TV
LitNet keeps you up to date on the latest TV programmes and news.
Die nuusmakers: Nuwe kykNET-dramareeks het tonge los
2025-06-24Rolanda Marais gesels met Maryke Roberts oor haar rol in die nuwe kykNET-reeks, Die nuusmakers: "Kykers soek iets vars. Ons het nog nooit so ’n aktuele drama gehad wat soveel politieke en sosiale waarhede van ons land aanspreek nie. Om ’n blik agter die skerms van ’n nuuskantoor te kry, om die gesprekke tussen joernaliste te sien – hoe besluit word wat nuuswaardig is en wat nie – is vir my baie fassinerend."
Persverklaring: Die 13de kykNET Silwerskermfees beloof ’n betowerende ervaring
2025-06-20“Die Silwerskermfees bring denkers, doeners, makers en towenaars oor generasies en provinsies heen saam in die naam van film,” sê Waldimar Pelser. Vanjaar vind die fees van Woensdag tot Saterdag, 20 tot 23 Augustus, by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaas.
Persverklaring: ATKV-DigiToneel – Top-8 gereed
2025-06-09Die ATKV se gewilde TV-realiteitsreeks Gekies vir die kollig keer in 2025 vir die vyfde keer terug na jou skerm – en vanjaar is die tema eenvoudig onweerstaanbaar: magneties. Soos hemelliggame wat mekaar aantrek in ’n perfekte wentelbaan, is agt uitsonderlike jong akteurs vanjaar gekies om na die stel van dié realiteitsreeks genooi te word, waar hulle hul finale treë gaan gee voordat die kameras vir hierdie seisoen begin rol.
Reënboogrant op TV: ’n onderhoud met twee van die reeks se draaiboekskrywers, Desiré Gardner en Mercy Kannemeyer
2025-05-21"Ek het absoluut verlief geraak op die materiaal, binne die eerste paar hoofstukke. Ek wou meer weet van Shani en die res van die interessante mense wat soms die mees onverwagse besluite neem en keuses maak. En ek wou daardie gevoel van 'net nog een bladsy' op die skerm deurbring."
Persverklaring: Netwerk24-kykNET-Rapport-pryse nou nog groter
2025-05-21Die ondersteuning van Afrikaanse skrywers kry ’n hupstoot met ’n verhoging in die prysgeld van die kykNET-Rapport-boekpryse, voortaan bekend as die Netwerk24-kykNET-Rapport-pryse.
Die stories van Afrikaans op kykNET: ’n onderhoud met die kunstenaar Jotam Schoeman
2025-05-08"Elke tekening is met die hand geskep."
Die stories van Afrikaans op kykNET: ’n onderhoud met Danie Marais
2025-05-08"Ek dink nie enigiemand is verplig om baie oor Afrikaans na te dink as jy die program kyk nie, maar ek hoop dat dit kykers lus sal maak om dit te doen. Dit sal wonderlik wees as die reeks kan help om die persepsies van Afrikaans en die gesindheid teenoor die taal positief te verander."
Skermgreep: Niggies – ’n TV-resensie
2025-04-14"Die kyker is selde bewus van spoggerige regie. Net ’n intense, skerp waarnemingsvermoë wat naatloos by die kultuur en styl inpas en die storie doodgewoon met buitengewone impak vertel. Elkeen se ware kleure kom na vore, en terselfdertyd lewer die reeks ook kommentaar op Afrikanerskap, en om iemand te soek om te blameer."
Persverklaring: Die stories van Afrikaans: Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans
2025-04-11Die nuwe dokumentêre reeks Die stories van Afrikaans, wat op Sondag 27 April op kykNET begin, vier en verken al die uitlopende aspekte van die Afrikaanse taal in agt boeiende episodes. Met ryk argiefmateriaal en meer as honderd gesaghebbende stemme sny dié reeks die spore van die fassinerende ware verhale van die karakters, botsings, liefdes en langpaaie wat die taal deur vier eeue gebrei het en aan die Afrika-grond bind.
Skermgreep: Adolescence – ’n TV-resensie
2025-04-10"Vergeet grense wat tuimel. Philip Barantini het met die meesterlike Adolescence die voorkoms van die erg omgeploegde en misbruikte televisielandskap met daadwerklike krag omgedolwe."
Adolescence: Réney Warrington se TV-indrukke
2025-04-02"Die reeks stel rekords op. Britse Premier, Keir Starmer, voel dit moet in die parlement en Britse skole gewys word. Hoekom het Adolescence ’n aar getref?"
Niggies op kykNET: ’n resensie
2025-03-25"Ek is trots op hierdie wenproduksie en glo dit doen pionierswerk in hierdie genre in Suid-Afrika en dít boonop in Afrikaans."
Reënboogrant op TV: ’n onderhoud met Paul Strydom
2025-03-12"Dis ’n reeks, dis vermaak, maar dis ook kuns. Dit wys vir mense ’n spieël. Die meeste reekse help ons om te escape. Die ouers wat dit kyk, sal wel agterkom: die tieners in slegte situasies het nie altyd beheer oor hulle omstandighede nie. Hulle wil graag die regte ding doen."
Blou Fiësta-toekenning vir die Suidoosterfees se 21-projek: ’n onderhoud
2025-03-05"Vir die 21ste Suidoosterfees in 2024 het ons ’n projek saamgestel waarmee ons werk vir kunstenaars en teaterwerkers in ’n verskeidenheid genres kon skep en wat bekostigbaar vir gehore is. Dié 21 produksies van 21 minute teen ’n kaartjieprys van R21 het genres soos teater, komedie, dans, musiek en kabaret ingesluit."
Tuiskoms: hoe Afrikaans op Netflix tuiskom
2025-03-05"Dit het begin met die feit dat Netflix begin belangstel het in Afrikaans as ’n mark en ’n storietaal."
Niggies: Die waremisdaadreeks is ’n eerste vir kykNET
2025-03-03"Dis nie net kykNET se eerste waremisdaadreeks in Afrikaans nie, maar ook die eerste maal dat daar ná elke twee episodes ’n potgooi gemaak word, waar Kabous Meiring met akteurs, vervaardigers en ander kundiges gesels oor die reeks." Maryke Roberts het met Saartjie Botha en Philip Rademeyer gesels oor hul reis as draaiboekskrywers vir Niggies, wat in Maart op kykNET debuteer.
Persverklaring: kykNET Fiëstas 2025 – hier is die wenners!
2025-02-28Die wenners van vanjaar se Fiëstas is op 27 Februarie by ’n glansryke toekenningsgeleentheid in die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad bekendgemaak. Hier is die wenners!
Persverklaring: Hier is die lokprent én res van die rolverdeling van Niggies
2025-02-25Van die bekendste name in teater, film en TV in Suid-Afrika is deel van die rolverdeling van Niggies, die nuwe dramareeks wat op 25 Maart op kykNET (DStv-kanaal 144) begin. Niggies is gegrond op ware gebeurtenisse en vertel die verhaal van die twee twaalfjarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, wat in 1965 in die rustige dorpie Odendaalsrus in die Vrystaat ontvoer en vermoor word. Issie se broer, André, sweer daarna om alles in die stryd te werp om die skuldige aan die pen te laat ry, maar dit sou hom byna 20 jaar kos.
Persverklaring: Oudtshoorn skitter met kykNET Fiësta-benoemings
2025-02-05Die swartmerrie, ’n plekspesifieke drama deur die KKNK se Karoo Kaarte-span, is vir drie kykNET Fiësta-pryse benoem.
Persverklaring: Drie plaaslike romkoms op Showmax in maand van liefde
2025-02-04Raak verlief hierdie Februarie met drie splinternuwe Showmax Original- romantiese komedies: Soos pynappel op pizza (met Schalk Bezuidenhout en Kate Pinchuck); Gebokste liefde (met Tarryn Wyngaard en Jandré le Roux); en Not my type (met Lorraine Moropa en Lulama Nyembezi).
