TV

Volg saam met LitNet die jongste TV-programme en -nuus.
LitNet keeps you up to date on the latest TV programmes and news.

Elders gesien: Natuurlik wemel en gloei die kykNET Silwerskermfees met absolute oorspronklike en verrassende films

Leon van Nierop Elders gesien 2026-08-21

"Die Silwerskermfees hoef nie ’n tree vir Cannes terug te staan nie. En hy trek nou maar eers in sy tweede dag."

Landmyn by Silwerskermfees 2026: ’n onderhoud met Nico Scheepers

Maryke Roberts, Nico Scheepers kykNET Portaal 2026-08-19

"Landmyn gaan nie oor hoe ons wil wees nie, maar hoe ons is. Mense is komplekse, deurmekaar gedaantes wat net soveel seermaak as wat ons genees. Veral met onsself en met dié wat naaste aan ons moet wees: ons familie."

Persverklaring: Reënboogrant keer terug met meer drama, romantiese dilemmas en splinternuwe moeilikheid

LitNet kykNET Portaal 2026-08-18

Die Brink-familie en hul vriende maak foute, raak verlief, verloor koers en help mekaar om weer te probeer in die tweede seisoen van Reënboogrant wat vanaf Vrydag 28 Augustus om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.

kykNET Silwerskermfees 2026: ’n onderhoud oor Verwerking deur Peter-John Titus

Naomi Meyer, Peter-John Titus kykNET Portaal 2026-08-17

"Ek dink om stories soos hierdie een te maak skyn ’n lig op die dinge wat ons as mense van nature in die donker hou. Die skeppingsproses bring dit in die lig in, waar dit hoort."

Persverklaring: Kortlyste vir Netwerk24 kykNET Rapport Boekpryse bekend

LitNet Boeke en skrywers 2026-08-09

Nuwe toetreders skuur skouers met vorige wenners en benoemdes op die kortlyste vir vanjaar se Netwerk24 kykNET Rapport Boekpryse.

Hen deur Nico Scheepers: ’n filmresensie

Réney Warrington Film 2026-08-05

"Op die ou einde is ek bly ek het Hen gekyk. Dit is soveel meer as ’n gruwelfilm. ’n Donker kunsfilm? Sosiale kommentaar? All of the above? Eintlik moet mens dit ’n tweede slag kyk om al die details raak te sien. Maar so braaf is ek nie."

Persverklaring: Benoemings vir vanjaar se Silwerskermtoekennings vir film en TV bekend

LitNet TV 2026-07-20

Die aap is nou uit die mou met die bekendmaking van die televisiebenoemings in 16 kategorieë vir die Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie, wat vanjaar ’n nuwe kategorie vir beste aanbieder in ’n dokumentêre program insluit.

Teach you a lesson leer vir opvoeders ’n les

Faeed Amardien SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2026-07-14

"Hoe behoort leerders se regte met onderwysers se regte gebalanseer te word?" Faeed Amardien is ’n opvoeder en besin tydens die skoolvakansie oor hierdie TV-reeks.

Beter as gister: ’n TV-resensie

Leon van Nierop TV 2026-07-07

"Die pad na volwaardige vaderskap is moeilik, pynlik, soms snaaks, en dikwels ontroerend. Beter as gister vang al hierdie emosies vas – veral in sy treffende titelsekwensie."

Persverklaring: Program van die kykNET Silwerskermfees 2026 bekend

LitNet kykNET Portaal 2026-06-19

Die 14de kykNET Silwerskermfees, wat van 19 tot 22 Augustus in Kampsbaai, Kaapstad, plaasvind, spog met 'n uiteenlopende aanbod wat die diepte en diversiteit van Afrikaanse rolprentkuns weerspieël.

Sandra Prinsloo terug as die vreesaanjaende bendebaas in Koek, seisoen 2

Maryke Roberts, Sandra Prinsloo kykNET Portaal 2026-06-18

"’n Kostuum help jou. 'n Pruik help jou. Ook as jy na jouself in die spieël kyk en jy sien sjoe, dis nie meer ek daai nie. En dan begin jy voel mmm, ek is nou in ’n ander mens se lyf."

Nuwe krimidrama, Die oord, ontgin sonskyn-noir

Maryke Roberts, Eva du Preez kykNET Portaal 2026-05-12

"’n Vakansiedorp aan die kus. Families wat al vir geslagte by dieselfde karavaanpark uitspan. Kinders wat op die strand speel. Braaivleis onder die bome. Alles is idillies – tot daar ’n lyk op die strand uitspoel."

Suidooster waai stormsterk deur vanjaar se Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2026-03-26

Die gewilde kykNET-sepie Suidooster het vanjaar weer ’n sterk teenwoordigheid by die Suidoosterfees, wat van 29 April tot 3 Mei 2026 in Kaapstad by Kunstekaap en verskeie omliggende venues aangebied word.

Sterre flonker blink op Fiëstas se rooi tapyt: oorsig en foto’s

Maryke Roberts, Clifford Roberts Feeste 2026-03-25

"Die 16de kykNET Fiëstas is Sondagaand by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou. Dit was ’n deftige affêre met vermaak en die Suid-Afrikaanse teaterbedryf se grootste sterre, en altesaam 30 Fiëstas is uitgedeel. Die seremonie is ook regstreeks op YouTube gestroom." Lees ’n oorsig oor die geleentheid en kyk na die foto’s onderaan die skrywe.

Persverklaring: kykNET Fiëstas-toekennings – hier is die benoemdes

LitNet Feeste 2026-02-26

Met ’n nuwe tuiste by Tribuo, maar nog steeds met kykNET as naamborg, is twee dinge duidelik. Eerstens is die kykNET Fiësta-toekennings hier om te bly. Tweedens het die afgelope feesjaar weer bewys dat die werk wat in Suid-Afrika geskep word, tuis op enige wêreldverhoog sal wees.

Press release: Valentine’s Day on Showmax and DStv

LitNet TV 2026-02-11

Let’s be honest: we all approach Valentine’s Day with different expectations, needs and love languages. But whatever your mood this year, there’s a film for that. 

Die Kantoor op kykNET en Showmax: ’n TV-resensie

Leon van Nierop TV 2026-02-06

"Die kantoor is ’n mockumentary of tonguitsteekdokumentêr – vol snydende grappe wat spot met suf kantoorwerkers wat polonie aan Klerksdorp verskaf. Die verlore siele oorleef ten spyte van hul sieldodende, vervelige werk en geobsedeerde bestuurder. ... ’n Aangeleerde smaak."

Die kantoor op kykNET: In gesprek met Mehboob Bawa

Tasneem Daniels, Mehboob Bawa TV 2026-01-21

"Dis local, dis herkenbaar, en die characters is nie copies van die ander weergawes nie. Al moes die writers by die format bly, het hulle dit op ’n beautiful Suid-Afrikaanse manier aangepas. Kykers gaan connect met die characters, die office idiosyncrasies, en die humour. Dis alles daar."

Stromingsbeoordeling: Stranger things versus Pluribus – een van die twee was skouspelagtig, maar leeg

Réney Warrington TV 2026-01-15

"Pluribus word deur die kritici as ’n baken van moderne televisie gesien. Dit word geprys vir sy intellektuele erns en sy weiering om voor die altaar van populisme te buig. Dit is ’n reeks wat oor 50 jaar nog bestudeer sal word, terwyl Stranger things teen daardie tyd waarskynlik net ’n voetnota in ’n Netflix-algoritme sal wees."

Skermgreep: Frankenstein – ’n resensie

Leon van Nierop Film 2025-11-12

"Frankenstein in Guillermo del Toro se veilige hande is ongetwyfeld die mees sorgsame en briljante weergawe van Mary Shelley se onsterflike roman van meer as 200 jaar gelede."

Top