YouTube-onderhoud: ’n besoek aan die Arendsvlei-stel

  • 0

Dit is onlangs bevestig dat Arendsvlei vir ’n tweede seisoen hernu is.

Arendsvlei is ’n Afrikaanse telenovela geskep deur Theltom Masimila. Hy is die skrywer en vervaardiger.

Dit gaan oor ’n semiprivaat hoërskool op die Kaapse Vlakte wat bestuur word deur die Cupido-familie. Dit volg ’n broer en suster, beide onderwysers, wat vasberade is om ’n verskil te maak deur soveel as moontlik leerders in hul gemeenskap toegang tot kwaliteit-onderwys te gee.

Menán van Heerden en Cliffordene Norton het die Arendsvlei-stel by Atlantic Studios in Milnerton (Kaapstad) besoek. Menán het ’n video-onderhoud met Theltom gevoer.

Arendsvlei is Maandae tot Woensdae om 20:00 op kykNET & kie (Kanaal 145) te sien.

  • Video en teks: Cliffordene Norton

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top