- Innibos – Fees van die jaar
- Antjie Krog – Beste vertaling of verwerking van ’n bestaande (Koningin Lear)
- Christo Davids en Lloyd Davids – Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks (Queenie-hulle)
- Jakkals en Wolf Onbeperk – Beste duo of ensemble
- Brett Bailey – Beste regie (Samson)
- Antoinette Kellermann – Beste aktrise (Koningin Lear)
- Brendon Daniels – Beste akteur (Queenie-hulle)
- Samson – Beste musiekgedrewe produksie – teater
- Queenie-hulle – Beste aanbieding
Die kykNET Fiëstas vereer ook jaarliks verskeie legendes vir hul lewenslange bydrae tot die teater- en vermaaklikheidsbedryf. Die kunstenaars wat vanjaar vereer was, is:
- Elize Cawood: legende vir haar bydrae tot teater, film en televisie
- Virginia Davids: legende vir haar bydrae tot opera en musiek
- Janice Honeyman: legende vir haar bydrae tot die kunste
- Pieter-Dirk Uys: legende vir sy bydrae tot die kunste en Suid-Afrika
Geluk aan die wenners!

Japie Gouws (Foto: Cliffordene Norton)

Deniel en Frazer Barry (Foto: Cliffordene Norton)

Catona James, wenner van die kykNET Fiësta-toekenning vir Beste opkomende kunstenaar (Foto: Cliffordene Norton)

Theltom Masimila en Craig Adriaanse (Foto: Cliffordene Norton)

Herschelle Benjamin (Foto: Cliffordene Norton)

Eldon van der Merwe en Dean Richard Olivier (Foto’s: Cliffordene Norton)
Lees ook
Lees ook ’n onderhoud met die wenner van die beste opkomende kunstenaar-toekenning
Cantona James van In Slavenhuis 39 benoem as beste opkomende kunstenaar by Fiëstas
























