
Boekomslae: Canva
Die skrywer en akademikus Nathan Trantraal het ’n sonderlinge tweekuns behaal deur vir hom ’n plek los te skryf op beide die fiksie- en niefiksiekortlys vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse.
Die kortlyste vir dié pryse, waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2023 verskyn het, is pas bekend gemaak. Nagenoeg 100 resensies wat op ’n verskeidenheid platforms verskyn het, is vanjaar ingeskryf.
Die Boekresensent van die Jaar-pryse word toegeken vir Afrikaanse resensies oor Afrikaanse fiksie en niefiksie onderskeidelik. Die twee wenners ontvang elk R45 000.
Die sameroeper van die keurpaneel, Bibi Slippers, sê dit is opvallend dat byna al die resensente wat vanjaar se kortlyste gehaal het meer as een sterk resensie ingeskryf het. “Die gekortlysde resensies het uiteindelik uitgestyg vanweë die manier waarop dit komplekse politieke, sosiale en ideologiese kwessies wat in die boeke onder bespreking aangeroer word, kontekstualiseer, en op sinvolle, gevoelvolle en verhelderende wyses by die besprekings betrek.”

Foto’s van Willie Burger en Bettina Wyngaard: verskaf
Die kortlyste is alfabeties volgens skrywer soos volg:
FIKSIE
- Willie Burger: “Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n LitNet Akademies-resensie-essay”, LitNet, 5 Oktober 2023.
LitNet Akademies-resensie-essay: Gebeente deur Etienne van Heerden - Deborah Steinmair: “In die merg van ons Gebeente” oor Gebeente deur Etienne van Heerden, Vrye Weekblad, 6 Oktober 2023.
Vrye Weekblad - In die merg van ons Gebeente - Nathan Trantraal: “Ons is gevangenes van dit wat ons liefhet: Magmoed Darwiesj gedigte in Afrikaans” oor Die vlug van ’n vreemdeling, soos vertaal deur Bester Meyer, in Herri, Julie 2023.
Herri - Ons is gevangenes van dit wat ons liefhet
NIEFIKSIE
- Lindie Koorts: “Wanneer die geskiedenis swaarder weeg as die vrou” oor Onder 'n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk in Rapport, 30 Julie 2023.
Rapport - Wanneer die geskiedenis swaarder weeg as 'n vrou - Nathan Trantraal: “Dana se portret van ’n nasie” oor Die binneland in deur Dana Snyman in Rapport, 1 Oktober 2023.
Rapport - Dana se portret van 'n nasie - Bettina Wyngaard: “Onbeskryflike genade deur Stefaans Coetzee: ’n resensie”, LitNet, 12 September 2023.
LitNet - Onbeskryflike genade deur Stefaans Coetzee
Bibi Slippers se medekeurders was Azille Coetzee en Ashwin Arendse.
Die wenners word op Saterdagaand 21 September 2023 in Kaapstad aangekondig saam met die wenners van die kykNET-Rapport Boekpryse.
Lees ook:
Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Persverklaring: kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-resensiepryse 2023 bekend