Persverklaring: kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-resensiepryse 2023 bekend

  • 2

Die kortlyste is bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2022 verskyn het. Die kortlyste is saamgestel uit nagenoeg 80 resensies wat op ’n verskeidenheid platforms verskyn het.

Die Boekresensent van die Jaar-pryse word toegeken vir Afrikaanse resensies oor Afrikaanse fiksie en niefiksie onderskeidelik. Die twee wenners ontvang elk R45 000.

Die sameroeper van die keurpaneel, Bibi Slippers, sê dat die paneel dit vanjaar geniet het om verskeie uiteenlopende dog wel gemotiveerde menings oor dieselfde boek te lees. “Veral twee tipes resensies het uitgestaan: opvattings wat deur sterk vakkundige kennis en inligting ondersteun word, en geweldig persoonlike benaderings tot ’n boek wat die resensent se belewing van die lees daarvan met emosionele trefkrag oordra. Die relatiewe ruimte wat aanlyn platforms bied, laat resensente ook toe om ruimskoots uit die boek onder bespreking aan te haal, en boeke so vir hulleself te laat praat.”

Die kortlyste is alfabeties volgens skrywer soos volg:

FIKSIE

  • Deborah Steinmair: “Antjie plunder met twee nuwe bundels: Die Vorstin van Vers laat ons binneste ruk deur die sublieme” oor Plunder en Vetplantfeetjies deur Antjie Krog in Vrye Weekblad, 21 Oktober 2022.

Vrye Weekblad – Antjie plunder met twee nuwe bundels

  • Elodi Troskie: “Chase Rhys se Misfit: Jy het nog nie voorheen só iets gelees nie”, LitNet, 31 Augustus 2022.

LitNet – Chase Rhys se Misfit: Jy het nog nie voorheen so iets gelees nie

  • Louise Viljoen: “Antjie Krog: ‘Ek vysel taal soos ek wil’” oor Plunder deur Antjie Krog in Rapport Weekliks, 30 Oktober 2022.

Rapport Weekliks – Antjie Krog: "Ek vysel taal soos ek wil"

 

NIEFIKSIE

  • Ronelda Kamfer: ’n Resensie van ’n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver in Tydskrif vir Letterkunde, Uitgawe 59, 202

Tydskrif vir Letterkunde – ’n Baie lang brief aan my dogter

  • Lindie Koorts: “Dié geskiedenis moes eerder ’n roman wees” oor Wieg deur Joan Kruger. In Rapport, 11 Desember 2022.

Rapport – Dié geskiedenis moes eerder ’n roman wees

  • Theodore Rossouw: “Twee lewens deur Elise Bishop, ’n resensie”, LitNet, 21 November 2022

LitNet – “Twee lewens” deur Elise Bishop, ’n resensie

Bibi Slippers se medekeurders was Azille Coetzee en Kirby van der Merwe.

Die wenners word op Saterdagaand 23 September 2023 in Kaapstad aangekondig saam met die wenners van die kykNET-Rapport Boekpryse.

Lees ook:

Persverklaring: Kortlyste vir kykNET-Rapport-boekpryse 2023 bekend

  • 2

Kommentaar

  • Geluk Theo! Trots op jou om op kortlys te wees en nog soveel te meer omdat die resensie gehandel het oor my outobiografie. Ek het dit net paar dae gelede op my FB blad gepost omdat dit so baie vir my beteken het en Twee Lewens so besielend benader het. Nogmaals dankie - ek hou duimvas vir 23 September.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top