TV
LitNet keeps you up to date on the latest TV programmes and news.
Persverklaring: Lewensbydrae-toekennings vir drie legendes by Silwerskermfees
2024-08-14Twee het naam gemaak voor die kamera en die ander agter die skerms en vanjaar word hierdie TV-legendes by die Silwerskermfees vir hulle lewensbydrae vereer. Hans Strydom van Binnelanders, Denise Newman van Suidooster en die vervaardiger Roberta Durrant word tydens die Silwerskermtoekennigs vereer.
Die ondernemers op Showmax – die lig in die donker: ’n TV-resensie
2024-08-13"Die ondernemers wys jou wat dit verg om ’n begrafnis glad te laat afloop. Matte, duiwe, pamflette, die lyk mooi versorg, grafte wat inval as gevolg van los sand, ’n dominee wie se preek vrek kort is en ’n koeëlvaste baadjie vir sekere areas."
Eksie perfeksie kort selfrefleksie: ’n TV-resensie
2024-08-08"Uitspattige oomblikke werk as gevolg van Pietie Beyers se aardse vertolking van Andre. Hy anker die waansin. Sy comedic timing is foutloos, en hy voeg baie emosie by, soos reeds genoem, ’n heel eendimensionele karakter."
Scenes from a marriage: ’n TV-resensie
2024-08-08"Selde indien ooit tevore is die verbrokkeling van ’n huwelik en die herontdekking van liefde en vryheid so intiem en intens (soms te lank en selfbewus) ontleed. Tog sal dit elkeen wat al ooit deur ’n egskeiding geworstel het, soos ’n papier iewers sny."
Persverklaring – Een keer om die son: Die musiek agter die emosie
2024-07-23Die klankbaan van ’n TV-reeks of fliek is een van die belangrike elemente om nie net die storie oor te dra nie, maar die emosie in tonele ektra oemf te gee. Toe Ivan Botha en Donnalee Roberts iemand gesoek het om die musiek vir Een keer om die son te doen, het die vervaardiger hulle van die talentvolle Almero Welgemoed vertel.
Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: Selah | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: Selah
2024-07-19Die veelbekroonde regisseur en vervaardiger, Brett Michael Innes (Sink, Fiela se kind), bring met Selah ’n ingetoë, ontstellende verkenning van postnatale depressie (PND) na die Silwerskermfees. Brett het meer van die kortprent vertel. | From the award-winning director and producer, Brett Michael Innes (Sink, Fiela se kind), comes Selah, a contained and disturbing exploration of postnatal depression (PND). Brett shared more about the film.
Persverklaring: Een keer om die son se talentvolle jongspan
2024-07-16Een keer om die son spog met heelwat jonger akteurs – sommige het reeds hulle merk gemaak, ander is besig om stadig maar seker bekendheid te verwerf. Een keer om die son wys op Dinsdagaande om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.
Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: In die verloop van | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: In die verloop van
2024-07-15’n Groot verlies en die impak daarvan op twee mense se verhouding, is die spilpunt waarom Emma Kotze en Philip Rademeyer se kortfliek, In die verloop van, wentel. Hulle het ’n paar vrae oor die fliek beantwoord. | The impact of a terrible loss on the relationship between two people is the theme of In die verloop van, a short film by Emma Kotze and Philip Rademeyer. They answered some questions about the film.
Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: O, Griet! Sy’s droog | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: O, Griet! Sy’s droog
2024-07-10Zandélle Meyer en Anje Barkhuizen, die regisseurs, gesels oor die kunswerke wat die karakters geïnspireer het, en die emosie wat kuns kan ontlok. | Zandélle Meyer and Anje Barkhuizen, the directors, talk about the artworks that inspired the characters, and how art can stir emotions.
Persverklaring: Een keer om die son ‒ Familiebande op én van die skerm
2024-07-09In vanaand se episode, episode 3 van die reeks van 12 episodes, is dit Maartmaand en word Markus (Liam Bosman) se 18de verjaardag gevier en Ruan (Jacques Bessenger) gaan terug werk toe. Amé (Donnalee Roberts) krap in Lani (Jana Kruger) se verlede en besef Joshua (Ludwig Binge) steek vir haar iets weg. Lani en Markus se ouers, Elma (Joanie Combrink) en Sebastian (Albert Maritz), se huwelik is steeds in die weegskaal al weet Sebastian glad nie hoekom nie.
Persverklaring: TV-benoemings vir kykNET Silwerskermtoekennings bekend
2024-07-05Vanjaar se televisie-benoemdes vir die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat verskeie genres en formate insluit, weerspieël die uitsonderlike talent en kreatiwiteit van die Afrikaanse vermaaklikheidslandskap. Die toekennings, wat die beste speelfilms en akteurs van die fees saam met top-televisieprestasies vereer, vind op Saterdag 31 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) plaas.
Persverklaring: In Julie is daar oorgenoeg kykstof op VIA
2024-07-05Van ’n miljoenrand-idee tot ’n langer en lekkerder kuier in Hier sit die manne, in Julie is daar oorgenoeg kykstof op VIA om jou vasgenael voor die TV te hou.
Persverklaring: Vanaand op Een keer om die son
2024-07-02Een keer om die son vertel die verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk. Maar dan tref ’n tragedie die familie wat tergende vrae opwerp, en alles verander oornag. Een keer om die son wys vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar wees.
Persverklaring: Skryf nou in! Die Glam Guru swaai weer sy towerkwas
2024-06-26’n Nuwe seisoen van Glam Guru word eersdaags verfilm, en jy staan nou die kans om een van die gelukkiges te wees om deur Hannon se skêr en grimeerkwas omgetower te word. Wil jy ’n deelnemer wees? Vind meer uit hier.
Persverklaring: 5 moet-kyk redes vir Een keer om die son
2024-06-25Een keer om die son begin vanaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar wees.
kykNET Silwerskermfees 2024: ’n onderhoud met Tina Kruger
2024-06-19"Ons hou aan films maak, ons hou aan droom, ons hou aan stories vertel. En die Silwerskermfees hou aan vernuwe om soveel filmmakers as moontlik geleenthede te bied om hul unieke stemme te laat hoor, te ontwikkel en ’n speelvlak te bied waar daardie werk kan skitter."
Press release: Spotlight on filmmakers and the TV industry at 12th kykNET Silwerskerm Festival
2024-06-14“We believe in the future of Afrikaans film and television, in the importance of a wide variety of voices, and in the power of stories to change people’s lives.” These are the thoughts of Waldimar Pelser, director of M-Net Premium Channels, on the 12th kykNET Silwerskerm Festival, held from 28 to 31 August this year at the Bay Hotel and Theatre on the Bay in Camps Bay.
Persverklaring: Filmmakers en TV-bedryf gaan skitter by 12de kykNET Silwerskermfees
2024-06-14"Ons glo in die toekoms van Afrikaanse film en televisie, in die belangrikheid van ’n wye verskeidenheid stemme, en in die krag van stories om lewens te verander." Só sê Waldimar Pelser, direkteur van M-Net se Premium-kanale, oor die 12de kykNET Silwerskermfees wat vanjaar vanaf 28 tot 31 Augustus by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaasvind.
TV-oorsig: Juffrou X op kykNET – ’n blik op Suid-Afrikaanse skole
2024-06-11"By Victory Heights Sekondêre Skool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Wanneer ’n nuwe, dodelike dwelm die plattelandse dorp tref, word dit ’n saak van lewe en dood. Juffrou X, die wiskunde-onderwyseres, bevind haar in die middel van ’n oorlog, met die skool as prys. Al dieper begeef sy haar in die wêreld en rol van ’n vigilante, totdat sy sélf moet veg vir haar lewe."
Baby Reindeer: ’n TV-resensie
2024-05-13"Asof die reeks nie skokkend en kwetsend genoeg was nie, het die werklike Martha, die prokureur Fiona Harvey, onlangs na vore gekom en ingestem om op die berugte sensasiebeluste joernalis en onderhoudvoerder Piers Morgan se program te verduidelik wat werklik gebeur het."
